SENIOR KOOR: Maart Oefenkampe
Daar lê twee oefenkampe vir die senior koor voor, waartydens ons gaan fokus op die finale afronding van die musiek vir die Mzanzi Conductors Convention. Waar: LJvR Skoolsaal Saterdag, 1 Maart: Tyd: 08h00 – 13h30 Kleredrag: Informeel en gemaklik. Kos: Ons vra dat elke ouer asseblief middagete, ‘n peuselhappie en water vir jou kind sal inpak. Ons begin stiptelik om 08h00 - ons sal vir die leeders tye gee om te ontspan en iets te eet tussen ons oefensessies. Donderdag, 6 Maart: 07h45 – 08h45 (Gewone oefentyd) 14h00 – 17h00 (Geen sport of buitemuurse aktiwiteite vir koorlede op hierdie middag nie). Ons sal 14h30 vir die leerders middagete voorsien. Pak asseblief peuselhappies en water in vir die res van die middag. Neem asseblief kennis van die volgende: Alle leerders moet stiptelik na afloop van die oefenkampe opgetel word. Die agterste hek sal oop wees vir gebruik. Maak seker jou kind bring genoeg water om gedurende die oefensessies te drink. Die snoepie is nie oop nie, en geen kind sal toegelaat word om die skoolgronde te verlaat tydens die kooroefening of pouses nie. Laat weet asseblief indien jou kind nie ‘n oefenkamp kan bywoon nie – ons kan nie ‘n koorlid by die MCC laat optree as hy/sy ‘n oefenkamp mis en die ouer nie verskoning gemaak het nie. Ons hoop om alle koorlede teenwoordig te hê. Ons sien uit na twee heerlike oefeninge! Vra gerus indien daar onsekerheid is oor iets. Vriendelike groete, Rolene van...
Dapperstappers en Welwillendheid smelt saam!
Kom geniet 'n vroegoggend-stappie op Melkbos se strand en help ons om die strand skoon te maak. Wat moet jy saambring: 'n Waterbottel en peuselhappie Gemaklike klere en sonroom Ons voorsien die sakke en handskoene (vir die opruim). Sien julle Saterdag, 1 Maart om 07:30 by...
Klasbraai: 21 Februarie 2025
Ons sien uit na ons jaarlikse klasbraai wat vanaand vanaf 18:00 by die Conradieveld plaasvind. Kom kuier asb. saam deur ou en nuwe Jannie-vriendskappe te koester. Bring gerus jou eie piekniekmandjie of vleisie, kampstoele, komberse, ens. saam. Ons voorsien braaidromme en -hout. Die braaidromme word in graadgroepe van stygende orde (gr. 1 – 7) vanaf die hek tot by die klubhuis gerangskik. Kom kuier lekker saam waartydens ons die mooiste uitsig in die land kan...
Geagte Ouers / Voogde – 14 Februarie 2025
Dit is nie aldag dat die nuusbrief op ‘n Valentynsdag gepubliseer word nie. Vandag word Valentynsdag wêreldwyd gevier waar mense die geleentheid gebruik om die liefde te vier. Verseker sien sommige mense Valentynsdag as ‘n kommersiële foefie en ‘n geldmaakspul, maar tog word hierdie gewilde dag geassosieer met die stuur van kaartjies, geskenke en blomme aan ‘n geliefde. Volgens nuttelose statistieke het die Amerikaners in 2023 meer as $26 miljard aan Valentynsdag spandeer. Dalk gaan President Trump hiervoor ook ‘n stokkie steek. Vandag vier ons egter as leerders en personeel saam die liefde en omgee vir mekaar en trek ons tradisioneel ‘iets’ rooi, pienk en/of wit aan. Op ‘n manier sluit die Valentynsvieringe by een van ons kernwaardes, naamlik OMGEE, aan. Ons kinders word groot in ‘n era en ‘n wêreld waar alles resultaatgedrewe en materialisties van aard is. Ons vergeet dat ons kosbaarste kommoditeit nie in die bank lê nie en dat liefde alle kwaad oorwin. Die leerders kan verseker ook nie vir die gewilde Valentynsdagverkope wat tydens eerste pouse plaasvind, wag nie. Baie dankie aan al ons ouers/voogde vir al die wonderlike Valentynsdagitems wat te koop is. Ek hoop en vertrou dat julle ook op hierdie Valentynsdag tot in die afgrond bederf sal word, julle jul geliefdes sal bederf en mag ons nooit die krag van liefde en vergifnis onderskat nie. Daar is vandag ontelbare mense in die wêreld wie se mees basiese behoefte om geliefd te wees, nie eers amper vervul word nie. Die rede hiervoor is seker dat die mensdom vandag so behep is met hul eie dinge en gefokus is om hul eie doelwitte...
Krieketuitlsae: 12-13 Februarie 2025
Sien die week se krieketuitslae hier onder:
Tennisuitslae: 12 Februarie 2025
Sien die week se tennisuitslae hier onder:
Wat sien ons kinders raak en wat gaan hulle daarmee doen?
As ouers beïnvloed ons gedrag ongelukkig die dag-tot-dag keuses wat ons kinders maak. Dit is dikwels bepalend van die mens wat hy of sy gaan word. Hierdie gemoduleerde en aangeleerde gedrag, goed of sleg, word soms van een geslag na ‘n ander oorgedra. Kom ons kyk na ‘n paar voorbeelde: HOE JY KONFLIK, WOEDE EN STRES HANTEER Ons is uitstekende “skeidregters” en “afrigters” wanneer ons ons kinders leer hoe om woede en konflik te hanteer, Maar die beste leerskool bly egter jou eie optrede: hoe jý jóú emosies uitdruk. Die wyse waarop jy jou eie angs en spanning bestuur, gaan waarskynlik bepaal hoe jou kind dit eendag gaan hanteer. Dit geld ook vir konfliksituasies. Om deur jou eie optrede te demonstreer hoe om te verskil asook hoe om moontlike oplossings te vind, leer jy hom of haar die mag wat konstruktiewe kommunikasie in verhoudings kan hê. Wys hulle die belangrikheid van verskillende perspektiewe en opinies, maar ook watter grense jy stel as dit by verskille kom. DIE MANIER HOE JY OOR JOUSELF EN ANDER PRAAT Ons almal ken die gesegde: “As jy nie iets goeds van iemand kan sê nie, sê eerder niks.” Om jou kind te leer om versigtig te wees wat hulle sê en om nie woorde te gebruik wat kan seermaak nie, gaan hulle help om in die toekoms sterk verhoudings te bou. Vermy dit om negatief oor onderwysers, afrigters of jou vriende te praat. Om daarop ingestel te wees om vir jou kind iemand se optrede in perspektief te stel, al is hy of sy verkeerd, leer jy jou kind om met empatie en ‘n...
Senior Swemgala, 7 Februarie
Sien die uitslae van die senior swemgala hier onder:
Interskole Atletiekbyeenkoms: Program
Dinsdag, 18 Februarie, neem 62 van ons atlete deel aan die jaarlikse Interskole atletiekbyeenkoms. Dit vind plaas by die sportvelde van Hoërskool Jan van Riebeeck. Alle atlete moet die skool se atletiekdrag dra: die oranje JvR-hemp met sportbroek/-romp. Alle atlete moet om 07:45 op die pawiljoen aanmeld by meneer Rashard. Die dag begin stiptelik om 08:30 en sal ongeveer om 14:30 klaar wees. Atlete wat moet teruggaan skool toe, sal na afloop van die byeenkoms terug skool toe gebring word. Sien die volledige program hier onder: [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2025/02/Interskole-PROGRAM.pdf" title="Interskole -...
Kwartaal 1 Musiekkonserte
Dit is amper weer tyd om musiekkonsert te hou! In Maart kry elke leerder wie ‘n musiekinstrument speel, ‘n geleentheid om die kwartaal se harde werk op die verhoog ten toon te stel. Ons leerders is nie verplig om deel te neem nie, maar ons moedig almal aan om die geleentheid te gebruik. Alhoewel musiekleerders baie tyd alleen spandeer om te oefen, is musiek ‘n uitvoerende kuns en daarom bedoel om ook met ander gedeel te word. Die konserte sal in klas- of graadverband gedurende skooltyd plaasvind. Sien asseblief die datums vir elke graadgroep. Spesifieke tydsgleuwe sal nader aan die tyd bekend gemaak word. Graad 6: Donderdag, 20 Maart Graad 2,3,7: Maandag, 24 Maart Graad 4,5: Woensdag, 26 Maart Ons nooi alle ouers, familie, en vriende uit om te kom luister en saam met ons die kinders se harde werk en vondering te vier. Indien daar leerders is wat buite die skool musiekles ontvang en graag wil deelneem, kontak my gerus. Groete, Rolene van...
Op soek na rygeleentheid
Ons is opsoek na 'n rygeleentheid soggens vanaf Kaapstad na Stellenbosch, en smiddae terug, vir (enige) 3 dae per week teen vergoeding. Dit word benodig vanaf 1 Maart 2025 vir 'n werkende jong persoon. Kontakpersoon: Adri by 0716861057
HS JvR Opedag, 18 Februarie 2025
Ons wil julle graag uitnooi na ons hoërskool se opedag! Bring julle kinders saam en kom kyk wat ons alles het om te bied. Dit is 'n uitstekende geleentheid om meer te leer oor ons skool en om enige vrae wat julle mag hê, beantwoord te kry. Datum: Dinsdag,18 Februarie 2025 Plek: Hoërskool Jan van Riebeeck, Klooftsraat 129, Kaapstad Tyd: 16:30 begin koshuisetoere; 18:00 Inligtingsessie by die skool Registreer asb. vooraf vir die sessie by die volgende skakel: https://forms.gle/yZA91vANXyXobcUW7 Baie dankie vir julle samewerking en ons sien uit daarna om julle daar te sien!...
Tennisuitslae: 5 Februarie 2025
Sien die week se tennisuitslae hier onder:
Geagte Ouers / Voogde – 05 Februarie 2025
Ek vertrou dat week 4 van die akademiese jaar vir julle vreugde gebring het en min uitdagings. In my nuusbrief van verlede week het ek kortliks na die konsep van tyd verwys en hoe vinnig dit verby snel. Dit het my verder laat dink dat in vandag se moderne, gejaagde lewe, dit vir ouers/voogde moeilik moet wees om al die balle in die lug te hou en dan boonop tyd te maak vir hul kinders, lewensmaat en hulself. Die beste belegging wat jy in jou kind se toekoms kan maak, is om tyd vir jou kind/ers te maak. Dit gee dikwels jou kind/ers die geleentheid om dieper gesprekke te voer, indien hulle dit nodig sou vind, wat tot sterker bande lei. Ek weet dat ons almal net die beste vir ons kinders wil hê, maar dikwels val ons in die strik dat ons deur ons eie oë en ervarings na ons kinders se probleme en uitdagings kyk en vergeet dat kindwees vandag nie meer dieselfde is as toe ons op skool was nie. Die ondersteuning wat kinders vandag by ons skool kry, is ook heelwat beter as toe ons op skool was. Ek dink ook dat ons baie versigtig moet wees om kritiek teenoor onsself en ons kinders uit te spreek sonder nadenke. Dit mag dalk net die vrymoedigheid van ‘n oop verhouding kelder. Ek glo dat doeltreffende kommunikasie nie net uit praat bestaan nie, maar ook luister. Vandag se kinders wil voel hulle word verstaan. Baie dankie dat julle as rolmodelle vir jul kinders optree, na hulle luister en met soveel deernis na hulle kyk wat ons weer...
Krieketuitslae: 6 Februarie 2025
Sien die week se krieketuitslae hier onder:
Belangrike Datums
julie 2026
augustus 2026