André Symington het ‘n paar weke gelede aan die Nasionale .22 Precision Rifle kompetisie te Atlantis deelgeneem en uitstekend gevaar. Die skutte het met .22 kaliber gewere na sowat 150 gongs vanuit moeilike praktiese posisies geskiet op afstande van tot 300m. Die gongs was maar klein en die wind het erg gewaai wat die kompetisie nog moeiliker gemaak het. Johan het egter die wind, son en spanning goed hanteer en die Junior kategorie gewen. Hy het ook onder die top 10 algeheel Nasionaal geëindig.

Verlede naweek het Johan aan die NRL (Nasional Rifle League) se Wes-Kaap .22 kaliber kompetisie te Slanghoek deelgeneem. Hy het weer die Junior kategorie gewen. Sy telling was ook die 3de hoogste telling algeheel op die dag.

Baie geluk, Johan!