Marietjie Steyn van die Groote Kerk sal op Donderdag, 18 Mei, tydens die eerste periode (07:45 – 08:15) ‘n Hemelvaartdiens in die saal lei. Ouers is baie welkom om dit by te woon! Die byeenkoms sal vrywillig vir leerders wees – daar sal toesig gereël word vir diegene wat in die klas bly. ‘Jannies vir Jesus’ sal dus nie daardie Donderdagoggend plaasvind nie.