Advertensies: WhatsApp-groep

Sluit aan by ons Advertensies WhatsApp-groep!  Ons plaas 1 keer 'n week advertensies hier wat ook in ons nuusbrief verskyn. Druk HIER om aan te sluit.

Ouer-kind Sportdag: Saterdag, 25 Januarie

Liewe Ouers, Baie dankie dat julle vir ons jaarlikse Ouer-Kind Sportdag ingeskryf het! Neem asseblief kennis dat die dag om 08:30 sal begin en rondom 12:00 sal eindig. Daar sal 'n snoepie beskikbaar wees, asook boereworsrolle en pannekoeke te koop wees. Ons nooi julle uit om ons plaaslike verskaffers te ondersteun. Ons het ons bes gedoen om alle spanne soveel as moontlik speeltyd te gee, en ons vra vriendelik dat alle spanne teen 08:30 teenwoordig sal wees, sodat ons die program kan volg wat môreoggend aangekondig sal word. Trek asseblief gemaklik aan en let daarop dat daar geen toks toegelaat word nie. Alle nodige toerusting sal voorsien word. Ons sien uit daarna om almal te huisves en 'n wonderlike dag saam te geniet! Sien almal môre! Groete,...

Verlore goedere: Nuwe Reëlings

Daar is soveel aspekte van Jannie-wees, maar een wat uitstaan, is om ons skooldrag en persoonlike besittings so goed moontlik op te pas. Verlore goedere bly 'n onnodige kopseer vir Jannies. As ons die skool se waardes regtig wil eerbiedig, moet ons eerlik met onsself wees en bewus word van ons verantwoordelikheid om na ons besittings om te sien. Ons moet respek vir onsself en ons besittings hê sodat ons skool nie nodig het om verlore goedere te bestuur nie. Wanneer ons iets sien rondlê wat aan iemand anders behoort, is dit die regte ding om dit aan die persoon te oorhandig. Op hierdie manier gee ons vir mekaar om. Jannie-wees is maklik, want ons elkeen kyk na ons eie besittings. Hoe gaan verlore goedere van nou af hanteer word? Verlore goedere wat gemerk is, gaan 2 keer 'n week aan leerders uitgedeel word. Goedere wat nie gemerk is nie, sal vir 1 week in juf. Helene (gr.1S) se klas beskikbaar wees. Leerders of ouers kan dit onder toesig daar kom soek. Iemand sal tot 15:00 in die middae in haar klas beskikbaar wees.  Goedere wat na 'n week nie afgehaal is nie, sal verwyder word en as tweedehandse items verkoop word.  Maak asseblief seker jou kind se items is alles duidelik...

Ballet vir Dogters en Seuns

Ons is opgewonde om met julle te deel dat ons balletprogram vinnig vol raak! Ons moedig julle aan om jul kind so gou moontlik in te skryf, aangesien daar beperkte plekke beskikbaar is. Moenie hierdie wonderlike geleentheid misloop vir jou kind om deel van ons balletprogram te wees...

Marimba Club

Marimba Club is ‘n opwindende nuwe buitemuurse musiekaktiwiteit by ons skool. Hierdie program bied leerders die kans om marimba te speel, wat musikale vaardighede, spanwerk en kreatiwiteit bevorder. Dit is ‘n vrolike manier om musiektalente te ontwikkel en deel te wees van ‘n dinamiese groep. Ons nooi alle leerders uit om deel te neem en hierdie ervaring te geniet! Kliek HIER om die demonstrasie te...

