Hokkie-uitslae: 23-28 April 2026
Hier volg die week se hokkie-uitslae: .
Netbaluitslae: 29 April 2026
Hier volg die week se netbaluitslae:
Sophia Presteer op die Netbalbaan
Paarl Gim (onoorwonne) word weer gekroon as die Wildeklawer-wenners. Slegs die beste skole in die land word na hierdie toernooi genooi. Sophia Liebenberg (oud-Jannie) word aangewys as beste binnebaanspeler van die hele toernooi. Ons is ongelooflik trots op haar. ...
Peter and the Wolf vertoning deur Kaapstadse Philharmoniese Orkes by St Cyprian’s
Die JvR-skoolgemeenskap word vriendelik deur St Cyprian’s uitgenooi om die vertoning van Peter and the Wolf op 9 Mei by te woon. Die vertelling word deur die bekende akteur, Rob van Vuuren, gedoen en beloof om ’n wonderlike ervaring vir kinders te wees! Die vertoning is ten bate van hul koor wat in Julie na Spanje en Frankryk toer. Plek: St Cyprian’s School Datum: Saterdag, 9 Mei Tyd: 1) 10h00 - 10h45 2) 11h00 - 11h45 Kaartjies: Beskikbaar op Quicket. Hier is die...
Moedersdag Geskenkpakkies
Moedersdag geskenkpakkies kan nou op Karri bestel word. 🌸 Sien asseblief hier onder vir meer besonderhede:
Boekverkope in die Mediasentrum!
📚 Ons nooi alle leerders en ouers hartlik uit na ons boekverkope wat van Maandag, 4 Mei, tot Woensdag, 6 Mei, in die Mediasentrum plaasvind. Daar sal ’n wye verskeidenheid opwindende boeke beskikbaar wees – iets vir elke leser! 📖✨ Kontant én kaart word aanvaar. 💳 Moenie hierdie geleentheid misloop om jou boekrak aan te vul en jou liefde vir lees verder aan te wakker nie! 📚💛...
Gestaak: Old School Ondersteunersdrag
Ons wil graag alle ouers en ondersteuners bedank vir die belangstelling in die Old School ondersteunerstruie. Ongelukkig het ons nie die minimum aantal bestellings ontvang wat nodig is om voort te gaan met die vervaardiging en bestelling daarvan nie, daarom kan ons nie op hierdie stadium met die projek voortgaan nie. Ons waardeer elkeen wat die inisiatief ondersteun en belangstelling getoon het. Baie dankie vir jou begrip en ondersteuning....
Geagte Ouers / Voogde – 30 April 2026
Die afgelope week is gekenmerk deur twee openbare vakansiedae. Op Maandag, 27 April, het ons Vryheidsdag gevier en môre is dit Werkersdag, wat jaarliks op 01 Mei gevier word. Ons het skaars ’n lekker langnaweek agter die rug en dan volg daar nog ’n lekker meevallertjie met ’n opeenvolgende langnaweek. Werkersdag word in Suid-Afrika gevier om die werkers van ons land te huldig vir die harde werk wat hulle verrig, asook die soeke na regverdige indiensneming, die vestiging van menseregte en werkersregte in die werkplek. Internasionale Werkersdag het sy oorsprong in die internasionale stryd van werkers en hul vakbonde vir solidariteit tussen werkers, asook die algemene regverdige behandeling van werkers. Hiermee wil ek dus spesiaal vir al ons personeel en almal wat werksaam in ons skoolgemeenskap is, salueer wat dag-in en dag-uit hard werk om nie net ’n verskil in ons skoolgemeenskap te maak nie, maar ook ’n waardevolle bydrae tot onderwys asook tot die Suid-Afrikaanse ekonomie sodat daar ekonomiese groei kan plaasvind, asook om meer werksgeleenthede te skep. Ek is baie dankbaar vir ons toegewyde personeel wat nie altyd die nodige erkenning ontvang vir hul leeue-aandeel om die sukses van ons trotse skool te verseker nie. Soos in my vorige week se nuusbrief genoem, het ons onder leiding van juf. Marecia ’n opwindende Wêreldboekedag op Donderdag, 23 April, by die skool gevier. Leerders het op die dag soos hul gunstelingboekkarakter uit Jaco Jacobs se leesboeke aangetrek en selfs die onderwysers het aan die pretdag deelgeneem. Dit was baie moeilik om te bepaal watter leerder per graad met die gesogte boekprys moes wegstap, maar soos belowe, volg die name...
