Tennisuitslae
Verskeie van ons tennisspanne het die week weg en tuis gespeel. Noord-Liga: Ons Seuns A wen vir Eversdal, 3-3 (31 – 25) potte. Ons Gemengde A-span wen teen Brackenfell, 6-0 Table View-Liga: Ons Gemengde A-span wen vir Elkanah House 6-0 Ongelukkig het ons seuns A-span nie teen Elkanah house gespeel nie. Hulle het op die dag onttrek. Dit is puik uitslae en ons tennisspelers wys week na week hoe goed hul is. Welgedaan aan elke...
Johan Symington presteer by skietkompetisies
André Symington het 'n paar weke gelede aan die Nasionale .22 Precision Rifle kompetisie te Atlantis deelgeneem en uitstekend gevaar. Die skutte het met .22 kaliber gewere na sowat 150 gongs vanuit moeilike praktiese posisies geskiet op afstande van tot 300m. Die gongs was maar klein en die wind het erg gewaai wat die kompetisie nog moeiliker gemaak het. Johan het egter die wind, son en spanning goed hanteer en die Junior kategorie gewen. Hy het ook onder die top 10 algeheel Nasionaal geëindig. Verlede naweek het Johan aan die NRL (Nasional Rifle League) se Wes-Kaap .22 kaliber kompetisie te Slanghoek deelgeneem. Hy het weer die Junior kategorie gewen. Sy telling was ook die 3de hoogste telling algeheel op die dag. Baie geluk,...
Kleiduif Kompetisie: 20 April
Plek: Valley Gun Club, Agter-Paarl Tyd: 14:00 tot laat Kostes: R2000 p/p - Sluit kompetisie en ete in Kontak: Ria - 082 320 3288 Inskrywings sluit 12 April Die opbrengs van vanjaar se Kleiduif-kompetisie gaan spesifiek vir nuwe skooldrag vir ons behoeftige leerders. Sien die foto vir meer...
Welwillendheidsprojek: Insameling van skryfbehoeftes
Ons samel enige bruikbare en nuwe skryfbehoeftes vir Ellerton en Prestwich Primêr in. Bring hierdie skryfbehoeftes na juffrou Marietjie de Kock se klas voor of op 14 Maart 2023. Sien die 2de foto vir items wat jy kan skenk:
Wêreld Boekedag
Ons vier volgende Donderdag, 2 Maart, Wêreld Boekedag by die skool en wil aanmoedig dat leerders soos hul gunsteling boekkarakter moet aantrek. Daar sal op die dag 'n boekruil-tafel in die biblioteek wees en leerders wat graag wil, kan een van hul ou leesboeke van die huis af bring en vir iemand anders s'n ruil. Indien daar leerders is wat boeke vir die biblioteek of vir liefdadigheid wil skenk, is hulle ook meer as welkom om dit te bring. Ons sien vreeslik...
Welwillendheidsportefeulje
Ons neem hierdie jaar die Welwillendheidsportefeulje by Stephanie le Roux oor. Hiermee stel ons graag onsself aan die skool bekend. Ek is Frances Samuel en het drie dogters - in Huppelland se Vissieklas, in Graad 3 en Graad 5 in LS. Kara Marais het 'n seun in Graad 5. Die doel van die komitee is om na behoeftige kinders in ons eie skoolgemeenskap om te sien en dan ook deur middel van spesifieke projekte te skakel met sekere skole asook 'n ouetehuis waarmee ons 'n band het. Ons het 'n WhatsApp-groep wat ons as platform gaan gebruik om te vra vir skenkings vir sekere items wat ons vir ons behoeftige kinders benodig. Dit gaan meestal goed wees wat ons by die huis het en nie meer gebruik nie, soos bv. 'n sekere grootte tekkie of klere vir 'n kind, of bv. 'n hokkiestok, na gelang van die behoefte wat ons identifiseer. Hierdie is 'n maklike manier om uit te help binne ons eie skoolgemeenskap! Die inligting rondom die identiteite van die kinders is streng vertroulik en skenkings word deur middel van ons na die relevante kinders versprei. Hiermee stuur ek die skakel na die Jannies Help! WhatsApp-groep. Sluit gerus by ons groep aan as jy wil uithelp. Dit is heeltemal...
