Skryfbehoeftes vir 2026
Sien asseblief die skryfbehoeftes wat jou kind in 2026 gaan nodig hê hier onder: Graad 1-3 Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7
Krieketuitslae: 13 November 2025
Sien die week se krieketuitslae hier onder:
Kontakbesonderhede op MyJvR opdateer
Ons versoek ouers vriendelik om hul kontakbesonderhede (e-posadres en telefoonnommer) op MyJvR na te gaan en op te dateer indien dit verander het. Dit verseker dat alle belangrike kommunikasie, insluitend u kind/kinders se rapporte, ontvang word. Volg hierdie skakel na MyJvR: KLIK HIER Dankie dat u saam met ons werk om gladde en effektiewe kommunikasie te...
Kleure-atletiekprogram 2025
Sien die program hier onder:
Geagte Ouers / Voogde – 21 November 2025
Die tweede week van die eksamen het op Maandag, 17 November, goed afgeskop en kom op Maandag, 24 November, tot ‘n einde. Die onderwysers is tans besig om die laaste klompie antwoordstelle noukeurig te merk en dan volg interne post-moderasie voordat die finale punte op die WKOD-skedules ingevoer word. Interne post-moderasie word deur die moderators (vakhoofde/departementshoofde) behartig, daarna volg ‘n tweede rondte moderasie waartydens ek as skoolhoof ook betrek word. Onderskeie antwoordstelle word saam met die vraestelle gebruik om die belangrike proses van moderasie verder te ondersteun. Moderasie (pre- en post-) vorm ‘n integrale deel van leer en onderrig en dien verder vir ons skool as ‘n gehalteversekeringsinstrument om seker te maak kwaliteit leer en onderrig geskied by ons skool. Dit is so belangrik dat ons deur middel van pre-moderasie seker maak dat die assesseringsinstrumente billik en regverderig is, maar ook voldoen aan ons hoë akademiese standaarde by die skool. In my gesprekke met voornemende ouers bevestig hulle almal dat die twee belangrikste redes hoekom hulle ons skool oorweeg om hul kind/ers in te skryf, soos volg is: 1) Hoë akademiese standaarde en verryking; 2) Waardes van die skool en sy gemeenskap. Akademie is een van ons spreekwoordelike vlagskepe waar uitnemendheid en die handhawing van hoë standaard te alle tye eerbiedig word. Dit is dan my eer en voorreg om die uitslae van die 2025 Mondelinge Kommunikasie-eksamens van ons leerders wat aan die SA Spraak-, Drama- en Kommunikasiekollege se nasionale eksterne eksamens deelgeneem het, onder leiding van Alma Nel by Hoërskool Jan van Riebeeck, met julle te deel. Almal het geslaag – die meerderheid met LOF. Ek is ongelooflik...
Christiaan verower silwer trofee vir stoei
Christiaan Cronje het op 9 Oktober 2025 besonder goed presteer by die SAWF National Youth & Presidents Championship. Hy het 2de plek in die FS U/10-afdeling behaal en is bekroon met ’n silwer trofee, asook Deelname- en Uitnemendheid-sertifikate. Baie geluk, Christiaan — ’n uitstekende...
Krieketuitslae: 6-12 November 2025
Hier volg die week se krieketuitslae:
Ouersportdag: 29 November 2025
Kom geniet 'n dag vol pret saam met ons eie sportsterre! Sien die insetsel hier onder vir meer inligting:
Geagte Ouers / Voogde – 14 November 2025
Die eerste week van die eksamen vir die graad 7’s is agter die rug, terwyl die graad 4 – 6-leerders gister, 13 November, met hulle eksamens afgeskop het. Die grondslagfase se finale assesserings vir die jaar het ook die week tot ’n einde gekom. Baie dankie dat julle jul kind/ers tydens die finale eksamens ondersteun sodat hulle nie voel dat hulle die eksamenpad alleen stap nie. Baie dankie dat julle ook sal help dat jul eie vrese en angs vir die komende eksamens nie in jul kind/ers manifesteer nie. Ek weet ook dat julle bekommerd is dat hulle goed in die komende eksamens sal vaar. Indien jou kind/ers spogpunte behaal, is dit wonderlik en julle as ouer/ouers is geseënd, maar dit is ongelukkig nie vir almal beskore nie. Ons leerders doen die beste wat hulle kan op die bepaalde tyd. Daar is nog hope tyd vir ontwikkeling wat met genoegsame ondersteuning in plek sal val. Ons verloor daarom nie hoop nie, maar is trots op dit wat ons leerders vermag. Dit het verder onder my aandag gekom dat sommige ouers ons onderwysers die afgelope tyd onder geweldige druk oor die eksamens plaas, laat saans boodskappe stuur en onmiddellike terugvoer verwag, en in die proses baie krities is oor die komende eksamens, die eksamenrooster en hoe ons dit bestuur. Ek het dus besluit om my nuusbriefgedeelte vir week 5 slegs aan dié onderwerp te wei en vir julle bietjie meer agtergrond te gee, veral oor die eksamenrooster en die finalisering van punte. Moet asseblief nie vergeet dat ons ’n openbare skool is wat WKOD se voorskrifte moet eerbiedig nie....
Interne sport- en kultuurprogram tydens eksamentyd: 17 – 27 November 2025
Neem asseblief kennis dat sport en kultuur binne skooltyd plaasvind aangesien die skool daagliks om 13:15 verdaag. Leerders kom met korrekte sportdrag vir die bepaalde sportoefening op die dag skool toe. Maak asseblief ook seker dat musiekleerders die korrekte instrumente saambring. Sien hier onder die rooster vir die program: ...
Krieketuitslae: 30 Okt – 5 Nov 2025
Sien die week se krieketuitslae hier onder:
Tennisuitslae: 3-5 November 2025
Sien die week se tennisuitslae hier onder: Tennisuitslae
Jan Kas ure tydens eksamen
Neem asseblief kennis dat Jan Kas aangepaste tye sal hê gedurende die eksamen. Hierdie tye sal vanaf Donderdag, 13 November gevolg word. Maandag & Woensdag - 7:00 - 8:00 Dinsdag en Donderdag - 12:30 - 13:30
Koop ’n kookboek – ’n geskenk wat aanhou gee!
Kersfees is om die draai! Koop kookboeke as geskenke vir oumas, onderwysers, vriende en familie – en laat die skool daarby baat! Vir elke kookboek wat teen R200 gekoop word, ontvang die skool R50. Dis die perfekte manier om iets besonders vir Kersfees of verjaardae te gee, terwyl jy terselfdertyd ons skool ondersteun. Kies uit vier pragtige kookboeke: Geure deur Lientjie Wessels – eenvoudige resepte met jou gunstelingbestanddele soos asyn, sout en olyfolie. Heerlik en stylvol! Cake It Till You Make It deur Anmar Wilding – stap-vir-stap riglyne om die perfekte koek te bak, met al die geheime vir goeie bakwerk. Going Home deur Sophia Lindop – ’n Lebanese kookboek vol bekende Mediterreense disse soos hummus, laban en kofta. Gesond én smaaklik! The Lockdown Recipe Storytelling Book saamgestel deur Ingrid Jones – ’n nostalgiese versameling resepte vir klassieke gunstelinge soos hertzoggies en sagopoeding. Sien die volgende skakel vir meer besonderhede oor hoe om te bestel: BESTEL JOU...
Kersdonasies vir JvR-personeel
Indien jy graag ’n kersdonasie deur Karri vir die terrein-, nasorg- en/of snoepiepersoneel by die laerskool te maak, is jy baie welkom om 'n bydrae te lewer. Die Karri-insameling maak binnekort oop — hou asseblief die toep vir meer besonderhede dop. Baie dankie vir julle ondersteuning en ruim...
Belangrike Datums
april 2026
mei 2026
junie 2026
julie 2026
augustus 2026
september 2026
oktober 2026
november 2026
desember 2026
maart 2027