Geagte Ouers / Voogde – 24 Januarie 2025

Ek is baie opgewonde om die jaar saam met julle af te skop. Alle skoolaktiwiteite is met die aanvang van die 2de week van die nuwe kwartaal in volle swang en alles loop klopdisselboom. Op Maandag, 20 Januarie 2025, het die buitemuurseprogram amptelik afgeskop en ons is baie opgewonde oor die deelname van leerders aan die verskillende somersportkodes. Baie dankie aan al die ouers/voogde vir julle aandeel om jul kinders te motiveer om vanjaar weer aktief aan skoolsport deel te neem en dit saam met hul maats te geniet. Baie geluk aan die volgende leerders (alfabeties) wat op Dinsdag, 21 Januarie, tydens die saalbyeenkoms hul leerderraadbalkies ontvang het: Rudi Badenhorst Jack Dawes Abigail Fourie Ben Esterhuyse Gusto Hoogendyk Nils le Roux Elisabet Marais Johannes Mouton Dané Olivier Vincent Oosthuizen Stella Pansegrouw Katryn Silvis Amelie van der Walt Annalene Viljoen Baie dankie aan hul trotse ouers wat die spesiale geleentheid bygewoon het om die tradisionele aansteek van hul balkies te behartig. My beste wense vergesel die 2025 leerderraad vir die belangrike rol wat hulle vanjaar as leerderleiers by ons skool gaan speel. Graag wil ek al ons ouers/voogde wat die gewilde inligtings- en bekendstellingsaand op Donderdag, 23 Januarie 2025, bygewoon het, hartlik bedank. Al was daar elders musiekopvoerings, was dit werklik ‘n riem onder die hart om te sien dat soveel ouers/voogde werklik betrokke by sy/haar kind se skool wil wees en dit koester om deel van ‘n spesiale skoolgemeenskap te wees. Laat my toe om ons uittredende OOV-voorsitter, Coreen Scholtz, en haar span hartlik te bedank vir die puik reëlings en harde werk wat die sukses van die aand...

Nuwe leesprogram: Lees 101

Verlede week het ons ouers/voogde aangemoedig om na die opnames van ons skool se opvoedkundige sielkundige, Marike Badenhorst, op RSG te luister. Hierdie week wil ons 'n splinternuwe leesprogram (Lees101) wat op Netwerk24 beskikbaar is, bekendstel.  Hierdie program fokus daarop om ouers/voogde advies te gee oor lees en waarom lees belangrik is. Dit bestaan uit 12 episodes. Ons skool is so bevoorreg om hierdie bemarkingsblootstelling te ontvang aangesien die geletterdheidsentrum (biblioteek) en Zen Den as aanbiedingsruimte gebruik is.  Ongelukkig sal slegs lede wat ingeteken is, toegang tot hierdie platform ontvang. KLIEK HIER om na die skakel te...

Korrekte skooldrag 2025

Let asseblief op die skrywe hier onder sodat jou kind die regte skooldrag van die begin af dra: Grondslagfase (Graad 1 - 3): Dogters:  Hempie (mouloos of moue) met skort of sportbroekie + kaalvoet/ donkerblou plakkies/tekkies met wit sokkies Seuns: Hempie met sportbroekie + kaalvoet/ donkerblou plakkies/tekkies met wit sokkies Koue dae: skoolsweetpaktop en/of broek. Intersenfase (Graad 4 - 7) Dogters: Hempie soos in Grondslagfase met geruite rompie en/of netjiese donkerblou kortbroek + kaalvoet/ donkerblou plakkies/swart skoolskoene met wit sokkies Seuns: Hempie soos in Grondslagfase met netjiese, donkerblou kortbroek/khaki langbroek + kaalvoet/ donkerblou plakkies/swart skoolskoene met lang, donkerblou kouse met wit strepies Koue dae: Langmou hempie en/of soft shell donkerblou baadjie - GEEN sweetpaktop nie! LET WEL: Sportdrag mag slegs op LO-dae skool toe gedra word. Indien jou kind sport direk na skool het, moet die rompie/broekie vinnig met die sportbroekie gedurende tweede pouse of na skool vervang word. Wedstryddrag mag slegs op wedstryddae skool toe gedra word. Help ons asseblief om ons korrekte skooldrag met trots te...

Marike Badenhorst: Groeipyne potgooi

Ons is so bevoorreg om te kan spog dat ons skool se opvoedkundige sielkundige, Marike Badenhorst, hierdie vakansie op RSG met Anthea Frederiks op die program Groeipyne gesels het. Hierdie twee opnames volg so mooi op die Jannie Gesprekke soos sy dit tydens kwartaal 4 in ons nuusbrief gepubliseer het.  Marike deel graag praktiese advies en wenke met ouers.  Luister gerus na die potgooi-uitsendings: 1) 26 Desember:  Bou só gesonde gesinsverhoudings - RSGplus 2) 2 Januarie 2025: Groeipyne 2 Januarie 2025 - Groeipyne - Omny.fm...

Bekendstellingsfunksie Kosbestellings: Do, 23 Januarie 2025

Donderdagaand, 23 Januarie, is ons Bekendstellingsfunksie by die laerskool. Oudergewoonte sal Stan van Boulevard 82 se “Foodtruck” weer na afloop van die inligtingsessie regstaan met voorafbestelde etes en sal daar ook ‘n SnapScan kroeg beskikbaar wees. Kies asseblief uit die volgende ete opsies. Bestellings moet teen Maandagmiddag, 20 Januarie op Karri geplaas word.  Karringmelk gebraaide hoenderburger en tjips - R150 180g Beesvleisburger met roket, tamatie, cheddar en tjips - R165 Salmon “poke bowl” met avokado, julienne groente, gepekelde gemmer en Japanese mayonnaise - R175 Groente burger en tjips -...

Jan Kas: Meer inligting

Jan Kas: Meer inligting

Aan al ons nuwe Jannies, baie welkom by ons! Jan Kas is Laerskool Jan van Riebeeck se klerewinkel.   Waar kan jy ons kry? Die Jan Kas Winkel > 52 Kloofstraat se ingang > Volg die oprit en gaan af by die trappe aan jou regterkant > Die winkel sit links op die hoek Aanlyn Winkel Ons het ook 'n aanlynwinkel waar jy enige tyd van die dag 'n bestelling kan plaas. Ons laai jou pakkie dan sommer by jou kind se klas af.  Maak asseblief seker dat jy jou kind se graad en klas by die notas invul, bv. gr.4H KLIEK HIER OM DIE AANLYNWINKEL TE BESOEK Winkeltye is as volg: Leerders is meer as welkom om gedurende hierdie tye op hul eie klere te kom aanpas. Stuur net vroegtydig vir my 'n boodskap met instruksies, sodat ek hul kan laat roep en met die regte items help.   Vir enige navrae, kontak vir Megan op WhatsApp: 067 448 4943 of per e-pos by...

 Geagte Ouers / Voogde  – 17 Januarie 2025

 Geagte Ouers / Voogde  – 17 Januarie 2025

‘n Hartlike welkom terug by ons geliefde skool. Groot opwinding het geheers saam met hoë energievlakke op Woensdagoggend, 17 Januarie 2025, tydens die opening van die skool na die heerlike somervakansie. Selfs ‘n ligte reënbui vroegoggend voor skool kon nie die opwinding demp nie en vanaf 07:00 het ‘n asemrowende reënboog sy stille verskyning oor Seinheuwel en Leeukop gemaak om amper simbolies ons leerders terug by die skool te verwelkom. Ons graad 1’s is spesiaal met ope arms deur die nuwe leerderraad ontvang en sonder enige trane na hul onderskeie klaskamers vergesel. Dit was so lekker om al ons leerders, ouers/voogde en personeel weer te sien, hande te skud, drukkies te gee en sommer net lekker te gesels oor die wonderlike vakansie-ervarings asook die opwindende jaar wat voorlê. Ek vertrou almal het ‘n heerlike vakansie en ‘n geseënde Kerstyd saam met familie en vriende geniet. Ek glo almal se spreekwoordelike batterye is ten volle herlaai en slaggereed om die nuwe jaar aan te pak. Sterkte ook met al die nuwejaarsvoornemens! Volgens nuttelose statistieke in die verband, eerbiedig slegs 15% van mense hul nuwejaarsvoornemens, maar kom ons kyk of ons hulle verkeerd kan bewys. Laat my toe om veral ons nuwe leerders en ouers/voogde hartlik by die LS Jan van Riebeeck-familie te verwelkom. Ek weet julle sal sommer vinnig inskakel en deel word van ‘n trotse omgee-skoolgemeenskap. Laat my toe om weereens vir almal ‘n wonderlike en voorspoedige 2025 toe te wens. ‘n Nuwe jaar bring nuwe geleenthede, nuwe lesse, en nuwe uitdagings – kom ons maak die beste daarvan gebruik. Dit is dan ‘n riem onder die hart om...

Belangrike Datums

julie 2026

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor