Kombuistaal Werkswinkel: 17 Maart 2026

Kom kuier, luister na en kook saam met Rooi Rose se oudredaktrise (Vickie de Beer) wat 'n kookboek geskryf het om ons kinders te inspireer om gesonder te eet. Haar fokus is op lekker kos wat voedsaam is. Koop gerus jul, jy en jou kind(ers), kaartjie d.m.v. Quicket teen R370 per gesin. Dit sluit 'n mengbak, houtlepel, bestanddele vir die gereg en die resepteboek in. Dis ook opwindend om te weet dat Antjie Krog saam met Vickie gewerk het om hierdie kookboek ekstra spesiaal te maak. Ons gaan 'n heilsame aand (Dinsdag, 17 Maart) in ons skoolsaal beleef! Sien jou daar. Marinda Brink BESPREEK...

Senior en Junior Kore

Beide ons kore het hierdie jaar afgeskop met die aanleer van wonderlike nuwe repertorium. Ons senior koor het die afgelope naweek ’n oefenkamp gehad, waar die koormaats mekaar beter leer ken het en hulle goeie vordering gemaak het met hul musiek. Die nuwe koorlede – en veral ons Graad 4’s – skakel sommer reeds goed in by die groep en word mooi deur hul koor-buddies gedurende die oefeninge ondersteun. Die junior koor het hierdie jaar vir juf Bea de Wit aan die stuur, en saam met mnr Ben is hulle reeds volstoom aan die gang elke Maandag- en Vrydagoggend. Die junior koor het ook Graad 1’s in die koor verwelkom hierdie jaar, en hulle pas baie mooi by die nuwe roetine aan. Alle ouers wat ’n kind in een van die twee kore het, moet asseblief by die Senior Koor- en/of Junior Koor-WA-groepe aansluit. Daar deel ons belangrike inligting rakende optredes en oefeninge. Ek bevestig weer ons kore se oefentye: Junior Koor Maandag- en Vrydagoggend: 07h45–08h15 Senior Koor Dinsdag: 07h30–08h30 Donderdag: 11h30–12h30 Indien jy afwesig is vir ’n oefening of optrede, moet ’n verskoning vooraf by juf Rolene (senior koor) of juf Bea (junior koor) ingedien word. Ons sien julle by die optredes!...

Senior Koorleiers van 2026

Ons senior koor het die afgelope naweek ’n koorkamp gehad waartydens ons 2026 koorleiers verkies is. Baie geluk aan die leerders wat bereid is om die koor te ondersteun deur ’n goeie voorbeeld van dissipline en toewyding te wees, ’n bron van ondersteuning vir hul groepslede, en op wie die koor kan steun vir musikale hulp tydens ons oefeninge.    Ons senior koorleiers vir 2026 is: Aiyana Alfredo Alida Loubser Andrya Robinson Ella van der Walt Esme Coetzee Joan van Vreden Lea Loubser Mila Malan Olivia Blackmore Quinn du Toit   Baie dankie aan elkeen van hierdie leerders vir die groot verskil wat hulle in die koor maak. Ons is baie trots op julle....

Geagte Ouers / Voogde – 13 Februarie 2026

Dit is vandag Vrydag, 13 Februarie! Volgens mites en legendes is Vrydag die 13de ‘n gedoemde dag! Dalk wonder julle ook soos ek: waar kom die bang-Jan-storie vandaan? Ek glo hierdie is ‘n bygeloof wat dikwels onnodig angs by baie mense veroorsaak. Tog bly dit interessant dat hotelle en hospitale nie ‘n kamernommer 13 of ‘n dertiende verdieping het nie. Die negatiewe konnektasie met Vrydag die 13de het ‘n kombinasie van godsdienstige en kulturele oorsprong. Uit ‘n godsdienstige oogpunt word Vrydag die 13de as ‘n ongelukkige dag beskou, want dit was die 13de dissipel, naamlik Judas Iskariot, wat Jesus verraai het, wat gelei het tot Jesus se kruisiging op ‘n Vrydag. Vandag vier ons Valentynsdag by die skool, aangesien dit môre wêreldwyd gevier word waar mense dikwels die geleentheid gebruik om die liefde behoorlik te vier. Op Valentynsdag word die liefde dikwels met blomme, kaartjies en pragtige geskenke gevier. Vir seker beskou baie mense dit net as ‘n kommersiële foefie en bloot ‘n geldmaakspul, maar tog word hierdie gewilde dag in Suid-Afrika geassosieer met die stuur van kaartjies, geskenke en blomme aan ‘n geliefde, en volgens statistiek word die aand met ‘n romantiese ete deur 80% van alle verliefde paartjies afgesluit. Die personeel vier vandag saam met die leerders die liefde en omgee vir mekaar en trek ons tradisioneel ‘iets’ rooi, pienk en/of wit aan. Op ‘n manier sluit die Valentynsvieringe by een van ons kernwaardes, naamlik OMGEE, aan. Ons kinders word groot in ‘n era waar alles ongelukkig resultaatgedrewe en materialisties van aard is. Ons vergeet dat ons kosbaarste kommoditeit nie in die bank lê nie, maar eerder...

Koffie-en-Beskuit Konsertreeks

Die Musiekdepartement stel ’n nuwe inisiatief bekend: Die Koffie-en-Beskuit Konsertreeks! Hierdie platform is geskep om Laerskool JvR se musiekleerders meer geleentheid te bied om aan die vaardighede wat dit van enige musikant vereis om op te tree en hul stukkie met gemak en die nodige musikantskap uit te voer, te slyp. Die konserte vind in ’n kleiner groep plaas, wat dit vir baie leerders makliker maak om voor mense op te tree en op hierdie manier voor te berei om in groter konserte te speel. Die platform bied vir leerders wat vir eksamens of Eisteddfods voorberei, die geleentheid om hulle musiek voor te dra. Vir beginners en leerders wat pligsgetrou oefen, is ons Koffie-en-Beskuit Konsertreeks ook ’n wonderlike kans om hul musiek met hul maats en familie te deel. Hoe werk dit? Musiekonderwysers bepaal wie gereed is om deel te neem. Elke konsert het tussen 6-12 deelnemers. Elke deelnemer kan ’n maatjie saambring (weens spasie, kan ons slegs een maatjie akkommodeer). Ouers is welkom om ook die konserte by te woon. Ouers van deelnemende leerders sal ’n boodskap ontvang om deelname te bevestig. Koffie en beskuit is welkom!   Kwartaal 1 Datums: Dinsdae gedurende koorperiode 24 Februarie 10 Maart 17 Maart   Tyd: 08h00 - 08h30   Plek: Musiekklas   Indien daar enige vrae is hieroor, kontak gerus vir juf...

Boekbende: Nuwe Datums

Die Boekbende gaan nou elke tweede Woensdag van die maand in die Mediasentrum om 07:15-07:45 bymekaar kom. Kyk asb na die datums in die advertensie, sodat jy nie uitmis nie!   Boekbende-groete!  

Plasing van leerderprestasies in die nuusbrief

Ouers wat graag hul kind se prestasies en foto’s in die nuusbrief wil laat plaas, word vriendelik herinner dat hierdie inligting vrywillig deur ouers gestuur word. Neem asseblief kennis dat die nuusbrief elektronies versprei word en ook aanlyn beskikbaar is, wat beteken dat leerders se name en foto’s moontlik op die internet en in soekenjins kan verskyn. ’n Bevestigings e-pos sal gestuur word om toestemming vir publikasie te verkry. Alle inligting en foto’s moet nie later nie as Woensdag om 14:00 gestuur word om in die huidige week se nuusbrief geplaas te word. Laat bydraes sal outomaties eers in die volgende week se...

Paaseiers insamel!

Ons wil baie graag weer vanjaar Kaapstad se Lion’s Club ondersteun deur paaseiers vir minderbevoorregte kinders in te samel. Dit sal wonderlik wees as elke leerder minstens een paaseier vir ons kan bring en dit in die emmer wat in Adri se kantoor staan, kan plaas. Hulle verkies die eiers wat die malvalekker aan die binnekant van die sjokolade het soos op die prentjie. Dit kom ook in ‘n string van vier of in verpakkings van 24 en meer. Enige donasies word opreg waardeer!...

Veiling 2026: Skenkings

Liewe Ouers,  Hou asb 6 Junie 2026 oop vir hierdie jaar se Laerskool JvR Opvoedingstrust Veiling, wat by die Mount Nelson sal plaasvind. Ons soek graag skenkings vir ons lotte. Enige ouers wat kan help met drank, vakansiehuise, jagritte, kuns, juwele, spa-ervarings, ens. word vriendelik versoek om Anna Blackmore op 083 386 4057 te kontak. Enige bydrae word opreg...

Geagte Ouers / Voogde – 06 Februarie 2026

Ons trotse skool het op Saterdag, 31 Januarie, sy 105de verjaardag gevier. Mense mag dalk dink dat ons skool baie oud is, maar die leer en onderrig asook die skoolpraktyke wat ons daagliks toepas, is egter modern en aangepas om ons leerders vir ‘n immer veranderde wêreld voor te berei asook om hulle vir hul hoërskoolloopbaan te bemagtig. Leerders, personeel en BRUL-JANt het op Vrydag, 30 Januarie, vroegoggend reeds met die verjaardagfeestelikhede begin deur al die leerders en hul ouers tydens aflaaityd by die skool te verwelkom. Die skool se gange, klaskamers en deure was baie mooi versier om die spesiale geleentheid behoorlik te vier terwyl daar heerlik aan die spesiale geborgde kolwyntjies gesmul is. Ons is vir Japie Louw ewig dankbaar dat hy meer as ‘n eeu gelede trompop geweier het om in Engels skool te gaan sodat ons vandag trots in Afrikaans kan leer en onderrig. Mag ons merkwaardige skool vir nog ‘n verdere 105 jaar net hom-/haarself wees met ‘n sterk akademiese aanslag en die fokus op moedertaalonderrig. Ons o.12- en o.13-netbalspelers het vanaf Donderdag, 29 Januarie, tot Sondag, 01 Februarie, ‘n voorseisoennetbalkursus saam met hul afrigters op die pragtige karooplaas, genaamd Elandsrus naby Drie Susters bygewoon. Die gewilde netbalkursus word deur die bekende Patrys van der Merwe aangebied en skole staan letterlik in ‘n ry om die spesiale netbal- en unieke plaaservaring saam te beleef. Patrys is ‘n voormalige Protea-speler en doen baanbrekerswerk as dit by netbalafrigting kom. Ek is so dankbaar dat die dogters en personeel veilig terug na die lang tyd op die pad is. Behalwe al die netbalvaardighede wat hulle opgedoen het...

Belangrike Datums

julie 2026

28jul00:0023:59GEEN SPORT

28jul00:0023:59Finkom Vergadering

29jul(jul 29)00:0028(jul 28)23:59Gr.1 & 2 - Interne Robotika Kompetisie

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor