Skrywer: JvR Sport JvR Sport

O/11A en O/13A verower medaljes in die WP Netbalfinale

Die O/11A en O/13A-netbalspanne het op Saterdag, 7 September, gaan kamp opslaan by Hoërskool De Kuilen vir die WP-netbalfinale. Beide spanne het in die B-liga meegeding. Na ‘n baie lang en warm dag het beide spanne tot die semi-finaal deurgedring. Die O/13 A-span het aan die einde van die rondte gelykop teen Parow-Oos gespeel. Daar is ekstra tyd gespeel en hulle het met 1 punt gewen. Die O/11A-span het teen Totius in die semi-finaal te staan gekom en 12 – 7 gewen. Daarna het die finale rondte vir beide spanne gewag. Albei spanne het teen Nomsa Primêr, vanuit Khayalistha, gespeel. Nomsa gaan al vir ‘n paar agtereenvolgende jare na die Nasionale Toernooi in Boksburg en eindig gereeld onder die top 3 vir hul kategorie. Aan die einde van die dag stap die O/13 A-span met ‘n silwer medalje weg. Hul telling was 6-7. Die O/11 A-span wen almal goue medaljes met ‘n telling van 8-6. Hulle is dan ook die B-liga wenners vir O/11! Baie geluk aan AL die spelers en hul afrigters, juf. Ischké Felix (O/13) en juf. Lucia de Jager...

Lees Verder

Johannes Mouton presteer by die Kyokushin Cape Town Unicity Organization

Die Kyokushin Cape Town Unicity Organization het sy jaarlikse Beginners Kampioenskappe die afgelope naweek, 14-15 Sep, gehou. Hierdie toernooi fokus spesifieke op die laer belde (blou belde en onder) wat nog nie aan enige kompetisies deelgeneem het nie. Een brawe Jannie, Johannes Mouton, het vir hierdie kompetisie ingeskryf en sy uitslae is soos volg: Red Belt Kata = 1ste; Boys Semi-Contact Fighting = 2de Shihan Mike en Shihan Jason is baie trots op die wyse waarop hy homself gedurende die toernooi gedra het en sien uit daarna op hom by die volgende kompetisies te sien...

Lees Verder

Skaak

Baie geluk aan Louis Bosman (O/9), Jan Karsten (O/11) en Petrus Bosman (O/11) wat deel was van die WP (metro) Skole skaakspan. Die span het aan die Wes-Kaap Skole Skaak Proewe (provinsiale proewe) in Mosselbaai op 17- 19 Mei teen spanne van die Overberg, Kaapse Wynland, Weskus en Eden deelgeneem. Hulle verower almal hul WP (Provinsiale) kleure vir...

Lees Verder

Hokkiekliniek 16-18 September

Vanaf Maandag 16 tot Woensdag 18 Sept.bied Dirkie Chamberlain en Margaux Reynecke vir ons leerders verskeie hokkieklinieke op die Conradieveld aan. Margaux Reynecke het hierdie jaar met verskeie JvR-spanne se afrigting gehelp. Sy het verskeie Boland en WP-spanne afgerig en vorm deel van Nasionale en Internasionale klinieke wat vir skole en klubs aangebied is by, onder andere, DF Malan. Sy het gedurende die vorige seisoen in Engeland spanne afgerig en vertrek eersdaags na Holland vir afrigting en om self vir ‘n klub te speel. Dirkie Chamberlain het al meer as 230 “caps” vir die SA vroue-hokkiespan. Hierdie wedstryde sluit in 1 olimpiese spele, 3 Commonwealth Games en 4 Wêreldbeker toernooie. Sy speel al 8 jaar vir top liga spanne oorsee in Holland, Engeland en België. Sy vertrek binnekort weer na België vir die nuwe seisoen. Maandag, 16 September Ouderdom: O/13 & O/14 Tyd: 13:30 – 15:00 Koste: R200 Dinsdag, 17 September Ouderdom: O/11 & O/12 Tyd: 13:30 – 15:00 Koste: R200 Woensdag, 18 September Ouderdom: O/9 & O/10 Tyd: 13:30 – 14:30 Koste: R150 Betalings kan by juf. Hanekom gemaak word. Stuur kontant in ‘n koevert met die leerder se naam op na die...

