Daar is soveel aspekte van Jannie-wees, maar een wat uitstaan, is om ons skooldrag en persoonlike besittings so goed moontlik op te pas. Verlore goedere bly ‘n onnodige kopseer vir Jannies.

As ons die skool se waardes regtig wil eerbiedig, moet ons eerlik met onsself wees en bewus word van ons verantwoordelikheid om na ons besittings om te sien. Ons moet respek vir onsself en ons besittings hê sodat ons skool nie nodig het om verlore goedere te bestuur nie. Wanneer ons iets sien rondlê wat aan iemand anders behoort, is dit die regte ding om dit aan die persoon te oorhandig. Op hierdie manier gee ons vir mekaar om.

Jannie-wees is maklik, want ons elkeen kyk na ons eie besittings.

Hoe gaan verlore goedere van nou af hanteer word?

  • Verlore goedere wat gemerk is, gaan 2 keer ‘n week aan leerders uitgedeel word.
  • Goedere wat nie gemerk is nie, sal vir 1 week in juf. Helene (gr.1S) se klas beskikbaar wees.
  • Leerders of ouers kan dit onder toesig daar kom soek.
  • Iemand sal tot 15:00 in die middae in haar klas beskikbaar wees. 

Goedere wat na ‘n week nie afgehaal is nie, sal verwyder word en as tweedehandse items verkoop word. 

Maak asseblief seker jou kind se items is alles duidelik gemerk.