Die beheerraad hou een keer per kwartaal ‘n vergadering waartydens verskeie skoolsake bespreek en besluite geneem word. Ons skoolhoof gee dan ook periodiek kortliks terugvoer aan die Beheerraad rakende die operasionele aktiwiteite wat oor ‘n spesifieke periode plaasgevind het. Ons hoop en vertrou dit gee ook vir julle ‘n bietjie meer insig in die dag-tot-dag operasionele aktiwiteite wat by ons skool en Huppelland plaasgevind het. Volg gerus die skakel hier onder en lees die skoolhoof se verslag vir die tydperk 15 Januarie tot 30 April 2025.