Ouer koor optrede by LS JvR-Kerskonsert

Ons nooi graag die ouers van ons junior en senior koorlede uit, om deel van die ouer koor te wees wat tydens ons kerskonsert op 27 November gaan optree. Kom deel in die vreugde van samesang tydens Kerstyd!   Die repetisietye is as volg:   Dinsdag, 18 November, om 18h30 - 19h30 Vrydag, 21 November, om 18h30 - 19h30 Dinsdag, 25 November, om 18h30 - 19h30   Ons moedig almal aan om al drie oefeninge by te woon, maar verstaan heeltemal as jy slegs by twee kan wees. Kom sing steeds saam!   Indien jy graag deel wil wees van hierdie besonderse ervaring, gaan loer gerus op die junior en senior kore se WA-groepe vir die skakel wat jou na die vorm sal neem.   Kontak vir Rolene van Zyl by rolene@jvrprim.co.za indien daar enige verdere vrae...

Geagte Ouers / Voogde – 24 Oktober 2025

Week 2 van die laaste kwartaal kom dan vandag te vinnig tot ’n einde, maar het gelukkig met groot opwinding op Maandag, 20 Oktober, afgeskop met die aanbieding van ons jaarlikse en gewilde matrieksaal. Dit is al tradisie dat ons jaarliks al die matrikulante wat by ons graad 7 voltooi het, uit te nooi na ’n spesiale matrieksaal. Ons het dus vanjaar weer al die 2025-matrikulante wat tydens 2020 by ons in graad 7 was, uitgenooi om die spesiale saalbyeenkoms saam met ons leerders en personeel by te woon om vir hulle sterkte vir die komende matriekeksamen toe te wens. Ons nooi nie net Hoërskool Jan van Riebeeck se matrikulante wat by ons in die laerskool was nie, maar alle matrikulante wat in graad 7 by ons was. Die 2025-matrikulante moes in hul graad 7-jaar met Covid-uitdagings oor die weg kom, en hulle het heelwat van hul graad 7-skooljaar gemis as gevolg van al die drakoniese inperkings. Ons was baie bevoorreg dat die 2020 Hoofdogter en Hoofseun, Emma Bartel en Cayle Stoltz, ’n kort toespraak kon lewer. Baie dankie ook aan Jana Brink, tans die Hoofdogter van Hoërskool Milnerton, wat ook ’n baie inspirerende toespraak gelewer het. My beste wense vergesel die merkwaardige matrikulante vir die komende matriekeksamen. Hulle moet nou al die harde werk wat hulle tot gr. 12 gebring het in aksie omskakel om vir hulle ’n blink toekoms te verseker. Baie dankie aan juf. Marinda vir al die puik reëlings om die spesiale matrieksaal moontlik te maak. My beste wense vergesel dan ook die matrikulante en onderwysers van Hoërskool Jan van Riebeeck vir die belangrike eksamen,...

Kultuurkonserte: 29, 30, 31 Oktober

Dit is weer tyd om konsert te hou! Ons rond die jaar se kultuuraktiwiteite af met ’n heerlike aand van musiek en kultuur, waartydens ons saam met ons leerders hul harde werk, toewyding en puik vordering vier.   Let asseblief op dat ons ’n ekstra datum bygevoeg het, aangesien daar soveel leerders is wat aan hierdie konserte deelneem. Ouers van die leerders wat deelneem, sou reeds ’n e-pos van juf. Rolene en jou kind se musiekonderwyser ontvang het òf kyk gerus na die lys met name wat op die Musiek WA-groep geplaas is. Maak asseblief seker dat julle weet op watter datum en tyd jou kind speel.   ISF-Kultuurkonserte:   Woensdag, 29 Oktober, om 19h00 - 20h00 (Alle graad 4-deelnemers) Donderdag, 30 Oktober, om 17h15 - 18h15 (graad 5 - 7-deelnemers) Donderdag, 30 Oktober, om 19h00 - 20h00 (graad 5 - 7-deelnemers)   GF-Kultuurkonsert:   Vrydag, 31 Oktober, om 08h00 - 09h00        Kontak gerus vir juf Rolene by rolene@jvrprim.co.za vir enige verdere navrae.  ...

Jannies gee om!

Kyk hoe ons hierdie kwartaal 'n verskil in ons gemaak gemeenskap wil maak, hier onder:

Maandag en Dinsdag se periodes ruil om

Neem asseblief kennis dat eerskomende Maandag en Dinsdag se periodes omruil. Maandag sal Dinsdag se periodes volg m.a.w. senior kooroefening om 07:30, saal, ens. Die graad 7's van 2020, wat volgende week met hul matriekeindeksamen begin, kom soos elke jaar vir oulaas ons saalbyeenkoms bywoon. Maak asseblief seker dat jou kind se LO-klere en boeke vir die dag se vakke reg ingepak word. Die buitemuurseprogram sal soos normaal voortgaan. Dankie vir die...

Christiaan presteer in stoei

Ons is ongelooflik trots op Christiaan Cronje, wat sy WPWA-kleure verwerf het deur aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Jeugkampioenskappe in Pretoria (9–11 Oktober 2025) deel te neem. Christiaan het uitmuntend presteer in die Freestyle (FS-U/10, Open)-afdeling en ’n silwer medalje huis toe...

Kwartaal 4 Kooroptredes

Daar lê ’n opwindende kwartaal vir ons kore voor, met optredes by verskeie geleenthede. Maak ’n aantekening in jou dagboek, en hou ons WhatsApp-groep vir verdere inligting dop:   Woensdag, 22 Oktober (Junior en Senior Kore) * Weskus Koorfees @ Laerskool Van Riebeeckstrand   Saturday, 25 Oktober (Junior Koor) * Pleziermarkt @ Hoërkool Jan van Riebeeck   Donderdag, 27 November (Junior en Senior Kore) * Laerskool Jan van Riebeeck Kerskonsert   Sondag, 30 November (Junior en Senior Kore) * NGK Tamboerskloof Kerkdiens   Kontak gerus vir juf Rolene met enige...

Geagte Ouers / Voogde -17 Oktober 2025  

Dit is my ’n wonderlike voorreg om al ons leerders, ouers/voogde en personeel terug by die skool te verwelkom na ’n heerlike, maar baie kort Oktober-vakansie. Ek hoop almal het die vakansie terdeë geniet. Verder glo ek almal se spreekwoordelike batterye is herlaai en slaggereed om kwartaal 4 met hope energie en entoesiasme aan te durf. Kwartaal 4 is vanjaar besonders kort, want dit is slegs nege weke lank met heelwat opwindende aktiwiteite wat gaan plaasvind – hou dus die spasie dop en maak jou spreekwoordelike gordel vas. Die somersport buitemuurseprogram het alreeds op Maandag, 13 Oktober, met mening afgeskop en ons maak gereed vir al die somersportwedstryde, -toernooie, -swemgalas en -byeenkomste wat die kwartaal gaan plaasvind. Musieklesse het ook op Maandag, 13 Oktober, begin. Die finale rondte van die WOW-spelfees het die afgelope naweek gedurende die vakansie by die Universiteit van Stellenbosch plaasgevind. Mateo (Gr. 4) en Ghia Pereira (Gr. 6) was die enigste Jannies wat tot die finale rondte deurgedring het. Mateo het ’n 7de plek en Ghia ’n 8ste plek in hul onderskeie kategorieë behaal. Hierdie is merkwaardige prestasies op nasionale vlak en baie spesiaal dat boetie en sussie saam op die hoë vlak kon presteer. Baie geluk julle twee – julle maak ons baie trots, en ons besef die harde werk en tyd wat daarmee gepaard gegaan het om vir die uitdagende kompetisie voor te berei. Ons gebruik gewoonlik vakansies en naweke om onderhoudswerk by die skool te doen, en die afgelope vakansie is daar weer hard gewerk aan herstel- en verfwerk by die speelarea van die nasorg om die area op te gradeer en...

Sport- en Kultuurfoto’s is nou aanlyn beskikbaar

Bestellings kan direk via die volgende skakel gemaak word: https://lunchboxphotography.co.za/schools/jan-van-riebeeck-primary/ Die afsnydatum vir bestellings is Saterdag, 12 Oktober. Ongelukkig sal geen bestellings meer na hierdie datum gemaak kan word nie. Wagwoord -...

In die land van KI is jou brein koning!

In die land van KI is jou brein koning en dit is hoe dit hoort.

Laerskool Jan van Riebeeck se KI-beleid word tans geïmplementeer. Die doel van die beleid is om te verseker dat KI-hulpmiddels op ‘n verantwoordelike, etiese en veilige manier gebruik word om onderrig te ondersteun, maar ook om te voorkom dat leerders se kognitiewe funksies, leerprosesse en ontwikkeling bloot na KI gedelegeer word en sodoende ondermyn word.

Met hierdie konteks in gedagte, het ons in ‘n kort video opname vir ‘n paar Jannies, onvoorbereid, gevra waarom hulle skool toe kom, en vir ‘n paar ouers, waarom hulle hul kinders skool toe stuur.

Kom luister wat die Jannies sê, verstaan die potensieel negatiewe impak van KI op leer en vergewis jouself van die skool se KI-beleid.

Belangrike Datums

julie 2026

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor