Neem kennis dat sportboodskappe van nou af slegs op Skooler gestuur sal word.

  • Afrigters sal op die sportgroepe die vorms aanstuur asook laat weet wanneer die busse op pad is.
  • Stuur gerus ‘n boodskap op ‘n sportgroep indien jy met die afrigter(s) wil praat.
  • Slegs die admins van die betrokke sportgroep sal jou boodskap sien.
  • Elke sportsoort het sy eie kontakgroep en slegs die sportsoorte waaraan jou kind deelneem sal as kontakgroepe onder “Messages” verskyn.
  • Indien jou kind ‘n sport beoefen en jy nie die groep in jou “Messages” afdeling sien as jy op die pyltjie regs van die “Messages” balkie kliek nie, of agterkom dat jy nie die boodskappe ontvang nie, stuur gerus ‘n boodskap op die “Algemeen” kontakgroep met jou kind se naam, van en die sportgroep waarin hy/sy moet wees.