Ons is baie trots om aan te kondig dat die fliek Alma Oppad op 20 Augustus as die openingsfilm van die Silwerskermfees vertoon sal word!

Wat hierdie prestasie vir ons skoolgemeenskap ekstra spesiaal maak, is dat twee van ons eie Jannies, Gerhard Conradie en sy sussie, Chrystal, rolle in die film vertolk. Dit is ’n merkwaardige mylpaal vir die Conradie-gesin én ’n inspirasie vir ons jong sterre wat droom van ‘n loopbaan in die uitvoerende kunste.