Welwillendheidsprojekte
Ons wil van die geleentheid gebruik maak om al die ouers hartlik te bedank vir al die skryfbehoeftes en kontantbydraes. Ons kon die kontantbydraes en skenkings van Alive foundation aanwend om vir Pretwich skool twee projektors aan te koop. Baie dankie aan Alive Foundation! Sommige graad 5-leerders het Woensdag die skryfbehoeftes aan die leerders van Prestwich skool...
Nuwe sokkies vir netbal- en tennisdeelnemers
Netbal- en tennisdeelnemers word versoek om die nuwe sokkies saam met die korrekte sportdrag te dra. Die idee is om te sorg dat ons deelnemers van kop tot tone eenvormig lyk. Hierdie sokkies is vanaf vlg. week @ R60 per paar by die klerebank beskikbaar. Bestel asb. so gou moontlik aanlyn. Netbaldogters mag ook die donkerblou en oranje haarlint dra om hul sportuitrusting netjies af te...
ATKV-Redenaarsuitslae
Die volgende leerders is deur na die semi-finale ronde vir ATKV-redenaars wat op 24 en 25 Mei te Hoërskool Bellville plaasvind. Pieter Rademeyer (Gr.4) Jacques du Toit (Gr.4) Sabine Barnard (Gr.5) Karu Rademeyer (Gr.6) Emma Snjiders (Gr.6) Baie geluk! Ons wens vir julle sterkte toe en weet julle sal ons skool se naam hoog hou! Ek wil graag ook die volgende deelnemers gelukwens wat baie hard gewerk het en steeds uitstekende toesprake by ATKV se eerste ronde gelewer het: Stef Nel, Bella Naylor, Elisabet Marais, Cara Stoltz, Isabella Marais, Michaan Naylor en Sophia...
Drama: 26 Mei 2023
Daar sal ongelukkig geen privaat dramalesse wees Vrydag die 26ste nie, aangesien ek by die Eisteddfod betrokke is wat daardie naweek by ons skool plaasvind. Baie dankie! Jana
Eisteddfod: Sang
Onthou van Saterdag se Sang Eisteddfod by ons skool. Leerders moet betyds opdaag. Warm voor die tyd op - sing in die kar!! Ons sien uit na 'n dag van mooi sang.
Netbaluitslae: WP-Proewe
Baie geluk aan die volgende netbalspelers wat deur is na die finale WP-proewe. Hulle neem Saterdag by Laerskool de Hoop in Somerset-Wes deel. 0.11 Cara Stoltz Amelie van der Walt Jeanne van Heerden 0.12 Hila Hertzog 0.13 Emma van Biljon Klara Steyn
Dringende klerebank versoek
Dringende versoek om asb. netjiese tweedehandse sweetpakke na die Klerebank te neem. Moet asb. ook glad nie klere by verlore goedere gaan haal as dit nie jou kind se klere is wat weggeraak het nie. Ons wil die tweedehandse verkope by die Klerebank ondersteun en hierdie mark uitbrei. Ons waardeer hierdie...
Netbaluitslae: 6 – 10 Mei
Saterdag, 6 Mei, het die Jannies netbal by HS JvR teen Laerskool Vredenburg gespeel. 0.7A gelykop 1-1 0.7B verloor 0-3 0.8A wen 8-2 0.8B wen 5-1 0.9A gelykop 4-4 0.9B verloor 2-8 0.10A wen 9-2 0.10B wen 6-1 0.11A wen 5-4 0.11B verloor 3-4 0.11C/10C wen 4-3 0.12A wen 19-3 0.12B wen 12-1 0.13A wen 14-3 0.13B wen 10-1 0.13C wen 9-4 Maandag, 8 Mei, het ons teen Curro Durbanville en Totius gespeel. Vs. Curro Durbanville 0.7A verloor 0-2 0.7B verloor 1-4 0.8A wen 7-5 0.8B wen 4-3 0.9A wen 6-0 0.9B gelykop 3-3 0.10A wen 19-2 0.10B verloor 2-4 0.11A wen 13-5 0.11B verloor 2-4 0.12A wen 12-7 0.12B wen 9-5 0.13A wen 22-1 0.13B wen 14-3 Vs. Totius 0.7A verloor 0-2 0.7B gelukop 0-0 0.8A wen 11-2 0.8B wen 8-0 0.9A gelykop 5-5 0.9B wen 6-0 0.10A wen 10-4 0.10B wen 9-0 0.11A wen 15-6 0.11B wen 5-3 0.12A gelykop 11-11 0.12B verloor 7-8 0.13A wen 19-6 0.13B wen 31-0 Woensdag, 10 Mei, het ons teen De Tyger te staan gekom. 0.7A gelykop 0-0 0.7B verloor 0-2 0.8A wen 8-3 0.8B wen 12-3 0.9A wen 11-3 0.9B wen 6-0 0.10A wen 11-9 0.10B wen 9-2 0.11A wen 14-0 0.11B wen 8-0 0.12A wen 16-6 0.12B wen 13-6 0.13A wen 30-6 0.13B wen 16-0 Baie geluk aan al die dogters met hierdie puik...