Lees Verder

Inskrywings vir swemgroepe – kwartaal 4

Baie dankie aan almal wat die promosie sessies 2-6 Sept saam met Swimmable bygewoon het, asook diegene wat die sessies op 16-18 Sept gaan bywoon. Ons wil vir beplanningsdoeleindes en veiligheid die swemgroepe vir kwartaal 4 begin regkry. Volg asb. die SKAKEL en lees die inligting aan die begin van die Google Sheet (dit verduidelik die stappe wat gevolg moet word). Ons herinner ouers weer daaraan dat leerders minstens een lengte op hul eie moet kan swem om hierdie sessies by te woon. Indien leerders dit nog nie kan doen nie, sal ons aanbeveel dat hulle eers vir privaatklasse gaan. Vir almal se veiligheid moet ons die grootte van die klasse beperk. Daarom is die inskrywings belangrik. Indien leerders 2 oefeninge mis sonder om by die onderwyser verskoning te maak, gaan hul naam terug op die waglys en ons skuif iemand van die waglys af op. Ons vra ouers/leerders se samewerking hiermee asb. Indien ouers sukkel met die Google Sheet (dit gebeur veral met toestelle wat nie Android gebaseer is nie) moet julle asb. seker maak dat julle die Google Sheet toepassing op jul foon afgelaai het. Inskrywings vir hierdie groepe sluit Vrydag, 4 Oktober,om 10:00. Vir enige verdere navrae, kontak die sportkantoor by...

Lees Verder

Wedstrydklere moet teruggestuur word

Ons herinner ouers/spelers daaraan dat hul rugbytruie terug skool toe moet kom. Daar is enkele hokkieseuns wat ook truie ontvang het vir hul onderskeie wedstryde. Hulle moet dit asb. ook terugstuur. Leerders moet dit by juf. Hanekom inhandig. Baie dankie aan almal wat dit reeds gedoen...

Lees Verder

Twee leerders neem aan die Wilson Toernooi deel, 30 Aug

Gedrurende die jaar neem verskeie tennisspelers aan die WP Wilson toernooie deel. Op 30 Augustus het Petrus Bosman en Gustav Pansegrouw aan die WP Wilson 6 toernooi deelgeneem, die laaste van die reeks toernooie hierdie jaar. Petrus het uitdunne teen 4 opponente gespeel en 3 van hulle gewen. Daar is ‘n A en B groep, Petrus het in die O/10 A groep deelgeneem. Hy is die wenner in die groep. Gustav het in die O/11 B groep deelgeneem en 2de geëindig. Baie geluk...

Lees Verder

Kaylin Grobler presteer as danser.

Kaylin Grobler in Gr. 7 VR het deelgeneem aan ‘n Eisteddfod kontemporêre dans-item saam met ‘n paar ander hoërskool leerlinge van Caroline Kotze School of Dance. Hul dansgroep het ‘n diploma (bo 90%) verwerf en is ook in die finaal as wenners in die kategorie “small group dance age 15-16” aangewys. Baie geluk...

Lees Verder

Wes-Kaap Top skole skaakbyeenkoms 30 Aug – 2 Sep

Jan van Riebeeck het vir die eerste keer in vele jare gekwalifiseer en deelgeneem aan die jaarlikse Top Skole skaaktoernooi. Dit het hierdie jaar in Ceres plaasgevind en Ceres Sekondêre skool het as gasheer opgetree. Die kompetisie plaas die Wes-Kaap se top skole teen mekaar. Op laerskoolvlak is daar ‘n O/9, O/11 en O/13 kategorie en in elke ouderdomsgroep is daar ‘n gemengde (seuns en meisies) en ‘n dogters (net meisies) kategorie. Ons span het aan die O/13 gemengde afdeling deelgeneem. Dis die taaiste kompetisie. Die span het bestaan uit Jan Karsten, Bernard Lombaard, Liezel Snijders, Carla Snijders, Daniel Wasserman en Emma Snijders. Baie dankie aan Lucia de Jager en Kees Snijders wat die span vergesel het en opgetree het as spanbestuurders. Die kompetisie was straf, maar ons span het heel goed gevaar. Ons het 5 rondtes gespeel, 1 gewen, 2 gelykop gespeel en 2 verloor. Ons het algeheel 9de geëindig uit 14 skole. Ons is baie trots op ons...

Lees Verder

O/9 Hokkiewedstryde by Durbanville Toernooi

Ons O/9 hokkiespanne het hierdie week aan Durbanville Voorbereiding se O/9 hokkietoernooi deelgeneem. Ons het wel teen die laer spanne gespeel omdat dit ons eerste wedstryde was, maar die ervaring was ongelooflik. Die wedstryde het op Hoërskool Durbanville se astro-velde plaasgevind. Ons spelers is gewoond aan gras waar die bal stadiger beweeg en moes vinnig aanpas by die spoed van die bal. Van ons spelers het gekla dat tien minute per wedstryd te kort is, maar het vinnig na die eerste wedstryd besef dat die wedstryd baie vinniger is en dat tien minute lank genoeg is! Die uitslae van die seuns se wedstryde op Dinsdag, 27 Augustus: Span 1 (F) 0-0 gelyk vs. Durbanville F; 1-0 wen vs. Kenridge F; 3-0 wen vs. Durbanville E Span 2 (G) 0-0 gelyk vs. Durbanville F; 1-0 wen vs. Durbanville G; 1-0 wen Durbanville E Die uitslae van die dogters se wedstryde op Woensdag, 28 Augustus: Span 1 (F) 0-3 verloor vs. Durbies E; 2-1 wen vs. Durbies H; 2-1 wen vs. Kings Span 2 (G) 0-1 verloor vs. Durbies G; 1-0 wen vs....

