Skrywer: JvR Sport JvR Sport

Netbalafrigters presteer

Ons sê baie geluk aan twee van ons netbalafrigters, Bongi Mbayeka (O/8 en O/12) en Mihle Phelekwa (O/7 & O/11). Hulle het gedurende die week van 4-10 Augustus die Kaapstad Netbal Federasie (WP) verteenwoordig by die SA Spar O/21 en Senior Vrouekampioenskappe in Johannesburg. Hulle span het baie goed gevaar en met Silwer medaljes huis toe...

Lees Verder

Netbalwedstryde teen Monte Vista, 14 Augustus

Hierdie jaar is slegs sekere skole se uitslae geldig vir die bepaling van die ligawedstryde. Die geldige skole vir die ligauitslae is: Goodwood Park, Table View, Curro Durbanville en Monte Vista. Die ander skole se wedstryde word as vriendskaplik gesien. Ons het Woensdag, 14 Augustus dus ons laaste ligawedstryde gespeel. Die uitslae is soos volg: O/9 A wen 10-1 O/10 A wen 11-0; O/10 B wen 7-1 O/11 A wen 24-2; O/11 B wen 10-1 O/12 A wen 8-4; O/12 B verloor 2-4 O/13 A wen 38-3; O/13 B wen 4-0 Baie geluk aan die O/11 A en O/13 A spanne wat AL hul ligawedstryde hierdie seisoen gewen het. Hulle staan ‘n baie goeie kans om nou deur te gaan na die volgende uitspeel ronde om dit moontlik tot by die CTPS (WP) Netbal se finaal te...

Lees Verder

Netbaluitslae teen Curro Durbanville, 13 Augustus

Nadat ons wedstryde teen Curro Durbanville uitgestel is na Dinsdag, 12 Augustus, het die meeste van die spanne ‘n baie goeie middag gehad. Die uitslae is soos volg: O/9 A wen 6-3; O/9 B gelyk 3-3 O/10 A wen 13-1; O/10 B wen 6-0 O/11 A wen 9-2; O/11 B wen 8-0 O/12 A verloor 2-14 O/13 A wen 27-12; O/13 B wen...

Lees Verder

Rugby en netbaluitslae teen Welgemoed, 12 Augustus

Ons netbalspanne het hierdie week verseker netbal gespeel dat dit by hul ore uitkom. Ons eerste wedstryde vir die week het Maandag, 12 Augustus, by Laerskool Welgemoed saam met die rugby plaasgevind. Hierdie was ‘n unieke middag omdat beide sportkodes op een plek gespeel het. Baie dankie vir almal se ondersteuning en veral rugby-ouers se geduld met die vuil modder voetjies in hul voertuie op pad huis toe. Rugbyuitslae: O/7 A verloor 0-10; O/7 B wen 2-1 O/8 wen 3-1 O/9 A verloor 0-3; O/9 B verloor 1-5 O/11 A verloor 5-30 O/13 A verloor 0-45 Netbaluitslae: O/9 A verloor 3-10; O/9 B verloor 1-9 O/10 A wen 5-3; O/10 B verloor 6-7 O/12 A verloor 4-20 vs. Welgemoed B; O/12 B verloor 1-12 vs. Welgemoed C O/13 A verloor 15 – 23; O/13 B wen...

Lees Verder

Landloopuitslae van 2 Augustus

Ons atlete het Vrydag, 2 Augustus, by Laerskool Kirstenhof aan ‘n landloopwedloop deelgeneem. Hier volg die uitslae. o/7: Samuel Groenewald – 22ste; Nicolas Marais – 33ste o/8: Delmar Benecke – 10de; Jana Olivier – 8ste; Lili Ann Blomerus – 11de o/9: Marais Groenewald – 32ste; Andre Marais – 37ste o/11: Leah Maritz – 42ste o/12: *Scarlett van der Merwe – 3de Ons wil veral vir Scarlett van der Merwe hartlik gelukwens, sy ontvang ‘n medalje vir haar 3de plek en gaan deur na die WP Kampioenskappe op 17...

Lees Verder

Jannies verskyn op die kassie in ‘n episode van Kokkedoor!

Gedurende die eerste kwartaal het ‘n paar van ons graad 6 en 7 leerders hul rugbyvernuf voor die kameras ten toon gestel. Die koskompetisie Kokkerdoor, wat op Donderdae op kykNET uitgesaai word, het ons skool genooi om deel van een episode te wees. Van ons leerders het rugbywedstryde teen mekaar gespeel terwyl die deelnemers ons ouers, leerders en terreinwerkers bederf het met heerlike piekniekmandjies. Die episode waarin die Jannie families pryk,word volgens DSTV se skedule Donderdag, 8 Augustus om 20:00 op kykNET HD uitgesaai. Gaan loer gerus na al ons...

Lees Verder

Rugbywedstryde vs. Prestwich, 31 Julie

Woensdag, 31 Julie 2019, het ons 0/11 en 0/13 rugbyspanne teen Laerskool Prestwich gespeel. In beide wedstryde was dit ‘n baie strawwe stryd. Op ‘n nat en koue dag het ons manne hul pragtig van hul taak gekwyt en die taai oposisie oorrompel met goeie rugby en pragtige spanwerk. Die 0/11 span wen met 45 – 5 asook die 0/13 span met 31-15. Welgedaan...

Lees Verder

Netbalwedstryde, 31 Julie teen Edgemead

Ons netbalspanne het Woensdag, 31 Julie, wedstryde teen Laerskool Edgemead gespeel. Ongelukkig het hulle nie genoeg spanne vir al ons spanne gehad nie. Die uitslae is soos volg: O/9 A 4-5 (verloor) vs. Edgemead *Baie goeie wedstryd, die kinders het alles gegee. O/9 B 1-0 (wen) vs. Edgemead O/10 A 7-2 (wen) vs. Edgemead O/10 B 2-0 (wen) vs. Edgemead O/11 A 19-4 (wen) vs. Edgemead O/11 B 5-3 (wen) vs. Edgemead O/12 A 2-13 (verloor) vs. Edgemead O/12 B 0-7 (verloor) vs. Edgemead O/13 A 22-11 (wen) vs. Edgemead O/13 B 1-2 (verloor) vs. Edgemead Ons speel volgende week twee WEG wedstryde. Die eerste wedstryde is vriendskaplik teen Panorama (Maandag, 5 Augustus) en die tweede wedstryde is vir die liga teen Curro Durbanville (Woensdag, 7...

Lees Verder

Wedloopuitslae van 19 Julie

Ons atlete het Vrydag, 19 Julie, in yskoue weer by Laerskool Zwaanswyk aan ‘n landloopwedloop deelgeneem. Hier volg die uitslae: o/7: Samuel Groenewald-19de; Nicolas Marais-29ste o/8: Delmar Benecke-5de; Jana Olivier-7de; Lili Ann Blomerus-10de o/9: Marais Groenewald-18de; Andre Marais-??; Samuel Wolff- 39ste o/11: Leah Maritz-42ste o/12: *Scarlett van der Merwe-2de….uitstekend Scarlett...

Lees Verder

Rugbywedstryde vs. Milnerton, 24 Julie

Ons O/11 en O/13 rugbyspanne het Woensdag, 24 Julie, teen Laerskool Milnerton op die Conradieveld gespeel. Die weer het mooi saamgespeel vir die O/11 wedstryd, maar die O/13 span het omtrent geswem. Die manne en afrigters het nie vir die water geskrik nie en pragtige rugby gespeel. Die uitslae: O/11 A 34 – 0 (wen) vs. Milnerton O/13 A 42-10 (wen) vs. Milnerton A Ons moes ongelukkig die O/7 tot O/9 wedstryde uitstel omdat hulle (Minerton) veld nie die water genoeg dreineer het nie. Ons sal binnekort ‘n nuwe datum vir ouers...

Lees Verder

Distrik Skole Skaaktoernooi, 20 Julie

Ons O/13 gemengde skaakspan het op Saterdag, 20 Julie, aan die Distrik uitspeel rondte vir skole deelgeneem en het deurgedring na die Wes-Kaap rondte wat oor die naweek van 31 Aug – 2 Sep gaan plaasvind. Baie geluk aan die volgende leerders wat die skool verteenwoordig het: Bernard Lombaard Petrus Bosman Jan Karsten Liezel Snijders Carla Snijders Keegan Schoeman Daniel...

Lees Verder

Netbaluitslae vs. Table View, 24 Julie

Ons netbalspanne het Woensdag, 24 Julie, teen Laerskool Table View wedstryde gespeel. Die reën het mooi gewag dat ons klaar speel. Die uitslae is soos volg: O/9 A 4 – 2 (wen) vs. Table View O/9 B (verloor) vs. Table B O/10 A 4 – 3 (wen) Table View A O/10 B 4 – 8 (verloor) vs. Table View B O/11 A 16 – 2 (wen) vs. Table View A O/11 B 5 – 1 (wen) vs. Table View B O/12 A 0 – 18 (verloor) vs. Table View B O/12 B 0 – 9 (verloor) vs. Table View B O/13 A 21 – 11 (wen) vs. Table View A O/13 B 5 – 6 (verloor) vs. Table View...

