Akademiese- en Kultuurweek 2025

Tussen 17–26 September 2025 fokus ons op geïntegreerde, interaktiewe leer deur allerhande leergeleenthede te skep wat die boublokke van ontwikkeling benadruk word. Almal van ons het iewers begin wat ons òf ontwikkel het òf gestaak/verander het – jou stokperdjie of jou loopbaan. Jou nuuskierigheid en vaardighede het iewers of by iemand posgevat. Indien jy by hierdie week op welke manier ook al betrokke wil raak, moet jy asb. vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) kontak. Idees is welkom. Voorlopige program: Ouma- en oupadag (19 Sept.) The Brick Club: uitstallings, werkSwinkels, speel-en-bou Maandag tot Dinsdag, 22-23 Sept.  Curro-musiekfees (23 Sept.) Jannies Talent (25...

Gerhard Conradie in nuwe film

Ons is baie trots om aan te kondig dat die fliek Alma Oppad op 20 Augustus as die openingsfilm van die Silwerskermfees vertoon sal word! Wat hierdie prestasie vir ons skoolgemeenskap ekstra spesiaal maak, is dat twee van ons eie Jannies, Gerhard Conradie en sy sussie, Chrystal, rolle in die film vertolk. Dit is ’n merkwaardige mylpaal vir die Conradie-gesin én ’n inspirasie vir ons jong sterre wat droom van 'n loopbaan in die uitvoerende...

Nuwe Musiekpersoneel

Die Musiekdepartement sien uit na ’n baie opwindende Kwartaal 3, met ’n bedrywige program vir deelname aan die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod, UNISA en Trinity musiekeksamens, sowel as ’n hele paar kooroptredes. Ons verwelkom ook drie nuwe musiekonderwysers, en sien baie uit na die besonderse kennis en vaardigheid wat hulle by ons departement toevoeg.   Klavier - Juf Bea de Wit Viool - Mnr Pieter Joubert Tjello - Mnr Reece Allum   Kom loer gerus volgende kwartaal in om hulle te ontmoet. Intussen wil ek ouers aanmoedig om my te kontak indien jou kind met musieklesse wil begin. Sien die musiekinskrywingsvorm hier onder.   [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2025/06/Musiekinskrywingsvorm-2025.pdf" title="Musiekinskrywingsvorm...

Jannies presteer in ritmiese gimnastiek

Ons het die naweek vier JvR meisies gehad wat by Western Cape Championships for Rhythmic Gymnastics, deelgeneem het. Hulle het die volgende medaljes verower: Silwer Olivia Faling Nina Burger Klara Pfeiffer Goud Emma Kuys Ons is ongelooflik trots op die vier...

Kaapse Afrikaanse Eisteddfod | Spraak Uitslae 2025

Baie geluk aan ons leerders wat aan die Spraak-afdeling van die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod deelgeneem het. Ons leerders het uitstekend gevaar. Die uitslae word aangedui soos dit op die sertfikate verskyn. Die uitslae is as volg: Diploma: 95%-100% Hoogste Lof: 90%-94% Lof: 80%-89% Eervolle Vermelding: 70%-79% Gr.R Afdeling: Voordrag Hoogste Lof: Adele de Wet, Isa Rademan. Lof: Amelie Rossouw, Daniël Oosthuizen, Louis Crotz, Imari Steyn. Gr.1 Afdeling: Voordrag Hoogste Lof: Frannie Samuel, Christopher Styan, Floris Muller, Heike Louw Lof: Hugo Derksen, Lukas Molenaar, Remi Pereira, Lily Jordaan, Rumi Benson, Cara van Rensburg, Joshua du Toit, Emma Kuys, Johannes Smit, Leah Wille, Marlina Maartens, Mathias Ackermann, Luna Coetzer, Emma Venter. Gr.2 Afdeling: Voordrag Hoogste Lof: Cornelia Opperman, Izak Steyn, Peta Partner, Joe Barnard. Lof: Lia Sauer, Lukas de Goede, Martin Crots, Mila Maree, Jude Murray. Gr.3 Afdeling: Voordrag Dilpoma: Jean-Jacques Rossouw Hoogste Lof: Michiel Ackermann, Petronella Gouws Lof: Klara Kemp, Rene Coetzee, Michaela Lawson, Michael Meyer, Sienna-Isabella Kruger, Anna Sophia Leach, Alexander Styan, Deidre Louw, Octavia Ackermann. Eervolle Vermelding: Celeste de Wet Afdeling: Unprepared Reading Lof: Jean-Jacques Rossouw, Alexander Styan, Anna Sophia Leach Afdeling: Onvoorbereide lees Hoogste Lof: Jean-Jacques Rossouw, Petronella Gouws, Anna Sophia Leach Gr. 4 Afdeling: Voordrag Diploma: Mika van der Walt Hoogste Lof: Christa-Bella Swart, Elliott Coetzee, Kitty Partner, Henry Jordaan. Lof: Olivia Faling, Hanna Louw, Inge Engelbercht, Pieter Derksen, Benji Ntloko, Dirk van Eeden, Jan Jurie Fourie, Anabelle Enslin, Emilie Theron, Noa Rademan, Sofia Cleghorn. Afdeling: Prosa Lof: Hanna Louw, Jan Jurie Fourie, Anabelle Enslin. Afdeling: Unprepared reading Lof: Henry Jordaan, Anabelle Enslin. Eervolle Vermelding: Hanna Louw. Afdeling: Onvoorbereide Lees Lof: Kitty Partner, Mateo Pereira, Henry...

Kaapse Afrikaanse Eisteddfod | Program vir Instrumentele Afdeling

Daar lê vir ons musiekleerders ’n baie opwindende tyd in Augustus voor, met ’n propvol program vir deelname aan die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod. Sien die program met spesifieke datums, tye, en venues hier onder:     Teken die relevante datum\s in jou dagboek aan, om sodoende enige botsings te voorkom óf vroegtydig uit te sorteer.    Kontak gerus vir Juf. Rolene vir enige verdere...

Seniorkoor : Oefenkamp – 29 Julie 2025

Daar lê 'n heerlike toer na George voor waarna die senior koor kan uitsien. Ter voorbereiding van die kompetisie, Cantanus Koorfees, waaraan die koor in George gaan deelneem, wil ons graag 'n oefenkamp reël op Dinsdag, 29 Julie @ 13:15–17:00. Dit sal ons kans gee om rustig met die kinders deur al die repertorium te werk, en aandag te gee aan aspekte van ons musiek waarvoor ons normaalweg nie tyd het nie. Datum: Dinsdag, 29 Julie Tyd: 13:15 – 17:00 Bywoning is verpligtend, en ouers moet asseblief by my verskoning maak indien iemand dit nie kan bywoon nie. OUERVERGADERING OOR KOORTOER NA GEORGE Ons wil ook hierdie middag gebruik om inligting rakende die toer met ouers te deel. Hierdie sessie sal dan direk ná ons oefening begin: 17:00–17:30. Datum: Dinsdag, 29 Julie Tyd: 17:00 – 17:30 Vra gerus indien daar onsekerheid oor iets is. Kontak vir Juf. Rolene:...

Studiekursus: Kwartaal 3

Leerders word volgens hulle grade in groepe ingedeel. Die groepe bestaan uit 8 leerders per groep en kom een keer per week vir 40 minute bymekaar. Leerders gaan vir 5 weke gratis studie-ontwikkeling ontvang. U kan ‘n epos aan Marietjie de Kock (marietjie@jvrprim.co.za) stuur om vir u kind ‘n plek te bespreek. Die studie-ontwikkeling bestaan uit die volgende: Beplanning vir die kwartaal en doelwitstelling  Hersiening van verskillende opsommings Luister en konsentrasievaardighede Geheue oefeninge Beantwoording van toetse en eksamens Die kursus begin die tweede week van die kwartaal op 28 Julie. Hier is die tye en datums vir die onderskeie...

Bring-en-Raai Vasvra-aand!

Vrydag 1 Augustus | 19:00 | Skoolsaal Is jy slimmer as die gemiddelde ouer? Kom wys jou algemene kennis-spiere tydens ons Bring-en-Raai Vasvrae Kompetisie! ???? 8 mense per span ???? Wynglase, tafels en bankies word voorsien ???? Jy sorg self vir jou span se kos & drank — maak dit ’n happiesbord, bring wegneem-etes of pak sommer daai piekniekmandjie vol! ???? Let wel: Geen braaivure word verskaf nie — dis 'Bring-en-Raai', nie 'Bring-en-Braai' nie.???? ???? Nog slegs 10 tafels beskikbaar — bespreek joune sommer dadelik! Koste : R1800 per span Stuur ’n e-pos aan Pieter Rademeyer om jou tafel te bespreek: ???? pieter.rademeyer@janvanriebeeck.co.za Moet asseblief nie vergeet om ’n spannaam in te sluit nie! Kom kuier saam, lag lekker en raai jou pad na roem! ????✨...