Lees Verder

Paul-Philip ontvang sy WP Kleure vir gimnastiek

Paul-Philip Grobler het Saterdag deelgeneem aan die Wes-Kaap kompetisie en dit het baie goed gegaan. Hy is opgeneem in die WP-span en neem aan die SA’s kompetisie vanaf 22 tot 24 September deel. Hy het vir twee van die vyf items waaraan hy deelgeneem het ,3de plek geëindig. Baie geluk Paul-Philip! Ons is baie trots op...

Lees Verder

Roelf van der Merwe ontvang sy Wes-Kaap Gimnastiek kleure.

Roelf van der Merwe het Saterdag aan die Wes-Kaap kompetisie deelgeneem en dit het baie goed gegaan met hom. Hy is opgeneem in die Wes-Kaap span en neem deel aan die SA’s kompetisie gedurende die September skoolvakansie. Hy ontvang dus sy Wes-Kaap kleure. Sy gemiddelde prestasie vir die 6 dissiplines (vloer, rekstok, ringe, parallelle stawe, sprong en pommel) was 8.89 uit 10. Hy het ‘n brons toekenning ontvang vir die rekstok en ‘n silwer toekenning vir die parallelle stawe. Baie geluk Roelf! Ons is baie trots op...

Lees Verder

Buitemuurse program vir 2-6 September

Die winter buitemuurse program eindig op Vrydag, 30 Augustus vir die meeste sportkodes en ons wil ‘n inleidende week vir die SOMER BUITEMUURSE PROGRAM hou. Daar is egter enkele spesiale reëlings wat op sommige sportkodes van toepassing gaan wees. Sien die onderstaande inligting: Swem: Ons gaan vanaf die vierde kwartaal die swemskool Swimmable by ons skool verwelkom. Swimmable gaan gedurende hierdie week en in die laaste week van die kwartaal, hulself aan ons swemmers en ouers tydens die onderskeie swemoefeninge bekend stel. Volg asb. die SKAKEL om jou kind/ers se name op die Google Sheet in te vul en ‘n plek vir een van hierdie middae te verseker. Daar sal slegs ‘n beperkte hoeveelheid kinders per sessie toegelaat word. Hierdie reëling is vir kontrolebeheer en almal se veiligheid. Tennis: Die sessies wat in die oggende voor skool aangebied gaan word, is slegs vir spelers wat ons alreeds geïdentifiseer het vir verskeie toernooie wat binnekort plaasvind. Almal is welkom by die middagsessies soos aangedui op die program. Atletiek: Gedurende hierdie week gaan ons net met die tweekamp atlete (wat met mnr. Hanekom hul deelname bevestig het) en die geïdentifiseerde atlete vir die Bredasdorp Top 10 oefen. Die Bredasdorp atlete is geïdentifiseer na aanleiding van hul uitslae van die Distrik en / of provinsiale byeenkomste aan die begin van 2019. Ons sal hul ouers direk kontak. In die vierde kwartaal is...

Lees Verder

Dirkie Uys Interskole, 17 Aug

Op Saterdag, 17 Augustus, het Laerskool en Hoërskool Jan van Riebeeck die pad gevat na Moorreesburg om aan die jaarlikse Interskole te gaan deelneem. Hierdie is ‘n heerlike dag waarop beide skole deelneem. Die wind het ons hierdie jaar amper weggewaai, maar almal het dit steeds geniet. Rugbyuitslae: O/7 A verloor 2-4; O/7 B verloor 4-5 O/8 gelyk 0-0 O/9 A wen 5-0; O/9 B wen 1-0 O/11 A verloor 7-12 O/13 A verloor 12-29 Netbaluitslae: O/9 A verloor 4-10; O/9 B wen 8-0 O/10 A wen 10-4; O/10 B verloor 5-9 O/12 A verloor 1-25; O/12 B verloor 0-12 O/13 A verloor 12 – 14; O/13 B wen...

Lees Verder

Uitslae van WP byeenkoms

Baie geluk aan Scarlett van der Merwe wat 12de geëindig het by die WP Champs wat op 17 Augustus plaasgevind het. Sy gaan nou deur na die Wes-Kaap Skole Sport Landloop Kampioenskappe wat op Saterdag, 31 Augustus ,by die Hottentots Holland Senior Sekondêre skool in die Strand gaan...

Lees Verder