Lees Verder

Uitslae van Fanie Theron Mini-Toernooi, 20 Julie

Ons O/7 tot O/9 rugby- en netbalspanne het op Saterdag, 20 Julie, aan Fanie Theron se Mini-Sporttoernooi deelgeneem. Dit was ‘n heerlike dag met lekker weer en goeie sportman(vrou)gees. Ons deel graag die uitslae: O/7 A rugby: wen 6 – 2 vs. Destinatus, verloor 0-3 vs. Fanie Theron, wen 6-1 vs. Goodwood Park O/7 B rugby: verloor 1 – 6 vs. Simonsberg; wen 5-1 vs.Fanie Theron O/8 rugby: wen 2-0 vs. Goodwood Park; verloor 0 – 3 vs. Fanie Theron; wen 13-0 vs. Reddam House Durbanville O/9 rugby: wen 3-0 vs. Destinatus; wen 5-0 vs. Bellville-Noord; verloor 0-1 vs.Fanie Theron Ons maak as ‘n reël nie die tellings van die O/7 en O/8 spanne bekend nie omdat die fokus vir hierdie groepe op deelname val. O/7 A & B netbal: Ongelukkig het hulle al hul wedstryde verloor, maar vir baie spelers in hierdie spanne was dit hul eerste wedstryde. Die dogters het hul soos dames gedra en ons skool se naam hoog gehou met hul pragtige maniere. O/8 A & B netbal: Beide spanne wen al hul wedstryde vir die dag. O/9 A netbal: wen 9-0 vs. Simonsberg; wen 10-0 vs. Destinatus; wen 8-0 vs. Reddam House Durbanville O/9 B netbal: wen 5-0 vs. Simonsberg; wen 2-1 vs. Fanie Theron Baie dankie aan almal wat die spelers op die dag kom ondersteun het. Dit was ‘n heerlike...

Lees Verder

Rugbywedstryd uitslae van 17 Julie

Die rugbyspanne het ook hierdie week wedstryde teen Curro Century City gespeel, maar hulle het weg gespeel. Dit het baie goed gegaan met al ons spanne. Die uitslae: O/7 A 4 – 0 (wen) vs. Curro Century City O/8 A 8 – 4 (wen) vs. Curro Century City O/9 A 6 – 0 (wen) vs. Curro Century City O/11 A 10 – 10 (gelyk) vs. Curro Century City O/13 A 21 – 0 (wen) vs. Curro Century...

Lees Verder

Netbalwedstryd uitslae van 17 Julie

Ons netbalspanne het hierdie week wedstryde teen Curro Century City tuis gespeel en dit het met almal baie goed gegaan. Die uitslae: O/9 A 8 – 3 (wen) vs. Curro Century City O/10 A 22 – 0 (wen) vs. Curro Century City O/11 A 9 – 2 (wen) vs. Curro Century City O/12 A 9 – 4 (wen) vs. Curro Century City O/13 A 26 – 14 (wen) vs. Curro Century...

Lees Verder

Landloopuitslae van 12 Julie

Verskeie landloopatlete het Vrydag, 12 Julie, aan hierdie kwartaal se eerste wedloop deelgeneem. Al het ons die inligting baie laat ontvang, het ons kinders steeds goed gedoen. Die uitslae: o/7 *Nils le Roux- 3de; Samuel Groenewald – 32ste; Nicolas Marais- 35ste o/8 Jana Olivier- 14de; Lili Ann Blomerus – 15de o/9 Samuel Wolff – 39ste o/11 Leah Maritz – 15de o/12 Scarlett van der Merwe –...

Lees Verder

Bosman broers gekies vir SA Individuele skaakspan

Petrus (Gr.4) en Louis (Gr.2) Bosman het die afgelope vakansie aan die SA Skole Individuele Skaak Kampioenskappe in Kimberley deelgeneem, albei as deel van die Wes-Kaap span. Dit was die laaste been hierdie jaar van die reeks toernooie wat met die distrik proewe in Februarie begin het. Louis het met 3 uit 7 punte 14de geëindig. Petrus het met 6 uit 7 punte 2de geëindig. Petrus is gekies om volgende jaar Suid Afrika te verteenwoordig by die Wêreld Skole Individuele Skaak Kampioenskappe in Peru, Suid-Amerika, sowel as die Afrika Skole Individuele Skaak Kampioenskappe. Baie geluk aan beide broers, dit is uitstekende prestasies!!!!Ons is sommer BAIE trots op julle...

Lees Verder

Mia Symington verteenwoordig haar distrik by Wes-Kaap Netbaltoernooi

Mia Symington het tydens die skoolvakansie aan die Wes-Kaap Interdistrik Toernooi in Wellington deelgeneem. Sy was deel van die O/11 Dolfyne span wat Kaapstad Laerskole Netbal (ou WP netbal) verteenwoordig het. Sy was die span se hoofdoel en het uitstekend gedoel. Hulle span het algeheel 4de geeïndig. Ongelukkig slegs 1 punt te min om ‘n brons medalje te verower. Ons is ongelooflik trots op haar en wens haar alle sterkte toe vir die...

Lees Verder