Karri-donasie vir terrein-, nasorg- en snoepiepersoneel
Indien jy graag ‘n kersdonasie d.m.v. Karri vir die terrein-, nasorg- en/of snoepiepersoneel by die laerskool wil bydra, is jy welkom. Die Karri-insameling maak binnekort oop.
Biblioteek sluit vroeër: 18 November 2024
As gevolg van leerders wat vroeër verdaag sal die biblioteek ook vanaf Maandag, 18 November, vir die res van die kwartaal om 14:30 sluit. Vir enige navrae, kontak vir Marecia by marecia@jvrprim.co.za
HS Jan van Riebeeck-busvervoer
SUIDELIKE VOORSTEDE: OceanView, Glencairn, Vishoek, Muizenberg, Lakeside, Dieprivier, Wynberg, M3: NOORDELIKE VOORSTEDE: Brackenfell, Bellville, Parow, Goodwood: WESKUS (MILNERTON/TABLEVIEW/BLOUBERG/MELKBOS): Kliek op die onderstaande skakel VIR DIE BETROKKE ROETE, vul dit in en maak seker u submit. Sodra u dit gedoen het, sal ons ontvangs erken en al die verdere nodige inligting, kostes, roetes en tye aan u stuur om die aansoek af te handel. U sal op die blou skakel nadat u daarop ingegaan het, al die stoppunte sien waar die bus 2024 gestop het. Ons neem voorstelle vir nuwe stoppunte in ag. Kliek hier vir meer inligting: BUSVERVOER INLIGITNG Kliek hier vir meer inligitng oor aansoeke: AANSOEK INLIGITNG Om aansoek te doen vir die busdiens van Jan van Riebeeck, kliek op die toepassende blou skakel vir die onderskeie roetes. U sal ontvangs erkenning kry, met verdere aansoek dokumente. SUIDELIKE VOORSTEDE: OceanView, Glencairn, Vishoek, Muizenberg, Lakeside, Dieprivier, Wynberg, M3: https://forms.gle/ccSbwCVTX1eMKh556 NOORDELIKE VOORSTEDE: Brackenfell, Bellville, Parow, Goodwood: https://forms.gle/vD29isRnv3uTutSU6 WESKUS (MILNERTON/TABLEVIEW/BLOUBERG/MELKBOS): https://forms.gle/G3PpHUT27eePVLfz7 Vir enige ander navrae, kontak: Theresa Lombard ...
Skool verdaag vroeër: 15 Nov – 10 Des 2024
Neem asseblief kennis dat die skool vanaf Vrydag, 15 November tot Dinsdag, 10 Desember vroeër sal verdaag: Grondslagfase - 13:00 Intersenfase - 13:15
Jan Kas tye: Aangepas
Neem asb. kennis dat Jan Kas Dinsdae- en Donderdaemiddae vroeër sal oop wees a.g.v. die skool wat vroeër verdaag. Ma & Wo - 07:00 - 08:00 Di & Do - 12:30 - 13:30
2025 Jan van Riebeeck-gholfdag
Vind asb. aangeheg inligting vir die 2025 Jan van Riebeeck-gholfdag. Daar is slegs 12 x 4 balle beskikbaar. Neem kennis dat gholfkarretjiebesprekings vir jou eie rekening sal wees en direk by die proshop bespreek moet word. Kontak mnr. Rashard vir besprekings, borgskap van pryse of putjies en navrae indien u enige het. 067 311 8914 of sport@jvrprim.co.za [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2024/11/GOLF-DAY.pdf" title="GOLF...
Redenaars 2025: Inligtingsessie
Hier volg meer inligting oor die redenaars 2025 inligtingsessie: Vul asseblief hierdie vorm in, indien jy die inligtingsessie gaan bywoon: INLIGITINGSESSIE VORM Maak asseblief seker jy is op die redenaars WhatsApp-groep, sodat jy nie belangrike inligting mis nie. Ls JvR Whatsapp Community: Redenaars (Ls...