Skaakuitslae: 5 Mei 2023
Ons skaakspan het verlede Vrydag, 5 Mei, teen Herzlia Highlands gespeel. Ons Jannies het tot die einde toe strategies elke skuif beplan, maar ongelukkig het ons 2-4 verloor.
WOW Spelfees 2023
Ons is opgewonde om hierdie jaar weer in persoon aan die WOW Spelfees deel te neem! Alle leerders sal hul graad se spellys ontvang. Hierdie spellyste is ook op die webtuiste beskikbaar. Die grondslagfase en graad 4-7 Afrikaanse onderwysers sal vir die leerders wys watter woorde hulle vir die interne spelkompetisie moet leer. Ons interne spelkompetisie sal 21 Julie 2023 in die vorm van 'n geskrewe speltoets plaasvind. Daarna sal 'n aantal leerders in elke graad gekies word om aan die Kring/Distrik Spelfees deel te...
Ma-Dogteraand: 24 Mei
Alle graad 5 – 7-dogters en hul ma’s word uitgenooi om hierdie lekker gemaklike, informele gespreksaand saam met ons by te woon. Ma- en Dogter (Karin en Minke) kom gesels oor die kompleksiteit van hierdie verhouding veral in dié spesifieke ouderdomsgroep. Minke, ‘n mediese dokter, sal ook oor die algemene ontwikkeling (kop, emosies, liggaam) van dogters vanaf jong kind tot tiener gesels. Hier kry ma en dogter kans om verder oor al die ‘ongemaklike’ dingetjies te gesels. Daar is altyd iets nuut vir almal om te leer en wat is nou lekkerder as ‘n ‘girls night out’. Kaartjies word deur Karri verkoop. Indien jy en jou dogter die aand gaan bywoon, stuur asb. 'n ma-dogter foto van julle twee voor 19 Mei aan marinda@jvrprim.co.za. Foto's en Karri sluit Maandag, 22...
Hemelvaartdiens: 18 Mei 2023
Marietjie Steyn van die Groote Kerk sal op Donderdag, 18 Mei, tydens die eerste periode (07:45 - 08:15) 'n Hemelvaartdiens in die saal lei. Ouers is baie welkom om dit by te woon! Die byeenkoms sal vrywillig vir leerders wees - daar sal toesig gereël word vir diegene wat in die klas bly. 'Jannies vir Jesus' sal dus nie daardie Donderdagoggend plaasvind...
Horizon Wiskundekompetisie
Al ons graad 6 en 7-leerders het aan die eerste rondte van die Horizon Wiskundekompetise deelgeneem. Dit is vir ons wonderlik om te sê dat 39 graad 7’s en 13 graad 6’e deur is na die volgende rondte. Die volgende rondte is op 13 Mei. Meer besonderhede rakende die tyd en plek sal volgende week aan die leerders voorsien word. Baie geluk aan ons graad 6 en 7-leerders wat so puik presteer...
Tennisuitslae: Wilson Tennistoernooi
Stella en Rafa Lamprecht het Saterdag, 30 April, aan ‘n Wilson tennistoernooi deelgeneem. Stella het in die o.14A-kategorie ingeskryf, maar omdat daar nie genoeg spelers was nie, het o.15 en o.18-spelers in die kategorie deelgeneem. Stella se toewyding en vasberadenheid het haar aan die einde van die dag trots laat staan en sy eindig eerste in die toernooi. Rafa het vir aan die o.10A-kategorie deelgeneem, maar omdat daar ook te min spelers was het 4 o.11 leerders ook aan die kategorie deelgeneem. Rafa het puik gespeel en al sy wedstryde behalwe een gewen. Rafa eindig tweede wat ‘n uitstekende prestasie is. Welgedaan julle twee, ons is uiters trots op...
Boek Buddies
Ons is vreeslik opgewonde oor Boek Buddies wat ons die 11de Mei (volgende Donderdag) kom besoek. Boek Buddies kweek ’n liefde vir lees deur uittreksels uit die nuutste Afrikaanse kinderboeke op ’n interessante en interaktiewe manier op te voer. Op hierdie manier word leerders se belangstelling geprikkel en moedig ons hulle aan om self die boeke klaar te lees. Beide ’n junior- en seniorvertoning word aangebied, en die opvoerings sal Donderdag tydens skooltyd plaasvind. Boek Buddies vra R15 per leerder om die vertoning by te woon, en kan vanaf vandag op die Karri-toep betaal word. Leerders wat R15 betaal, is ook meer as welkom om Donderdag met funky socks skool toe te kom. Betalings sluit op Woensdag, 10 Mei. Ons hoop julle is saam met ons opgewonde, sien julle...
Belangrike Datums
julie 2026
augustus 2026