Vrydag 1 Augustus | 19:00 | Skoolsaal

Is jy slimmer as die gemiddelde ouer? Kom wys jou algemene kennis-spiere tydens ons Bring-en-Raai Vasvrae Kompetisie!
💡 8 mense per span
🪑 Wynglase, tafels en bankies word voorsien
🍴 Jy sorg self vir jou span se kos & drank — maak dit ’n happiesbord, bring wegneem-etes of pak sommer daai piekniekmandjie vol!

🔔 Let wel: Geen braaivure word verskaf nie — dis ‘Bring-en-Raai’, nie ‘Bring-en-Braai’ nie.😉

🎯 Nog slegs 10 tafels beskikbaar — bespreek joune sommer dadelik!

Koste : R1800 per span

Stuur ’n e-pos aan Pieter Rademeyer om jou tafel te bespreek:
📩 pieter.rademeyer@janvanriebeeck.co.za

Moet asseblief nie vergeet om ’n spannaam in te sluit nie!

Kom kuier saam, lag lekker en raai jou pad na roem! 🏆✨