Die Musiekdepartement sien uit na ’n baie opwindende Kwartaal 3, met ’n bedrywige program vir deelname aan die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod, UNISA en Trinity musiekeksamens, sowel as ’n hele paar kooroptredes. Ons verwelkom ook drie nuwe musiekonderwysers, en sien baie uit na die besonderse kennis en vaardigheid wat hulle by ons departement toevoeg.
Klavier – Juf Bea de Wit
Viool – Mnr Pieter Joubert
Tjello – Mnr Reece Allum
Kom loer gerus volgende kwartaal in om hulle te ontmoet. Intussen wil ek ouers aanmoedig om my te kontak indien jou kind met musieklesse wil begin. Sien die musiekinskrywingsvorm hier onder.