Op Saterdag, 13 Oktober, het 23 van ons leerders aan die tweede ligabyeenkoms deelgeneem. Die sport het pragtig gegroei oor die laaste twee jaar. Dit is ‘n lekker sport en gaan grotendeels oor deelname. Dit was die eerste keer dat die byeenkoms by Jan van Riebeeck aangebied word. Die hardloopgedeelte het by die Hoërskool plaasgevind en die swemgedeelte by die Laerskool. Ons leerders het baie goed presteer. Die leerders wat deelgeneem het, is:

Baie geluk aan die volgende leerders wat almal ‘n plek in die top 3 behaal het:
Isabella Marais (1ste), Alexander Benecke (2de), Stef Mostert (2de) en Mia Nortjé (3de).
Ons wil ‘n spesiale woord van dank aan mnr. Hanekom rig wat die leerders afrig en dit moontlik maak dat al ons leerders kan deelneem.