Skrywer: Marinda Brink

Huiswerkbeleid Gr 4 – 6

Soos gekommunikeer aan die begin van die jaar, stel ons hierdie jaar ‘n aangepaste huiswerkbeleid op die proef. Na afloop van die eerste kwartaal het ons besluit om die huiswerkbeleid as volg aan te pas by gr. 4 – 6: Ons sal steeds ons bes doen om die hoeveelheid klaswerk te beperk sodat daar nie onnodige huiswerk gedoen hoef te word nie, maar ons is bekommerd dat ons leerders se akademiese vaslegging spesifiek in Wiskunde en Tale daaronder mag lei. Ons het ook ‘n plig teenoor die nasionale kurrikulum (KABV) om ‘n bepaalde hoeveelheid werk gedurende die jaar te voltooi. Ons onderneem om in kwartaal 2 steeds so min as moontlik huiswerk te gee, maar wanneer 80% van die leeders gedurende klastyd met die bepaalde werk klaar is, sal die ander leerders die werk vir huiswerk moet voltooi. Maak asseblief daagliks seker dat u kind sy/haar klaswerk voltooi het. Daar sal nou en dan ekstra Wiskunde en Taaloefeninge as huiswerk gegee word sodat ons voldoende vaslegging...

Lees Verder

Ouerbesoeke

Op Dondermiddag, 12 April 2018, vanaf 15:00 – 19:00 sal ouers van graad 4 – 7 die geleentheid kry om onderskeie onderwysers rakende hul kind se vordering te spreek. Maak asb. individuele afsprake by die skoolsekretaresse, Adri Marais. Tydens hierdie 15 minute afspraak kry u die geleentheid om ook na u kind se skoolwerk/vraestelle, ens. te...

Lees Verder

Deelnemers aan ATKV-Redenaarskompetisie se eerste rondte

Hierdie week het ons die interne redenaarskompetisie vir beide gr. 3 en gr. 4 & 5 ouderdomsgroepe gehad. Die deelnemers wat vroeg volgende kwartaal aan die ATKV-redenaarskompetisie se eerste ronde sal deelneem, is: Graad 3: Susann Burger Markus de Ridder Francois Joubert Cara Swanepoel (R) Lea de Ridder Graad 4 & 5: Stella Malan Cayle Stoltz Heloïse Strauss Luca Zulch (R) Mia Symington Baie sterkte aan die graad 6 & 7-deelnemers wat eerskomende Dinsdagmiddag hul toesprake (voorbereid en onvoorbereid) tydens die finale interne kompetisie...

Lees Verder

Oud-laerskool leerders wat akademiese prestasies behaal

Ons is baie trots op die oud-Laerskool Jan van Riebeeck-leerders wat so puik tydens 2017 op die akademiese front presteer het. Matriekuitslae: Hoërskool Jan van Riebeeck Gabriël Yssel 90% (7 A’s) Emile de Wet 88,2% (7 A’s) Anél van der Vyver 87,5% (7 A’s) Marali Beukes 86,8% (7 A’s) Gina Lamprechts 86,7% (7 A’s) Jans Rautenbach 86% (6 A’s) Louise Bester 83,4% (5 A’s) Gideon Jordaan 82,4% (6 A’s) Tarien Riekert 82,2% (5 A’s) Rigardt van Rooyen 80,2% (5 A’s) Volgens Solidariteit se berekeninge lê Hoërskool Jan van Riebeeck in die 8ste posisie landwyd in die Top 20-skole met die hoogste persentasie onderskeidings vir Afrikaans Huistaal. Hoërskool Paarl Gimnasium Mila Lategan 93,6% (7 A’s) Hoërskool Bloemhof Maryke van Schalkwyk 86% (7 A’s) *Bogenoemde uitsonderlike prestasies is enigste waarvan ons tans kennis neem. Prestasies van oud-leerders in ander grade tydens 2017 behaal: St Cyprians Dux-leerder graad 8: Emma McNab Dux-leerder graad 9: Leila van der Westhuizen Rondebosch Boys Graad 10: Bernard Strauss – Beste Engelse spreker Charl Botha – Vakprys in Engels Josquin du Toit – Prys in Afrikaans ‘n Versoek word gerig om ons asseblief op hoogte te hou van oud-Laerskoolleerders wat goed in die hoërskool presteer. Dis verskriklik lekker om van hul suksesse te...

Lees Verder

Dra van sportdrag as gevolg van waterkrisis

As gevolg van die waterkrisis tref ons ‘n tydelike reëling om watergebruik te verminder tydens die was van wasgoed. Slegs leerders wat na skool aan sport deelneem mag op Maandae, Woensdae en Donderdae met hul sportklere skool toe kom. Dinsdae en Vrydae moet alle leerders met skooldrag skool bywoon. Sportklere sal op hierdie dae na skool (soos tans die reëling is) aangetrek word. Leerders wat op ‘n Dinsdag of Vrydag LO het, mag met die korrekte LO-drag skool toe...

Lees Verder

Huiswerkbeleid

Ons aangepaste huiswerkbeleid sal hierdie jaar op ‘n proefbasis aangebied word. Ons fokus is om huiswerk sover moontlik te beperk, opbouend en interessant te hou en vir vasleggingsdoeleindes te gebruik. Ons wil hierdie jaar poog om Projek Gebaseerde Onderrig in graad 5 – 7 toe te pas. Dit word spesifiek gedurende take gebruik, waartydens verskillende vakke saam werk om ‘n enkele, meer gefokusde en interessante onderwerp te ondersoek. Toetse sal steeds soos in die verlede voortgaan. In die grondslagfase (graad 1 – 3) sal huiswerk ‘n gemiddelde tydsbeperking per graad hê. Graad 1 en 2 is 30 minute en graad 3 is 45 minute per dag. Al drie grade gee net huiswerk wat ingeskerp moet word en wat reeds in die klas aangeleer is. Al die graad 1-3 klasse gee ook ‘n geleentheid om met huiswerk die laaste 10 minute van die dag te begin. In die intermediêre fase (graad 4 – 6) sal daar steeds huiswerk in Afrikaans, Engels en Wiskunde bv. mondelinge, voorbereide lees, speltoetse, tafeltoetse, ens. gegee word. Die oefeninge van die onderskeie vakke (taal, letterkunde, somme, ens.) sal verminder/verkort word. Ons fokus is hoofsaaklik op die inhoudsvakke. Huiswerk en take sal sover moontlik gedurende klastyd voltooi word. Aangesien graad 7’s vir hoërskool voorberei, sal hulle nie deur die huiswerkbeleid geraak word nie. Ons sal wel probeer om onnodige huiswerk te beperk. Let wel dat huiswerkklasse...

Lees Verder

Leerderraad 2018

Baie geluk aan die leerderraadslede wat ons skool hierdie jaar sal verteenwoordig: Hannah Badenhorst Annabel de Jager Johann Jordaan Nicolette Jordaan Isabelle Lategan Adam Liebenberg Lili Louw Benjamin Pienaar Henry Potgieter Gerard Snijders Christiaan Stimie Lynette van Niekerk (*verhuis na Australië) Bernardt...

Lees Verder
  • 1
  • 2