/ Akademie, Nuus

Sien asseblief die skryfbehoeftes wat jou kind in 2027 gaan nodig hê hier onder:

 

/ Nuus, Skaak, Sport, Sport, Sportuitslae

Ons skaakspan het verlede Vrydag uitstekend teen Kampsbaai gevaar. 20 leerders het altesaam deelgeneem, en ons span het die wedstryd oortuigend met 16–4 gewen. Baie geluk aan elke speler met hierdie puik prestasie. Julle toewyding, konsentrasie en sportmangees maak ons trots!

/ Algemeen, Klerebank, Nuus
Neem asseblief kennis dat Jan Kas gedurende die eksamentyd die volgende winkelure vanaf 11 November tot 26 November sal volg:
  • Maandag & Woensdag: 07:00 – 08:00
  • Dinsdag & Donderdag: 12:30 – 13:30
  • Vrydag: Gesluit

Jan Kas sluit op 26 November vir voorraadopname en sal eers weer in Januarie 2027 oopmaak. Maak dus asseblief seker dat jou kind alles het wat hy/sy vir die laaste paar weke van skool en sport sal nodig hê. Geen bestellings of aankope sal vanaf 26 November meer gemaak kan word nie. 

Hou asseblief die nuusbrief dop vir die bevestigde heropeningsdatums en winkelure vir die nuwe jaar.

Ons wens almal ‘n voorspoedige eksamentyd toe!
/ Algemeen, Klerebank, Nuus

Goeie nuus! Die katoen-uniformreplikas is nou weer beskikbaar om direk deur die skool op Karri te bestel.

Bestellings sluit op Woensdag, 28 Oktober 2026.

Katoenbestellings word slegs twee keer per jaar geplaas – in Oktober (voor die nuwe jaar se somerkwartale) en Februarie (voor die winterkwartale). Bestel dus asseblief genoeg om tot die volgende bestelgeleentheid te hou.

Belangrike inligting:

  • Beskikbare items: Kortmou-gholfhemde en kortbroeke. Langmou-gholfhemde sal in Februarie, voor die winterkwartale, bestel kan word.

  • Aanpas is noodsaaklik: Leerders moet die klere vooraf aanpas, aangesien die groottes van Jan Kas se gewone uniforms verskil.

  • Aanpasmonsters: Beskikbaar by Jan Kas gedurende hul gewone openingsure: https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/category/klerebank/

  • GEEN omruilings of terugsendings: Die klere word spesifiek volgens die bestellings vervaardig.

Vir enige navrae, kontak asseblief vir Lian Lombard by 0799339925 

/ Algemeen, Nuus

Ons sien uit na ons opwindende Ouer Sport-en-Pretdag op Saterdag, 21 November! Ouers word hartlik uitgenooi om spanne vir tennis, netbal, raakrugby, hokkie, skaak of swem in te skryf. Ons benodig ook helpers en borge om van hierdie dag ‘n groot sukses te maak!

Raadpleeg die plakkaat hieronder vir meer inligting en inskrywingskakels. Kom neem deel en geniet ‘n heerlike dag saam met ons JvR-familie!

Ouersport en Pretdag Plakkaat 2026
/ Algemeen, Nuus

Soos almal weet, kom van ons geliefde terreinwerkers, naamlik Christopher, Elliam, Matthews en Patrick, se werkskontrakte binnekort tot ’n einde. Hulle laaste dag by die skool is Vrydag, 6 November 2026. Let asseblief op dat ons personeel ’n spesiale afskeidsfunksie vir hulle daardie middag hou en dat die skool gevolglik vroeër verdaag. Die skool sal om 13:00 vir graad 1–3 en om 13:15 vir graad 4–7 verdaag.

Laaste kans om ‘n donasie te maak

Hierdie vier werkers het hulself daagliks by die hartklop en ritme van ons skool ingeleef en het met toewyding die skoolgemeenskap gedien. Ons is hartseer om hulle totsiens te heet en is rêrig baie dankbaar vir alles wat hulle vir die skool gedoen en beteken het. Hoewel daar reeds ’n geleentheid vir ouers was om ’n vrywillige donasie tot hul hervestigingskoste te maak, het van ons ouers die Karri-insameling gemis. Ons gaan dus ’n tweede Karri-insameling oopmaak vir ouers vir wie die saak na aan die hart lê en wat nog graag ’n geleentheid wil hê om ’n bydrae te lewer. Hierdie Karri-insameling sal vanaf 23 Oktober tot 2 November 2026 oop wees.

/ Algemeen, Nuus

Baie geluk aan ons Jannies wat onlangs uitstekende uitslae in hul Royal Academy of Dance (RAD)-ballet­eksamens deur die Cape Ballet Centre in Gardens behaal het.

Die RAD is een van die wêreld se voorste ballet­eksamenrade, en hierdie prestasies getuig van die leerders se toewyding, dissipline en harde werk deur die jaar.

Ons is ongelooflik trots op hul prestasies en wil hulle ook gelukwens met die wyse waarop hulle hul skoolverpligtinge en balletopleiding suksesvol balanseer.

RAD Vlak 2:

  • Deidre Louw – Onderskeiding (Goue medalje)

  • Octavia Ackermann – Onderskeiding (Goue medalje)

  • Anna Leach – Onderskeiding (Goue medalje)

RAD Vlak 3:

  • Inge Engelbrecht – Onderskeiding (Goue medalje)

  • Kitty Partner – Hoë meriete (Silwer medalje)

  • Eliana Greef – Onderskeiding (Goue medalje)

  • Karen James – Onderskeiding (Goue medalje)

  • Sophia Price – Onderskeiding (Goue medalje)

Baie geluk aan elkeen van julle! Ons wens julle alle voorspoed toe met jul toekomstige balletprestasies!

 

/ Algemeen, Nuus

Bella Malan het op 27 September tydens die skoolvakansie aan die SA Gimnastiekkampioenskappe deelgeneem en uitstekend gevaar.

Sy het in haar groep onder die top 10 op die sprong (vault) geëindig met ’n telling van 8,75. Hoewel sy nie uiteindelik ’n plek onder die algehele top 10 kon behaal nie, is dit steeds ’n besondere prestasie op nasionale vlak.

Baie geluk, Bella! Ons is ongelooflik trots op jou!

/ Algemeen, Nuus

Op Vrydag, 13 November, om 10:30 hou ons ’n spesiale diabetesbewusmakingsgeleentheid in die skoolsaal.

Leerders word aangemoedig om blou sivvies te dra ter ondersteuning van diabetesbewusmaking. Ons vra ’n bydrae van R10 per leerder, wat deur Karri betaal kan word.

Kom ons staan saam en wys ons ondersteuning vir almal wat deur diabetes geraak word!

/ Algemeen, Nuus

Noa Rademan en Lizzy Snyders van Ignite Gymnastics Club het op 26 Oktober 2026 die Wes-Kaap by die Nasionale Gimnastiekkampioenskappe verteenwoordig.

Uit 115 gimnaste het albei uitstekend gevaar en plekke onder die top 10 behaal. Noa het ’n indrukwekkende 8ste plek in Suid-Afrika op die balk behaal, terwyl Lizzy 10de in Suid-Afrika op die sprong geëindig het. Albei meisies het ook in die boonste helfte van die Vlak 4, 11-jaar-kategorie geëindig.

Baie geluk, Noa en Lizzy, met hierdie besondere prestasie. Ons is baie trots op julle!

/ Algemeen, Konsert, Kuns en Kultuur, Nuus
 
Bestellings vir ons konsertfoto’s en -video’s op Karri sluit Maandag, 12 Oktober, om 17:00.
 
Alle besonderhede oor die foto’s en video’s is op Karri beskikbaar.
 
BELANGRIK: Geen laat bestellings sal aanvaar of hanteer word nie. Maak dus asseblief seker dat jy jou bestelling betyds plaas.