Veilingsdinee: 6 Junie 2026
Liewe Ouers Ons nooi julle graag uit om nou julle kaartjies vir die veilingsdinee te bespreek. Besoek gerus die skakel vir meer inligting: https://share.google/9rKtH6Bvrg6YZU5DS
Rugbyuitslae: 18 April 2026
Hier volg die week se rugbyuitslae:
Netbaluitslae: 22 April 2026
Hier volg die week se netbaluitslae:
Hokkie-uitslae: 16 April 2026
Hier volg die week se hokkie-uitslae:
Wêreldboekedag sukses!
Wêreldboekedag was ’n groot sukses! Dit was ’n vreugde om al die verskillende Jaco Jacobs-boekkarakters te sien en die ongelooflike moeite wat leerders met hul kostuums gedoen het. Baie dankie aan al die leerders, ouers en onderwysers wat bygedra het om hierdie dag so spesiaal en suksesvol te...
Koffie-en-Beskuit Konsert: Dinsdag, 28 April 2026
Ons volgende oggendkonsert vind Dinsdagoggend, 28 April, in die NASORG plaas. Die volgende leerders tree op: Pierre du Toit - Klavier Arjen Faling - Klavier Antjie Samuel - Klavier Jamie Jordaan - Klarinet Ferdi Titley - Klavier Lucy le Roux - Klavier Jenna Erasmus - Dwarsfluit Sebastian Scott - Klavier Daar word ook kunswerke van hierdie leerders in die Nasorg uitgestal, waarna julle gerus voor of na die konsert kan kyk. Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge: * Deelnemende leerders meld stiptelik 07h45 in die Nasorg aan met hul instrument. Juf Bea en/of mnr Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem. * Elke deelnemende leerder bring een of twee maatjies saam om die konsert by die woon. Ons het ongelukkig nie spasie om meer leerders te akkommodeer nie. * Ouers is welkom om te kom luister - bring gerus koffie saam! * Gebruik asb die deur by die Nasorg om in te kom - die senior koor oefen in die saal, en ons wil hulle nie steur nie. Tyd: 08h00 - 08h30 Plek:...
Senior en Junior Kore tree op by JvR Hoërskool Massa-Reünienaweek Musiekaand
Ons senior en junior kore sien baie daarna uit om saam met die JvR Hoërskoolkoor en -ensemble, by die JvR Hoërskool Massa-Reünienaweek Musiekaand op te tree! Hier volg meer inligting: Datum: Donderdagaand, 7 Mei Plek: NG Kerk Tamboerskloof Tyd: Die konsert begin 18h00. Kaartjies: R20 per persoon. Daar sal ’n skakel op die Senior en Junior kore se WA-groepe uitgestuur word, waar kaartjies gekoop kan word. Kaartjies sal ook by die deure te koop wees. JUNIOR KOOR: * Kleredrag: Skoolsweetpak (skoolhemp, sweetpakbaadjie met die oranje strepies, sweetpakbroek, wit sokkies, SLEGS wit tekkies) en netjies hare met die koor-strikkies (daar sal voor die konsert vir elke dogter uitgedeel word). * Arriveer: Die junior koor moet stiptelik om 16h45 by die kerk aanmeld. Hulle gaan deelneem aan die massa kooritem aan die einde, en al die kore en orkes oefen dit saam in die kerk voor die konsert. Dit gaan vir hulle ’n belewenis wees! SENIOR KOOR: * Kleredrag: Formele Skooldrag. Dogters: geruite rompie, skoolhemp, soft-shell baadjie, swart sykouse, swart skoolskoene. Seuns: beige langbroek, skoolhemp, soft-shell baadje, donkerblou skoolsokkies, swart skoolskoene * Arriveer: Die senior koor moet stiptelik om 16h30 by die kerk aanmeld. Hulle gaan deelneem aan die massa kooritem aan die einde, en al die kore en orkes oefen dit saam in die kerk voor die konsert. Dit gaan vir hulle ’n belewenis wees! Hou asb die Senior en Junior kore se WA-groepe dop vir meer inligting. Kontak ook gerus vir juf Rolene met enige vrae....
Belangrike Datums
julie 2026
augustus 2026