Roosters ruil om: Woensdag, 8 April 2026
Neem asseblief kennis dat die Dinsdag- en Woensdagrooster omgeruil sal word wanneer die skool heropen. Op Woensdag, 8 April, sal ons dus die akademiese program van ’n Dinsdag volg. Dit beteken dat aktiwiteite soos senior kooroefening, saalperiode en ander Dinsdagverpligtinge sal plaasvind. Let egter daarop dat sport steeds volgens die gewone Woensdagprogram sal voortgaan. ...
Wêreldboekedag – 23 April 2026
Ons vier vanjaar Wêreldboekedag op ’n opwindende manier! Leerders word uitgenooi om aan te trek soos hul gunsteling karakter uit ’n Jaco Jacobs-boek. Daar wag ook ’n spesiale verrassing – die beste kostuum wen ’n fantastiese boekprys! 🎉 Ons kan nie wag om al die kreatiewe karakters by die skool te sien...
Dekades: Die storie van Laurika Rauch
🎭 Kaartjieverkope is NOU OOP! 🎟️ Moenie "Dekades: Die storie van Laurika Rauch” misloop nie – ’n onvergeetlike musikale reis deur die jare met een van Suid-Afrika se mees geliefde stemme. Die hele Hoërskool Jan van Riebeeck is op die verhoog in hierdie eens in 'n leeftyd revueproduksie, opgedra aan ons ikoon-oudleerder, Laurika Rauch! ✨ Beleef die magiese, die stories en die liedjies wat generasies geraak het. 🎫 Kry jou kaartjies nou op Quicket: 👉 https://qkt.io/BYKiYc 🌟 BBP-ervaring beskikbaar: Geniet die vertoning vanuit die GOUE / BBP-area met premium sitplekke, ligte verversings en ’n drankie ingesluit. 📍 Moenie wag nie – bespreek vandag nog en wees deel van hierdie besondere...
Rugbyuitslae: 21 Maart 2026
Hier volg die week se rugbyuitslae:
Senior Koor: Oefening Woensdag, 8 April
Die senior koor skop die tweede kwartaal af met ’n heerlike kooroefening! Hierdie reëling is getref sodat die senior koor genoegsame oefentyd het voor hulle belangrike optrede by die Passion ChoralFest op Sondag, 12 April. Hier is die koor se oefentye vir die eerste week van die tweede kwartaal: * Woensdag, 8 April: 07h30 - 08h30 (sover moontlik, verseker dat die leerders betyds vir die oefening is, asb) * Donderdag, 9 April: 11h30 - 12h30 Baie dankie vir almal se samewerking in hierdie verband. Ons sien baie uit na die senior koor se eerste...
Lukas presteer by Nippers-kampioenskappe
Lukas Loubser het die naweek van 14-15 Maart aan die Wes-Kaap Nippers-kampioenskappe deelgeneem. Hy het baie goed presteer en die volgende medaljes verower. Silwer in die flags Silwer in die beach sprints 4de in die hardloop en swem afdeling Hy neem 26-28 Maart deel aan die nasionale kampioenskappe in Gqberha deel. Ons wens vir hom alle sterkte...
Ouerbesoeke: 13 & 14 April 2026
Ons ouerbesoeke vir die eerste kwartaal vind op Maandag, 13 April, en Dinsdag, 14 April 2025, plaas. Hierdie geleentheid stel ouers in staat om eerstehands met onderwysers te gesels oor leerders se vordering, prestasies en enige areas van ondersteuning. Volg hierdie skakel om 'n tydgleuf te bespreek: KLIK HIER Hoe maak ek 'n bespreking nadat ek op die skakel geklik het? 1. Kies jou kind se graad 2. Kies die datum 3. Kies 'n onderwyser (Select Staff) 4. Kies 'n gepaste tydgleuf Vir enige navrae, maak asseblief kontak met die betrokke klasonderwyser of stuur 'n e-pos aan...
Hokkieuitslae: 20 Maart 2026
Hier volg die week se hokkieuitslae:
Netbaluitslae: 21 Maart 2026
Hier volg die week se netbaluitslae:
Senior Koor tree op by Passion ChoralFest
Ons senior koor tree Sondag, 12 April, by die Passion ChoralFest in die Hugo Lambrechts Ouditorium op. Dit is ’n groot voorreg om die verhoog met bekende kore soos die Cape Town Camerata, Tygerberg City Choir, Vivox Voces en die DF Akademie Kamerkoor te deel, en die koor sien daarna uit om by hierdie geleentheid te sing. Die konsert is die afgelope week ook in die TygerBurger geadverteer. Ons nooi die skoolgemeenskap uit! Dit beloof om ’n besonderse konsert te wees. Sien aangehegde dokumente vir meer inligting rakende kaartjieverkope en konsert detail. Datum: Sondag, 12 April Plek: Hugo Lambrechts Tyd: 16h00 Kaartjies: www.choirfest.co.za Reëlings vir die Senior Koor: * Repetisie: Arriveer 13h30. Die repetisie saam met die ander kore begin stiptelik om 14h00. * Ouers wat nie die konsert bywoon nie, kan die leerders weer 18h00 by Hugo Lambrechts oplaai. Ons sal nader aan die tyd die lokaal identifiseer. * Kleredrag: Formele Skooldrag (hou WA-groep vir spesifikasies dop) Kontak gerus vir juf Rolene indien daar enige verdere vrae is....
Geagte Ouers / Voogde – 27 Maart 2026
Vandag sluit die skole landwyd vir ’n welverdiende vakansie vir leerders en personeel na ’n bedrywige eerste kwartaal. Vir my het die einde van die kwartaal net te vinnig sy opwagting gemaak, met elf opwindende weke agter die rug. Kwartaal een is gewoonlik besonders besig; bo en behalwe die akademie sluit dit verder ’n kombinasie van somersporte en voorseisoen-wintersportvoorbereiding, asook heelwat kultuuraktiwiteite, in. Ek glo ook dat dit vir julle as ouers deeglike logistieke beplanning geverg het om seker te maak jul kind(ers) kom betyds by al die opwindende aktiwiteite uit – daarvoor wil ek vir julle hartlik bedank! Vandag ontvang julle jul kind(ers) se elektroniese rapport(e) om erkenning vir hul harde werk en toewyding die afgelope kwartaal te gee. Die doel van rapporte is beslis nie om ouers/voogde paniekerig te maak nie, maar eerder om terugvoering oor jou kind(ers) se vordering die afgelope kwartaal te gee. As skoolhoof kyk ek met trots terug na al die opwindende en suksesvolle aktiwiteite wat gedurende die afgelope kwartaal plaasgevind het. Graag wil ek ons personeel hartlik bedank vir hul harde werk, toewyding en omgee die afgelope kwartaal. Baie dankie dat julle die beginsel van uitnemendheid in alles wat ons gedoen en aangepak het, toegepas het. In my opinie is sukses nie permanent nie; dit is tydelik! Dit beteken dat ons nie net soms hard moet werk nie, maar tydens elke geleentheid wat hom voordoen. Mag ons nooit selfvoldaan raak nie, maar eerder aanhou hard werk om op ons huidige suksesse te verbeter – ek sien dit as ’n lekker uitdaging! Graag gee ek kortliks terugvoering rakende die somersporte wat tydens die...
Netbaluitslae: 13 Maart 2026
Hier volg die week se netbaluitslae:
Markdag – Donderdag, 26 Maart 2026
Ons sien baie uit na Markdag wat volgende Donderdag, 26 Maart plaasvind! Leerders in Graad 1 tot 3 kry die geleentheid om hul eie produkte te verkoop en sommer ook ’n bietjie entrepreneursgees te ontwikkel. Belangrike inligting: 💰 Kostes: R20 per tafel 🔢 Slegs 44 tafels beskikbaar 📲 Besprekings: Karri is oop vanaf 20 Maart tot 25 Maart ⏰ Opstel van tafels: Vanaf 09:30 🛒 Verkope begin: 10:00 Moet dit nie misloop nie – dit beloof om ’n heerlike en lewendige oggend te...
Tweedehandse Skoolklereverkope – Maandag, 23 Maart 2026
Aan die einde van elke kwartaal gaan ons ’n verlore goedere-verkope hou – alles wat nie afgehaal is nie. Die opbrengs van hierdie verkope gaan direk aan ons biblioteek/mediasentrum, om nuwe boeke aan te skaf. Dit is ’n wonderlike manier om verlore items ’n tweede kans te gee en terselfdertyd ons biblioteek te ondersteun! Tyd om jou kas op te knap en lekker skoolklere teen bekostigbare pryse te kry! Ons tweedehandse skoolklereverkope vind op Maandag, 23 Maart, van 12:30 tot 15:30 plaas. Waar: Onder die afdak by die aflaaisone (agterste parkering) Prys: Items geprys tussen R20 en R100 Betaling: Kontant of kaart word aanvaar Kom koop skoolklere teen goeie pryse – ’n perfekte geleentheid om te bespaar en die skoolbiblioteek te...
Musiek-ouervergaderings: Kwartaal 2, 2026
Die Musiekdepartement wil graag ‘n geleentheid skep vir ouers/voogde om hul kind(ers) se musiekonderwyser(s) te ontmoet. Ons wil hierdie tyd gebruik om te gesels oor jou kind se musieklesse en om ook te luister na wat julle graag met ons wil deel. Algemene kwessies soos musiekeksamens, eisteddfods, lestye, oefenroetines en algemene vordering en verwagtinge, is van die belangrike punte wat ons graag wil bespreek. Ons nooi daarom alle musiekouers uit om enige van jou kind(ers) se musieklesse gedurende Kwartaal 2 by te woon. Julle is ook welkom om ‘n alternatiewe tyd vir ‘n ontmoeting af te spreek. Kontak gerus jou kind se musiekonderwyser om ‘n datum en tyd vir ‘n ontmoeting te bevestig. Ons sien baie uit daarna om ouers in die musiekdepartement te verwelkom en hoop om almal deur die loop van Kwartaal 2 hier te sien. Ek lys die musiekonderwysers en...
Belangrike Datums
april 2026
mei 2026
junie 2026
julie 2026
augustus 2026
september 2026
oktober 2026
november 2026
desember 2026
maart 2027