Geagte Ouers / Voogde – 22 September 2023

Vandag is dit weer "#Bok-Friday". Die Springbokke se soeke na glorie loop beslis volgens plan met hul reuse oorwinning van 76 – 0 teen Roemenië. Die Bokke sit hul wêreldbeker-rugbyveldtog die naweek op Saterdag, 23 September, voort teen Ierland in Parys te Stade de France. Dit gaan ‘n titaniese stryd wees om te bepaal watter span as die wenner van poel B gaan wees. Saam met "#Bok-Friday" vier ons as skool ook Erfenisdag wat op Sondag, 24 September, plaasvind. Dit is dus belangrik dat jy vandag weer "#Bok-Friday" en Erfenisdag ten volle ondersteun deur jou springboktrui, of ‘n springbok t-hemp, net iets groen en goud of iets tradisioneel met trots aantrek om die Bokke en ons pragtige land te ondersteun. Mag die Bokke die naweek die Iere wys dat die Iere dalk die gunstelinge mag wees, maar die Bokke hou nie van verloor nie en nog minder hou hul ondersteuners daarvan! Ons land spog met ‘n magdom kulture en ‘n mengelmoes van mense. Daarom vier ons jaarliks op 24 September Erfenisdag. Tydens die spesiale openbare vakansiedag vier ons as trotse Suid-Afrikaners ons kultuur en ons erfenis. Kom ons gebruik die dag om as ‘n trotse nasie ons wonderlike land, sy pragtige mense, diere en natuurskoon te waardeer. Erfenisdag is juis in 1996 ingestel om die kultuur en die unieke diversiteit van ons Reënboognasie te vier! Jy kan op die spesiale dag self besluit gebaseer op jou taal, kultuur en herkoms om iets te doen om jou eie erfenis te vier, asook om die geleentheid te gebruik om meer oor ander kulture en hul kosbare erfenis te leer. Omhels gerus...

Skooltye: 26 – 29 September 2023

Dinsdag, 26 September: Skool verdaag normale tye Woensdag, 27 September: Skool verdaag normale tye Donderdag, 28 September: Skool verdaag vroeër 12:45 (Gr. 1 - 3) 13:00 (Gr. 4 - 7) Vrydag, 29 September: Skool sluit 10:30 (Gr. 1 - 3) 10:45 (Gr. 4 -...

Markdag: 28 September 2023

Markdag vind Donderdag, 28 September, plaas en dit is die gr. 4 - 6-leerders se beurt om verkope te doen.  Graad 7's het verlede week hul Markdag gehad. Tafels kan teen R15 per tafel op die Karri-toep bespreek word. Tafelbesprekings sluit Dinsdag, 26 September. Geen lewende hawe of klappers mag verkoop word nie. Verkope sal vanaf 11:45 tot 12:30...

Silwervaring toneelfees 2023

Baie geluk aan die leerders wat verlede Saterdag, 16 Sept., aan die Silwervaring toneelfees by Laerskool Bastion deelgeneem het. Ons het die toekenning vir beste teks gewen. Die volgende sertifikate is ontvang: Goud: Regie, Ensemble, Neil Heyns, Zadie Loubser, Chrystal Conradie, Samuel Wolff en Eddie Quixley. Silwer: Emma Jonker, Sophia Fourie, Dino Burger en Nevieke Bender. Baie geluk aan almal...

Oom Steyn – LS JvR se Legende

Oom Steyn is ons skool se opregte legende! Vir 26 jare het oom Steyn gesorg dat ieder en elk (Huppelland en Laerskool) aangery is tot waar nodig vir uitstappies, sport, toere, ens. Hy was bankier en regterhand vir soveel van ons wat al jare by die skool betrokke is. Ja, leerders het gereeld na oom Steyn as die skoolhoof verwys as bewys van die respek wat hy by soveel mense afgedwing het. Die man met die sterk handdruk wat so gereeld na ‘n vakansie vir elke klas kom groet het en so mooi vir elke onderwyser gevra het hoe ons vakansie was – soveel liefde en mooi is in oom Steyn se hart. Ons sê finaal vir oom Steyn op Vrydag, 29 September, totsiens waar hy ‘n wel verdiende aftrede sal geniet. Alles wat mooi is vir die nuwe lewensfase wat vir jou...

Stella Pansegrouw presteer in Gimnastiek

Stella het haar Westelike Provinsie kleure vir Level 5 Gimnastiek ontvang. Sy is genooi na die SA Gym Games wat op 4 Oktober 2023 in Pretoria plaasvind. Sy het in haar vault 'n 3de plek behaal, wat 'n ongelooflike goeie prestasie is. Baie geluk, Stella! Ons is trots op...

Aflospersoneel vir onderwysers op kraamverlof

Ons is so bevoorreg om twee JvR-babas hierdie jaar nog by ons laerskool te verwelkom – dié van Maricqe Coetzer en Michelle Compion (albei gr. 3-onderwysers). Ons het gedurende kwartaal 4 dus twee aflosonderwysers in hierdie twee onderwysers se klasse. Ons is dankbaar dat Anéne Loots ingestem het om in Maricqe en Marlize ter Borg in Michelle se klasse af te los. Ons het heelpartye onderhoude gevoer om geskikte onderwysers vir hierdie spesifieke klasse te vind. Dan is dit ook lekker om te noem dat Laerskool Jan van Riebeeck (ingesluit Huppelland) hul onderwysers die geleentheid bied om by en van mekaar te leer. ‘n Derde juffrou by LS JvR (dié keer by Huppelland – Magdel Fourie, Hasieklas) verwag haar baba in Oktober en ons het besluit dat Madri Greyling (LS JvR se nasorghoof) die geskikte kandidaat sal wees om in Magdel se plek af te los. Madri is ‘n gekwalifiseerde onderwyseres met hope energie wat die uitdaging met ope arms omhels. Ons is baie dankbaar vir haar entoesiasme. Dit beteken dat Dolinda Mfulo tydelik as nasorghoof sal instaan totdat Magdel in 2024 weer by Huppelland aansluit. Ons wens die mammas wat op kraamverlof gaan baie sterkte en vreugde toe. Ons vergeet ook glad nie van die onderwysers wat tydelik in hul plekke aflos nie - baie sterkte. Ons sien uit om elkeen beter te leer...

Geagte Ouers / Voogde – 15 Sept. 2023

Die Bokke het hul wêreldbeker-rugbyveldtog goed afgeskop deur die Skotte 18 – 3 te klop tydens hul eerste wedstryd op Sondag, 10 September, te Stade De Marseille. Ek is seker daarvan dat dit almal se hoogtepunt van die naweek was. Dit is dus belangrik dat jy vandag weer "#Bok-Friday" ten volle ondersteun deur jou springboktrui, of ‘n springbok t-hemp of net iets groen en goud met trots aantrek om die Bokke te ondersteun in hul soeke na glorie. Mag die Bokke die naweek teen Roemenië vir al die ander spanne wys ‘waar Dawid die wortels gegrawe het’. Op Vrydag, 04 September, het ek al ons gr. 1’s na HS Jan van Riebeeck vergesel om vir elke matrikulant ‘n spesiale kaartjie vir goeie eksamen-wense in die saal te oorhandig. Dit het ons gedoen net voordat hulle met Wiskunde en Wiskundige geletterdheid begin skryf het. Ons gr. 1’s het die pragtigste boodskappe geskryf wat ‘n kosbare glimlag op elke matrikulant se gesig veroorsaak het en ook sommer in die proses die eksamenstres verlig het. Een van die boodskappe het soos volg gelees: "Ek weet wiskunde is baie, baie moeilik, maar ek weet jy kan!". Hierdie tipe van uitreik na die HS Jan van Riebeeck gaan ‘n jaarlikse instelling word. Volgens die gr. 1’s was dit die beste uitstappie van hul lewe, want hulle kon die ‘groot’ skool besoek. Ons wens HS Jan van Riebeeck se matrikulante alles van die beste vir jul rekord-eksamen toe asook die nasionale seniorsertifikaat-eksamen aan die einde van die jaar. Op Saterdag, 09 September, het 19 van ons leerders aan die jaarlikse WOW-spelkompetisie se provinsiale rondte te...

Klerebank van 1 – 20 Okt. 2023 gesluit

Die klerebank sal vanaf 1 – 20 Oktober vir alle aankope (aanlyn en in persoon) gesluit wees. Tydens hierdie periode neem die skool die voorraad by Eda oor en die nodige stelsels en strukture word in plek gestel om skooldrag maklik aan almal beskikbaar te stel. Ons waardeer elkeen se geduld met hierdie proses. Ons sal nader aan die tyd alle ander besonderhede...

Belangrike Datums

julie 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor