Anouk presteer in aksienetbal
Anouk van der Linde, kaptein van die o.13A Western Cape Coastal aksienetbalspan, is gekies om die span aan die einde van Maart in Gauteng te verteenwoordig. Ons wens haar en die span alle sukses toe – hulle gaan die Wes-Kaap met trots verteenwoordig!
Krieketuitslae: 26-29 Januarie 2026
Sien die week se krieketuitslae hier onder:
Tennisuitslae: 28 Januarie 2026
Sien die week se tennisuitslae hier onder:
Welwillendheidsprojek: Kwartaal 1, 2026
Hier is hoe jy hierdie kwartaal 'n verskil kan maak:
Die Boekbende: Nuwe Boekklub!
Ons is opgewonde om aan te kondig dat ’n nuwe boekklub, Die Boekbende, by ons skool begin! Die boekklub vind elke eerste Woensdagoggend van die maand, voor skool vanaf 07:15 tot 07:45 in die mediasentrum plaas. Leerders in Graad 4–7 wat lief is vir lees en stories, is welkom om aan te sluit. Vir meer inligting kan leerders gerus met...
Valentynsdag: Verkope & Sivvies
Kom maak 'n draai by die Valentynsdagverkope! Sien meer inligting hier onder:
Gholfdag: 19 Maart 2026
Sien meer inligting oor die 2026 Gholfdag hier onder:
Sosiale media gesprek met Carla
Kom sluit aan by die gesprek oor kunsmatige intelligensie en sosiale media met Carla de Beer. Sien meer inligting hier onder:
Senior Koorkamp: 6 – 7 Februarie
Dit is weer daardie tyd van die jaar en die senior koor se jaarlikse koorkamp is om die draai! SKEDULE Vrydag, 6 Februarie: * Middagete voorsien deur die skool: 14h00-14h20 * Oefen: 14h20 - 17h45 * Piekniek op die skoolveld vir alle koorlede en -ouers: 18h00 - 19h00 Saterdag, 7 Februarie: * Oefen: 09h00 - 14h00 * Ons voorsien: * Waatlemoen vir peuselhappie * Boereworsrolle vir middagete * Leerders pak genoeg water en peuselhappies in. * Kampkonsert vir ouers: 14h15 - 14h30 Kom kuier saam by ons senior koorpiekniek op Vrydag, 6 Februarie, vanaf 18h00 - 19h00. Ons nooi ook alle ouers uit om Saterdagmiddag, 7 Februarie, ’n kort kampkonsert in die skoolsaal by te woon. Die koorkamp is verpligtend vir alle senior koorlede. Indien iemand nie die koorkamp kan bywoon nie, moet juf. Rolene asb in kennis gestel word. Groete, Rolene ...
Geagte Ouers / Voogde: 30 Januarie 2026
Ek glo dat julle ook verbaas is dat môre reeds die laaste dag van die eerste maand van die nuwe jaar is. Vir my voel dit asof die nuwe jaar skaars begin het en nou moet ons op Sondag vir Februarie-maand welkom heet. Weet nie of dit iets met ouer word te doen het nie, maar tyd vlieg net te vinnig verby. Tyd het ook ’n magiese kwaliteit, veral as ’n mens met ’n opwindende taak of projek besig is, waarvan jy hou. Geniet dus wat jy doen. Dit is presies waar ek, as skoolhoof, my tans in my loopbaan bevind – ek geniet elke oomblik terdeë by die skool. Ek het ook op dag een van die nuwe akademiese jaar vir die personeel tydens ons eerste personeelvergadering gesê dat dit belangrik is dat ’n mens jou werk moet geniet, want dan voel dit nie soos werk nie, maar eerder meer as ’n roeping. Ek glo dat mense wat van hulle werk hou, geneig is om meer optimisties te wees, meer gemotiveerd, leer vinniger, maak beslis minder foute en maak beslis beter besluite. Die probleem met tyd is egter dat dit vir niemand wag nie. Indien jy dus vanjaar beplan om nog iets spesiaal te doen of dalk moet jy nog iemand vergewe of om verskoning vra, moenie te lank wag nie, doen dit sommer onmiddellik. Ek bly maar altyd verstom dat sommige mense in dieselfde tydperk berge kan versit terwyl ander absoluut uitstel en bitter min vermag. Mag ons die kosbare tyd wat ons in 2026 gegun word, effektief en met balans aanwend. Graag wil ek almal hartlik...
Jannie van die Week: 23 Januarie 2026
Baie geluk aan die volgende Jannie wat hierdie week die Jannie van die Week toekenning ontvang:
Swemgala: Finale uitslae
Sien die finale uitslae van die swemgala hier onder:
Roomysverkope: Graad 7-fondsinsameling
KENNISGEWING VAN TUSSENTYDSE BEHEERRAADSVERKIESING 2026
Beste Ouers/Voogde Twee ouer-lede van die Beheerraad het aan die einde van 2025 van die Beheerraad bedank. Susan van der Walt (Tesourier) het bedank en Marié Cruywagen se jongste kind het graad 7 voltooi. Dus moet die twee vakatures gevul word. Ons het reeds laasjaar pro-aktief opgetree en die volgende twee persone op die Beheerraad gekoöpteer en hulle het hulself vanjaar weer verkiesbaar gestel: Oloff Sieberhagen Sybil Müller (Tesourier). Wie mag 'n ouer benoem: ‘n Ouer van 'n leerder van ons skool, wie se naam op die kieserslys van die skool is, mag enige ander ouer van 'n leerder wat die skool bywoon wie se naam op die keiserslys van die skool is benoem, of sodanige ouer se benoeming sekondeer, deur 'n voltooide benoemingsvorm teen nie later nie as 04 Februarie 2026 teen 12:00 by die skool af te lewer. Benoemingsvorms is by ontvangs (Adri) beskikbaar. 'n Aanlyn verkiesing (VotingCrowd) sal op Maandag, 16 Februarie 2026, vanaf 06:00 – 18:00 gehou word, indien daar meer as die twee bogenoemde kandidate genomineer word. Sien asseblief die kennisgewing van die aanlyn tussenverkiesing hier onder. Meer inligting rakende die tussenverkiesing sal volg. Baie dankie vir jul aandag. Groetnis Naas Beets | Skoolhoof [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2026/01/KENNISGEWING-VAN-TUSSEN-BR-VERKIESING-2026.pdf" title="KENNISGEWING VAN TUSSEN BR VERKIESING...
Mediasentrum Tye
Die skool se mediasentrum is oop vir die uitneem van boeke tydens tweede pouse op Dinsdae en Donderdae. Die mediasentrum is verder beskikbaar van Maandag tot Woensdag vanaf 14:10 tot 15:15, waar leerders welkom is om te lees, boeke uit te neem, huiswerk te doen of te leer. Leerders mag slegs een boek op ’n slag uitneem. ’n Terugkeerdatum word voorin die boek gestempel en boeke moet op of voor die aangeduide datum terugbesorg word. Indien ’n boek reeds uitgeneem is, kan leerders hul naam op die Boekbesprekingslys plaas om die boek te reserveer sodra dit beskikbaar is. Boekgroete uit die Mediasentrum!...
Belangrike Datums
julie 2026
augustus 2026