Terugvoer: Meningspeiling 2024
Hiermee gee ons graag terugvoer rakende die meningspeiling 2024 wat 245 ouers/voogde van ons laerskool voltooi het. Ons voel uiters bevoorreg dat daar soveel deelname aan hierdie meningspeiling was wat gedurende Junie 2024 geloods is. Die idee met die opname was om te bepaal of die skool vanaf die vorige opname wat gedurende 2021 versprei is, verbeter het. Ons kan met dankbaarheid deel dat daar heelwat aspekte van ons skool is wat ons vanuit daardie meningspeiling kon aanspreek en verbeter. Dit is dus waardevol om soveel moontlik van ons ouers/voogde se insette te ontvang sodat daar deursigtige besluite geneem kan word om die hele skoolgemeenskap te verbeter en te bevoordeel. Met die kind as ons hooffokus, bly dit ‘n plesier om uitnemendheid as ‘n holistiese benadering na te streef. Vanuit hierdie jaar se opname blyk dit duidelik te wees dat ons leerders baie gelukkig in ons skool is en dat ons skool hoë gehalte onderrig op verskeie vlakke lewer. Hierdie twee aspekte dien as die hoofrede waarom Laerskool Jan van Riebeeck doen wat ons doen en weet dat ons voordurend moet bly verbeter op die twee aspekte om dit ons prioriteit te hou. Die volgende punte staan duidelik uit in die meningspeiling: Leerders moet die vrymoedigheid ontwikkel om vrae te vra indien daar iets is waarvan hulle onseker voel; Boelie-insidente: Ons het ‘n aksieplan saamgestel wat reeds in die skool geïmplementeer is. Ons sal meer oor hierdie konsep aan ons leerders en ouers/voogde in onder andere die nuusbrief kommunikeer soos ons alreeds 'n paar keer gedoen het; Groepsgesprekke sal met bepaalde graadgroepe georganiseer word. ‘n Deskundige sal hierdie gesprekke...
Om jou “moeilike” kind te dissiplineer? Is dit moontlik?
Ongeag hoe “maklik” en aangenaam jou kind voor ander mense optree of ál die sosiale reëls nakom, sien jy as ouer dikwels ‘n totaal ander kind by die huis. Gelukkig, met meer kennis asook ‘n bietjie kreatiwiteit is daar maniere om op ‘n vreedsame manier ‘n moelike kind te dissiplineer en ook te leer om konfliksituasies te hanteer. As ouers kan ons nie verwag dat ons kinders te alle tye hulle uitsonderlik goed moet gedra nie. Kinders is besig om hul plek in die wêreld te vind en te leer om ‘n magdom nuwe emosies te hanteer. Daar is gewoonlik ’n paar redes vir hierdie gedrag: ‘n Soeke na onafhanklikheid: onafhanklikheid is een van die vroegste sosiale vaardighede wat ‘n kind móét leer. Dit is dikwels die rede vir moeilik hanteerbare gedrag. Wat hulle eintlik vir ons probeer sê is: “Ek wil dit ‘n slag op mý manier doen!” ‘n Poging tot kontrole en om in beheer te voel: selfs as ‘n volwassene voel ons frustreerd wanneer ons nie beheer het oor ‘n sekere situasie nie. Dikwels,wat vir ons na swak gedrag lyk, is dalk net ons kind se manier om vir ons te probeer sê: ”Los alles en luister net na my…ek wil gehoor word!” ‘n Soeke na aandag: kinders tree gewoonlik buite die grense op as ‘n manier om die aandag op hulle te vestig. Onthou, kinders ervaar emosies net so intens soos ons, hulle het dikwels net nog nie die taal om dit te verwoord nie. Dit kan uitspeel in ‘n gebrek aan kontrole en frustrasie. Ander redes: dit is normaal vir die maklikste kind om...
Versoek om Uitstaande Biblioteekboeke Terug te Stuur
Oor die afgelope paar jaar het daar verskeie persone in beheer van ons skoolbiblioteek gewissel, en ons werk tans daaraan om ons rekords op te dateer en seker te maak dat alle biblioteekboeke teruggestuur word. As jou kind steeds biblioteekboeke by die huis het, vra ons asseblief dat dit so gou moontlik terug na die skool gestuur word. Dit sal help om 'n akkurate inventaris te behou en te verseker dat alle leerders toegang het tot die hulpbronne wat hulle nodig het. Baie dankie vir die samewerking en ondersteuning in hierdie...
Kerskonsert: 28 November 2024
28 November 2024 om 19:00 | Skoolsaal R50 pp - Kaartjies op Karri beskikbaar
Prysuitdeling 2024
Prysuitdelingsgeleenthede vir 2024 vind in ons skoolsaal op die volgende dae en tye plaas: Maandag, 2 Desember: Graad 1 om 8:30; Graad 2 om 10:00; Graad 3 om 11:30 Dinsdag, 3 Desember: Graad 4 – 09:00; Graad 5 – 11:30 Donderdag, 5 Desember: Graad 6 - 09:00; Graad 7 – 18:00 Let asb. op die volgende: 1) Alle leerders (gr. 1-7) in die skool ontvang 'n sertifikaat met unieke akademiese-, persoonlike kommentaar, sowel as aktiwiteite waaraan die leerder deelgeneem het. 2) Gr. 4-7: Ontvang Top 3 graadpryse vir Afrikaans, Engels (EAT en HT) sowel as Wiskunde. 3) Gr. 5-7: Ontvang Top 10-medaljes vir graadposisies 4) Indien jou kind nie die prysuitdeling kan bywoon nie, moet jy asb. die bepaalde registeronderwyser in kennis...
Tennis: 6 November 2024
Hier volg die week se tennisuitslae:
Krieket: 7 November 2024
Hier volg die week se krieketuitslae:
Hoe leer ek my kind om verantwoordelikheid vir foute te aanvaar?
Dis so moeilik vir ons as ouers om ons leerders die geleentheid te bied om self foute te maak en dan verantwoordelik vir hierdie foute te aanvaar. Hoe moet ons dit hanteer? Lees gerus hier oor die advies wat Marike Badenhorst vanuit die Zen Den aan ons bied. Hoe leer ek my kind om verantwoordelikheid vir hulle foute te aanvaar? Ongeag ‘n ouer se poging om die waarde van eerlikheid by jou kind te vestig, lyk dit soms of hy/sy enige iets doen om nié verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar nie. Hoekom nie? Hier volg moontlike redes waaraan ons as volwassenes nie altyd dink nie: Vrees vir kritiek (disapproval): Jou kind mag bang wees om jou/die onderwyser/vriende teleur te stel. Deur nié verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar nie, hoop hulle om die negatiewe gevolge te ontduik wat mag volg. Hoe wil ek hê moet ander my sien? Kinders, net soos volwassenes, wil gesien word as goed, bekwaam en eerlik. Daarom “beskerm” hulle hierdie beeld deur die blaam op iemand te verskuif of te ontken hulle is skuldig. Hulle glo hulle gaan dan nie gekonfronteer word of iemand nie teleurstel nie. Om die gevolge te vermy: Deur die blaam op ander te plaas, hoop die kind hy/sy gaan die gevolge vryspring wat hy/sy weet gaan volg en waarvoor hy/sy ie kans sien nie. Gebrek aan emosionele regulering: Soms is die emosies wat mag volg – skaamte, skuldgevoelens/ verleentheid – vir die kind nét te veel om te hanteer. Om die blaam te verskuif, gebruik hulle hierdie verdedigingsmeganisme om nié hierdie uitdagende emosies in die oë te kyk nie. So, wat kan ons...
Belangrike Datums
julie 2026
augustus 2026