Ons neem hierdie jaar die Welwillendheidsportefeulje by Stephanie le Roux oor. Hiermee stel ons graag onsself aan die skool bekend.

Ek is Frances Samuel en het drie dogters – in Huppelland se Vissieklas, in Graad 3 en Graad 5 in LS. Kara Marais het ‘n seun in Graad 5.

Die doel van die komitee is om na behoeftige kinders in ons eie skoolgemeenskap om te sien en dan ook deur middel van spesifieke projekte te skakel met sekere skole asook ‘n ouetehuis waarmee ons ‘n band het.

Ons het ‘n WhatsApp-groep wat ons as platform gaan gebruik om te vra vir skenkings vir sekere items wat ons vir ons behoeftige kinders benodig. Dit gaan meestal goed wees wat ons by die huis het en nie meer gebruik nie, soos bv. ‘n sekere grootte tekkie of klere vir ‘n kind, of bv. ‘n hokkiestok, na gelang van die behoefte wat ons identifiseer. Hierdie is ‘n maklike manier om uit te help binne ons eie skoolgemeenskap! Die inligting rondom die identiteite van die kinders is streng vertroulik en skenkings word deur middel van ons na die relevante kinders versprei.

Hiermee stuur ek die skakel na die Jannies Help! WhatsApp-groep. Sluit gerus by ons groep aan as jy wil uithelp. Dit is heeltemal vrywillig.