Ons is so bevoorreg om te kan spog dat ons skool se opvoedkundige sielkundige, Marike Badenhorst, hierdie vakansie op RSG met Anthea Frederiks op die program Groeipyne gesels het. Hierdie twee opnames volg so mooi op die Jannie Gesprekke soos sy dit tydens kwartaal 4 in ons nuusbrief gepubliseer het.
Marike deel graag praktiese advies en wenke met ouers. Luister gerus na die potgooi-uitsendings:
1) 26 Desember: Bou só gesonde gesinsverhoudings – RSGplus
2) 2 Januarie 2025: Groeipyne 2 Januarie 2025 – Groeipyne – Omny.fm