Tienerskap vervolg: Tuimeltreinjare

Tydens die Professional Minds-konferensie (Teens & Tweens) wat in Mei 2025 aangebied is, het dr. Jenny Rose (kliniese sielkundige wat in kinder- en tienergeestesgesondheid spesialiseer) heelwat insig oor hierdie komplekse fase gebied. Sy noem dat die hedendaagse tiener onder baie meer druk verkeer as ‘n paar dekades terug. Tieners van vandag se stresvlakke is hoog, hulle sukkel met geestesgesondheidsuitdagings en voel dikwels alleen. Onrealistiese verwagtinge (van hulself en gemeenskap) asook te veel blootstelling op ‘n te jong ouderdom mag redes hiervoor wees.  

Barbara Schreuder Dansskool – Eisteddfod Uitslae – Junie 2025

Cape Town Eisteddfod Uitslae – Junie 2025 Met trots deel ons die uitslae van die jaarlikse Cape Town Eisteddfod @ Seepunt. Deelname aan hierdie byeenkoms is opsioneel, maar bied altyd ’n waardevolle danservaring vir ons junior en senior dansers. Baie dankie aan ons wonderlike ouers vir hul ondersteuning, liefde en hulp met oefentye – ons waardeer julle opreg! Die volgende solo-dansers het tussen 2 en 8 Junie 2025 deelgeneem. Baie geluk aan elkeen met hul uitstekende optredes en uitslae: Graad 1 (6 jaar) Heike Louw – Diploma, Finalis + Wenner Scarlett Hugo – Honours Graad 2 (7 jaar) Cornelia Opperman – Merit Emma-Jane Wilke – Honours, Finalis Emily Theron – Merit Mila Maree – Honours Amatullah Barsadien – Merit Graad 3 (8 jaar) Anya Greeff – Honours Ciera February – Honours, Finalis Ella Fischer – Merit Graad 4 (9 jaar) Mika van der Walt – Diploma, Finalis Graad 5 (10 jaar) Heidi van Heerden – Honours, Finalis Natalie Lawson – Merit Graad 6 (11 jaar) Solange Stevens – Honours, Finalis Graad 9 (14 jaar) Karlien van der Walt – Honours, Finalis Kerala Allewell – Honours, Finalis + Wenner Graad 10 (15 jaar) Lara Basson – Honours ???? Baie geluk aan ons 8 finaliste, en spesiale geluk aan Heike Louw en Kerala Allewell wat hul afdelings gewen het! Ons is baie trots op elke danser. Hou aan dans met passie en styl! Groete Juf...

Vakansiesorg

Ons sien met groot opgewondenheid uit daarna om weer hierdie vakansie vir ons leerders en hul ouers ’n lekker, veilige en sorgvrye Vakansiesorg-opsie te bied. Lees gerus verder vir alle praktiese reëlings en besonderhede. [pdf-embedder...

Jan Kas Nuus

BASJAN Ons is opgewonde om te sê dat die Basjan ondersteunerskussing nou op Jan Kas beskikbaar is! KOOP HIER VAKANSIE WINKELURE Die aanlynwinkel sal deur die vakansie oop wees, so jy kan enige tyd bestel. Alle bestellings sal immers eers in die eerste week van die nuwe kwartaal afgelewer word. Let wel: die fisiese winkel sal gesluit wees tydens die vakansie. Jan Kas sal weer oop wees op: ???? Maandag, 21 Julie  ???? 10:00 tot...

Belangrike Inligting: Elektroniese Rapporte

Neem asseblief kennis dat die leerders se elektroniese rapporte Vrydag uitgestuur sal word. Maak asseblief seker dat jou e-posadres korrek in MyJvR opgestel is, sodat jy die rapport sonder enige probleme ontvang. As jou e-posadres verander het, gaan asseblief so gou moontlik na MyJvR en verander dit na die regte een. KLIEK HIER om MyJvR te...

Inligting rakende laaste week

Belangrike inligting vir die laaste week van kwartaal 2: Maandag, 23 Junie: *Suid-Kaap-toer vertrek om 08:00 *Skool verdaag om 13:00 Dinsdag, 24 Junie: *Skool verdaag om 13:00 Woensdag, 25 Junie: *Skool verdaag om 13:00 Donderdag, 26 Junie: *Grondslagfase Musiekkonsert 08:00 in skoolsaal *Markdag om 12:00  *Sivvies *Skool verdaag om 13:00 Vrydag, 27 Junie: *Sivvies *Ontvang rapporte (hardekopie en elektronies) *Skool sluit vir vakansie om 10:30 (GF) en 10:45 (ISF) *Suid-Kaap-toer keer...

Belangrike Datums

julie 2026

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor