Ons senior en junior kore sien baie daarna uit om saam met die JvR Hoërskoolkoor en -ensemble, by die JvR Hoërskool Massa-Reünienaweek Musiekaand op te tree! Hier volg meer inligting:
Datum: Donderdagaand, 7 Mei
Plek: NG Kerk Tamboerskloof
Tyd: Die konsert begin 18h00.
Kaartjies: R20 per persoon. Daar sal ’n skakel op die Senior en Junior kore se WA-groepe uitgestuur word, waar kaartjies gekoop kan word. Kaartjies sal ook by die deure te koop wees.
JUNIOR KOOR:
* Kleredrag: Skoolsweetpak (skoolhemp, sweetpakbaadjie met die oranje strepies, sweetpakbroek, wit sokkies, SLEGS wit tekkies) en netjies hare met die koor-strikkies (daar sal voor die konsert vir elke dogter uitgedeel word).
* Arriveer: Die junior koor moet stiptelik om 16h45 by die kerk aanmeld. Hulle gaan deelneem aan die massa kooritem aan die einde, en al die kore en orkes oefen dit saam in die kerk voor die konsert. Dit gaan vir hulle ’n belewenis wees!
SENIOR KOOR:
* Kleredrag: Formele Skooldrag. Dogters: geruite rompie, skoolhemp, soft-shell baadjie, swart sykouse, swart skoolskoene. Seuns: beige langbroek, skoolhemp, soft-shell baadje, donkerblou skoolsokkies, swart skoolskoene
* Arriveer: Die senior koor moet stiptelik om 16h30 by die kerk aanmeld. Hulle gaan deelneem aan die massa kooritem aan die einde, en al die kore en orkes oefen dit saam in die kerk voor die konsert. Dit gaan vir hulle ’n belewenis wees!
Hou asb die Senior en Junior kore se WA-groepe dop vir meer inligting. Kontak ook gerus vir juf Rolene met enige vrae.