Reënboogdag, 10 Maart
Koop jou kaartjie op Karri teen R20 Trek aan volgens jou graad-kleur Geniet lekker musiek en 'n roomys tydens eerste pouse in die vierkant Graad-kleure: Graad 1 - Geel Graad 2 - Groen Graad 3 - Oranje Graad 4 - Rooi Graad 5 - Blou Graad 6 - Pers Graad 7 -...
Sportboodskappe op Skooler
Neem kennis dat sportboodskappe van nou af slegs op Skooler gestuur sal word. Afrigters sal op die sportgroepe die vorms aanstuur asook laat weet wanneer die busse op pad is. Stuur gerus 'n boodskap op 'n sportgroep indien jy met die afrigter(s) wil praat. Slegs die admins van die betrokke sportgroep sal jou boodskap sien. Elke sportsoort het sy eie kontakgroep en slegs die sportsoorte waaraan jou kind deelneem sal as kontakgroepe onder "Messages" verskyn. Indien jou kind 'n sport beoefen en jy nie die groep in jou "Messages" afdeling sien as jy op die pyltjie regs van die "Messages" balkie kliek nie, of agterkom dat jy nie die boodskappe ontvang nie, stuur gerus 'n boodskap op die "Algemeen" kontakgroep met jou kind se naam, van en die sportgroep waarin hy/sy moet...
Verlore Goedere
Onthou asseblief om jou kind se skoolklere duidelik te merk. Duidelik gemerkte klere help dat jou kind maklik hul verlore item/s by die verlore goedere tafel kan opspoor. Gemerkte items wat nie self afgehaal word nie, sal deur juffrou Felicity van die nasorg een keer per week verseker dat gemerkte items by leerders...
Klasbraai, 24 Feb.
Die klasbraai is 'n lekker geleentheid om mekaar te leer ken. Kom geniet die aand Vrydag saam met ons! Plek: Conradieveld, Huppelland Tyd: 18:00 - 22:00 Bring saam: Jou eie vleis, bykosse en drankies OF piekniekmandjie Daar sal braaidromme en hout beskikbaar wees. Ouers kan in graadverband by die eerste drom die naaste aan die hek begin, m.a.w. die drom naaste aan die hek is graad 1 s'n en die verste een is graad 7...
Tennis: Table View-Liga, 22 Feb (WEG en TUIS)
Table View-Liga: Seuns A (juf. Anja Nauta ) TUIS vs Elkanah House SPANNE: Seuns A 1. John Gilmer 2. Andre Marais 3. Jan-Willem Silvis 4. Ben Esterhuyse PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 TERUG BY SKOOL: 17:30 SPORTDRAG: • Blou skoolrompie/ broek en oranje JVR wedstrydhempie • Wit sokkies (NIE ‘secret socks’ NIE) • Tekkies • Skoolsweetpak (gemerk) Table View-Liga: Gemengde A (Juf Mardry Wright) WEG vs Elkanah House SPANNE: Gemengde A 1. Ruald Naude 2. Juan Cruywagen 3. Chanelle van Wyk 4. Amelie van der Walt PLEK: Elkanah House Senior WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 TERUG BY SKOOL: 17:30 SPORTDRAG: • Blou skoolrompie/ broek en oranje JVR wedstrydhempie • Wit sokkies (NIE ‘secret socks’ NIE) • Tekkies • Skoolsweetpak (gemerk) Kliek HIER vir die...
Tennis: Noord-Liga, 22 Feb (TUIS en WEG)
Noord-liga: Seuns A (Juf Marianne Conradie) TUIS vs Laerskool Eversdal 1.Dawid-Wiese Viljoen 2. Adriaan Wessels 3. Johan Symington 4. Rafa Lamprecht Die volgende geld vir bogenoemde wedstryde. Voltooi asb. die onderstaande vorm. SPANNE: Noord-liga: Seuns A span PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck WEDSTRYDE BEGIN: 15:15 SPORTDRAG: • Blou kortbroek en blou JVR eeufees-hempie • Wit sokkies (NIE ‘secret socks’ NIE) • Tekkies • Skoolsweetpak (gemerk) Noord-liga: Gemengde span (juf. Maricqe Coetzer) WEG vs Brackenfell 1. Gustav van der Linde 2. Pierre-Jaque Smit 3. Stella Lamprecht 4. Klara Maree Die volgende geld vir bogenoemde wedstryde. Voltooi asb. die onderstaande vorm. SPANNE: Noord-liga: Gemengde Span PLEK: Laerskool Brackenfell VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: 15:15 TERUG BY SKOOL: 17:30 SPORTDRAG: • Blou kortbroek en blou JVR eeufees-hempie • Wit sokkies (NIE ‘secret socks’ NIE) • Tekkies • Skoolsweetpak (gemerk) Kliek HIER vir die...
Krieket: o.11A en B, 22 Feb (TUIS en WEG)
Die volgende geld vir bogenoemde wedstryde. Voltooi asb. die onderstaande vorm. SPANNE: O.11 A PLEK: Conradieveld VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 TERUG BY SKOOL: 18:00 SPANNE: O.11 B PLEK: Golden Grove VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 TERUG BY SKOOL: 18:00 SPORTDRAG: • Oranje hempie en Vlootblou kortbroek • Lang blou kouse met oranje streep en tekkies (Die blousokkies sal ook vir Hokkie gebruik word.) • JvR kriekethoed • Water en iets om te eet SLEGS SPELERS WAT OP DIE ONDERSTAANDE LYSTE VERSKYN SPEEL DINSDAG. Net hierdie leerders se ouers moet asb die vorm voltooi. O.11 A-span 1. Alexander Weideman (K) 2. Jack Dawes 3. Ben Esterhuyse 4. Vincent Oosthuizen 5. Nils le Roux 6. Phumi Salimani 7. Nicolas Marais 8. Zander Smit 9. Silas Groenewald 10. Rudi Badenhorst 11. Luke Willows O.11 B-span 1. Leo Wiese 2. Nicolaas van As 3. John Bremridge 4. Henri Reeder 5. Xander van Gijsen 6. Daniel Opperman 7. Francois Boshoff 8. Ruben de Ridder 9. Luka Lonte 10. Markus van Vuuren 11. Jake van der Walt Kliek HIER vir die...
Krieket: o.13A Curro Durbanville 20 Feb (WEG)
SPANNE: O.13A PLEK: Curro Durbanville (Hoërskool) VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 TERUG BY SKOOL: 18:00 SPORTDRAG: • Oranje hempie • Lang wit krieketbroek • JvR kriekethoed • Water en iets om te eet SLEGS SPELERS WAT OP DIE ONDERSTAANDE LYSTE VERSKYN SPEEL WOENSDAG. Net hierdie leerders se ouers moet asb die vorm voltooi. 1. Conrad Bezuidenhout 2. Ruben Eksteen 3. Frank van der Walt 4. Andre Marais 5. Ruben Oosthuizen 6. Dawid-Wiese Viljoen 7. Johan Symington 8. Armand Coetzer 9. Kai Allewell 10. Riciano B 11. Delmar Benecke Kliek HIER vir die...
Krieket: o.9 Kampsbaai 21 Feb (TUIS)
Die volgende geld vir bogenoemde wedstryde. Voltooi asb. die onderstaande vorm. SPANNE: O.9 Blou en Groen PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck WEDSTRYDE BEGIN: 14:30 SPORTDRAG: • Oranje hempie en Vlootblou kortbroek • Lang blou kouse met oranje streep en tekkies (Die blousokkies sal ook vir Hokkie gebruik word.) • JvR kriekethoed • Water en iets om te eet SLEGS SPELERS WAT OP DIE ONDERSTAANDE LYSTE VERSKYN SPEEL DINSDAG. Net hierdie leerders se ouers moet asb die vorm voltooi. 0.9 Blou 1. Ely Grootboom 2. Kent Chimukuyu 3. Damian Daniels 4. Dirk de Jager 5. Arjen Faling 6. Ben Louw 7. Noah Karusseit 8. Ruwa Christie 0.9 Groen 1. Luke Sieberhagen 2. Daniel van den Berg 3. Nica van Schalkwyk 4. Willem Viljoen 5. Karl von Lieres 6. Jacob Venter 7. Stef Nel 8. Peet Swart Kliek HIER vir die...
Belangrike Datums
julie 2026
augustus 2026