Kooroptrede saam met Laurika Rauch

Die senior- en juniorkoor het gisteraand, 18 Oktober, aan 'n kooroptrede saam met Laurika Rauch by Hoërskool Parow deelgeneem. Dit was 'n lekker optrede en opwindend vir die leerders. Baie dankie aan almal wat gehelp het en die koor ondersteun het!

Tweekamp by Jan van Riebeeck

Op Saterdag, 13 Oktober, het 23 van ons leerders aan die tweede ligabyeenkoms deelgeneem. Die sport het pragtig gegroei oor die laaste twee jaar. Dit is 'n lekker sport en gaan grotendeels oor deelname. Dit was die eerste keer dat die byeenkoms by Jan van Riebeeck aangebied word. Die hardloopgedeelte het by die Hoërskool plaasgevind en die swemgedeelte by die Laerskool. Ons leerders het baie goed presteer. Die leerders wat deelgeneem het, is: Baie geluk aan die volgende leerders wat almal 'n plek in die top 3 behaal het: Isabella Marais (1ste), Alexander Benecke (2de), Stef Mostert (2de) en Mia Nortjé (3de). Ons wil 'n spesiale woord van dank aan mnr. Hanekom rig wat die leerders afrig en dit moontlik maak dat al ons leerders kan...

Liewe Aarde Nuus

Baie geluk aan Anna en Emma van Biljon wat Jannies van die week is – dankie dat julle gereeld herwin! Geniet die Col’Cacchios geskenkbewys. Verminder jou aankope van enkelgebruik-plastiek. Besoek die volgende webblaaie: Two Oceans Aquarium, Plastic Detox, en daag jouself uit om plastiek wat slegs eenkeer gebruik word in jou lewe te probeer...

Table View Swemgala, 17 Okt.

Ons kinders het baie goed gevaar by die Table View swemgala en ons het 'n heerlike middag gehad. Die skole wat deelgeneem het, is: Milnerton, Table View A & B, Welgemoed, Somerset Wes en Jan van Riebeeck. Ons wag nog vir die amptelike uitlsae, maar ons het by die meeste items onder die top 3...

Tenniswedstryde, 17 Oktober

Al ons spanne kon ongelukkig nie Woensdag speel nie omdat ons heelwat tennisspelers aan die swemgala afgestaan het. Ons het egter twee spanne gehad wat deelgeneem het. Hier volg hul uitslae: Gemeng A: Peet Karsten, Jan Karsten, Mia Symington en Annabel de Jager. JvR wen 3-3 teen Edgemead. Gemeng C: Daniël Grutter, Jacques Loubser, Marcel Eygenberger en Chiara Roodt. JvR wen 5-1 teen Parow...

Bekers terug

Dit is weer tyd om die vere te begin reg skud vir ons jaarlikse prysuitdeling. Alle bekers wat tydens die prysuideling en atletiekbyeenkoms in 2017 ontvang is, moet op Woensdag, 7 NOVEMBER terug wees in die biblioteek. Bekers moet reeds gegraveer wees. Gebruik gerus Premier Shoes in Kloofstraat (tel.021 424 4904) hiervoor. Bekers moet soos volg gegraveer word: Prysuitdelingbekers (alle bekers & trofeë ontvang tydens die Prysuitdelingsgeleentheid): 2017 : Sannie Smit (2017: noemnaam & van van leerder/s) Atletiekbekers: 2018 (l.w. NIE 2017 NIE) : Sannie Smit (2018: noemnaam & van van leerder/s) 'n Beker wat deur leerders gedeel word, moet alle leerders se name bevat. Vir navrae, kontak...

Wow-spelkompetisie-Finaal

Mieke Hertzog is reeds die beste graad 4-speller in die Wes-Kaap! Sy neem Saterdag aan die nasionale kompetisie deel waar sy teen al die ander streke se kampioene gaan kompeteer. Dit is ’n senutergende affêre. Sterkte, Mieke!

Skoolfoto’s

Die laaste dag vir fotobestellings is volgende Vrydag, 26 Oktober. Indien jy die bestellingskoevert verloor het, gaan asb. na die fotograaf se WEBTUISTE (Lunchbox Photography) en bestel die foto's direk daarop.

Optrede hierdie Donderdagaand, 18 Okt.

Belangrike inligting i.v.m. Donderdag, 18 Oktober se optrede vir albei kore: 1. Bus vertrek 15:15 vanaf ons skool. 2. Ouers help asb. met vervoer. 3. Eie vervoer terug huis toe. 4. Winterskooldrag 5. Kaartjies by die deur te koop. 6. Koorlede moet 17:00 by Hoërskool Parow wees. 7. Program sal ongeveer 21:00 eindig. Kom geniet die aand saam met...

Hoërskoolnuus

Emil van der Walt (graad 11) en Carla van der Merwe op die rooitapyt by die Bokkie-toekennings wat laasnaweek by Grand West gehou is. Emil was een van 4 leerders landwyd wat voor die skare van 5 000 verskyn het as genomineerde in die "Skole Uitblinker van die Jaar"-kategorie. Hy maak ons...

Kaperjolle: Baie dankie!

Die Kaperjolle was 'n dag waarna ons almal uitgesien het. Teen Vrydag het almal asem opgehou, want die Suid-Ooster wou maar net nie gaan lê het nie. Dit was egter steeds 'n ongelooflike Kaperjolle Saterdag vir ons onderwysers, ouers en Jannies. Ons kon nie vir n beter dag gevra het nie ! Baie dankie aan elke liewe persoon wat deel was van die dag se groot sukses. Dankie vir al ons potjiekoskompetisie deelnemers, ons ouers wat ekstra potjies gemaak het, bydraes en skenkings gegee het, uitgehelp het met die diensbeurte, en dan aan almal, oud en jonk, wat saamgekuier het. 'n Spesiale woord van dank aan ons beoordelaars, 'Erick & Daneel Duo' vir hulle musiek, Lloyd van Dogzcool vir die hondevertoning en ons pannekoek-, aartappel-draaistokkies- en koffieverskaffers. Baie dankie ook aan Hannes Muller en sy span vir die terrein opstel en skoonmaak, Suzaan Burger en Lou van Dyk vir die kommunikasie en Marili Basson wat na die finansiële kant omgesien het. Daar het 'n paar items agtergebly op die veld wat by Ontvangs ingehandig is. Ons sien uit na volgende jaar se Kaperjolle! Laerskool Jan van Riebeeck...

Belangrike Datums

augustus 2026

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug00:0023:59EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor