/ Algemeen, Nuus

Op 28 September sal twee van ons Jannies, Nina Burger (G6VD) en Klara Pfeifer (G4H), die Wes-Kaap by die Nasionale Ritmiese Gimnastiekkampioenskap verteenwoordig. Die kampioenskap vind van 23 tot 29 September plaas. Ons wens hulle alle sterkte toe en hoop hulle geniet hierdie besondere geleentheid!

/ Akademie, Akademie, Nuus

Op 11 September het drie van ons leerders die skool met groot trots by die World Robot Olympiad (WRO) Nasionale Kompetisie verteenwoordig. Hierdie kompetisie het by die Heartfelt Arena in Pretoria plaasgevind.

Ons span het in die Heritage Explorer Lite-kategorie deelgeneem, waar hulle hul robotika-, programmerings- en probleemoplossingsvaardighede teen van die beste jong robotika-spanne in die land kon toets.

Om hul plek by die nasionale kompetisie te verdien, moes die span eers uit 160 deelnemende spanne kwalifiseer, ’n besondere prestasie opsigself. By die nasionale kompetisie het hulle hul vaardighede, kreatiwiteit en deursettingsvermoë ten toon gestel en ’n ongelooflike 3de plek in Suid-Afrika behaal.

Ons is besonders trots op Kohl Kushner, Rafa Lamprecht en Liam du Plessis. Al drie in graad 7. Hulle harde werk, spanwerk, kreatiwiteit en vasberadenheid het hulle tot onder die top 30 spanne in die land geneem en uiteindelik ’n welverdiende 3de plek nasionaal besorg.

Hierdie prestasie is ’n wonderlike voorbeeld van wat moontlik is wanneer leerders met passie, nuuskierigheid en deursettingsvermoë werk.

Baie geluk met hierdie fantastiese prestasie, julle het LS JvR se naam hoog gehou.

/ Algemeen, Nuus

Die afgelope naweek het Mila aan die CPL (Cape Premier League) in die Shield-liga deelgeneem. Die CPL bring spelers van regoor die Wes-Kaap bymekaar, met ses ligaspanne wat oor die naweek teen mekaar meeding en vyf wedstryde speel.

Mila se span, die Royals, het die liga gewen en die trofee ontvang! 🏆 Dit was ’n fantastiese ondervinding met baie sterk spelers en strawwe teenstand. Ons is werklik trots op Mila en haar prestasie!

/ Algemeen, Nuus

Dit is hierdie keer die Grondslagfase se beurt vir markdag! Karri is reeds oop en tafels is beskikbaar vir bespreking. Maak seker om jou tafel betyds te bespreek – Karri sluit Dinsdagoggend om 08:30.

📅 Verkope: Dinsdag, 22 September om 10:00–10:45
⏰ Verkopers kan vanaf 09:30 opstel.

Kom ondersteun ons Grondslagfase-leerders en geniet die oggend saam met ons!

/ Algemeen, Nuus

✨ VAKANSIE-HANDJIES SE VAKANSIEPRET! ✨

Beste Ouers,

Die vakansie is amper hier!

Ons is besig om voorbereiding te tref, asook speletjies en kreatiewe aktiwiteite vir ons vakansieleerders te beplan 🎨

📅 DATUMS:
Vr, 25 Sept – Ma, 5 Okt 2026

🌈 VAKANSIE-HANDJIES IS OOP:
✨ Vr, 25 Sept
✨ Ma, 28 Sept – Vr, 2 Okt
✨ Ma, 5 Okt

Om seker te maak dat ons genoeg hande en aktiwiteite vir almal gereed sal hê, benodig ons so gou as moontlik die volgende belangrike informasie:

1. Die Naam & Van van leerders wat die vakansiesorg gaan bywoon;
2. Watter dae/datums die leerder by ons gaan kom kuier.

💌 RSVP – STUUR ASB DIE VOLGENDE PER WHATSAPP AAN FELICITY: 073 856 6577

👧 Naam & Van: ____
📅 Datums:____

Hoe meer inligting ons het, hoe meer voorbereid kan ons wees om dit ‘n onvergeetlike vakansiekuier vir almal te maak.

Ons kan nie wag om die vakansie saam met al ons vakansiesterre kreatiewe dinge te doen en pret te hê nie! ⭐️

Groete,
Die Vakansie-Handjiesspan ✨❤️

/ Nuus, Skaak, Sport, Sport

Baie geluk aan ons skaakspan met hul uitstekende prestasies!

Tydens die skaakkompetisie op 5 en 6 September het ons o.9-span ’n uitstekende 5de plek in die Wes-Kaap behaal, terwyl die o.11 span ’n 12de plek in die Wes-Kaap behaal het.

Ons is baie trots op ons skaakspelers en hul harde werk, fokus en deursettingsvermoë!

/ Algemeen, Nuus

Baie geluk aan Bella Malan (Graad 6) wat onlangs haar WP-kleure in gimnastiek (WAG) verwerf het!

Bella sal die Wes-Kaap by die 2026 Nasionale Gimnastiekkampioenskappe in Pretoria verteenwoordig, wat van 24 tot 27 September 2026 plaasvind.

Ons is ongelooflik trots op Bella en wens haar alle sterkte toe met hierdie besondere geleentheid!

/ Koor, Kuns en Kultuur, Kuns en Kultuur, Nuus
Die Junior Koor verwelkom nuwe lede om aan die begin van kwartaal 4 by die junior koor aan te sluit! Daar lê opwindende geleenthede in kwartaal 4 vir die Junior Koor voor, soos ’n “Choir Mingle” saam met St Cyprian’s en die Kerskonsert wat jaarliks ’n hoogtepunt op ons kalender is.
 
Juf Bea doen oudisies vanaf Maandag, 14 September, tot Vrydag, 18 September. Ons sal deur die loop van die week by die klasse om gaan en belangstellende leerders uitnooi vir die oudisie!
 
Kontak gerus vir juf Bea met enige verdere vrae.
bea.musiek@jvrprim.co.za
/ Algemeen, Nuus

Baie geluk aan Emma Snijders (huidige graad 9-leerder) wat tydens die Marius Schoeman-netbaltoernooi aangewys is as die o.15 Speler van die Toernooi!

Emma se passie, toewyding en liefde vir die spel is ’n ware inspirasie. Ons is ongelooflik trots op jou en hierdie besondere prestasie, Emma!

Baie geluk – ons is trots op jou!

/ Algemeen, Nuus

Baie geluk aan Ella met haar uitstekende prestasie in hierdie jaar se Wes-Kaap- en Gauteng-streekskampioenskappe vir rotsklim!

Ella het ’n silwermedalje in Bouldering tydens die Gauteng-kampioenskappe verower en daarna goud in Bouldering tydens die Wes-Kaap-kampioenskappe behaal. Ella is as die Wes-Kaap-kampioen in haar ouderdomsgroep bekroon!

Ons is ongelooflik trots op jou, Ella! Baie geluk met hierdie besonderse prestasie!

/ Algemeen, Nuus

Uitslae van assessering – Sondag, 30 Augustus 2026

Baie geluk aan al ons dansers met hul pragtige uitslae tydens die assessering op Sondag, 30 Augustus! 🌟

Die dansers het besonders mooi gelyk in hul leotards, rompies en kleurvolle danskostuums en het hulself met groot selfvertroue van hul beste kant gewys.

Graad 1–3
Die volgende dansers het elk ’n pragtige sertifikaat en verslag met opbouende kommentaar ontvang:

  • Emily Botha
  • Amelie Johnson
  • Charlie de Klerk
  • Ferdi Titley
  • Heike Louw
  • Ada Uys
  • Emilie Theron
  • Emma-Jane Wilke
  • Mila Maree
  • Cornelia Opperman

Graad 5–11
Die volgende dansers het sertifikate en opbouende kommentaar ontvang, met gradering op versoek:

  • Christa-Bella Swart – A+
  • Mika van der Walt – A+
  • Hanna Louw – B++
  • Anabel Brink – A
  • Heidi van Heerden – A+
  • Ella Nel – B
  • Solange Stevens – A+
  • Kerala Allewel – A+
  • Karlien van der Walt – A+
  • Lara Basson – A+

Die beoordelaar was baie beïndruk met ons dansers se mooi gepunte voete, pragtige gesigsuitdrukkings en meelewing. Sy het ook die hoë standaard en gehalte van die choreografie beklemtoon en aangedui dat die dansers baie talentvol is en oor groot potensiaal beskik.

Gereelde klasbywoning en die bywoning van repetisies is belangrik om hierdie potensiaal ten volle te ontwikkel. Dit is ook belangrik dat dansers hul liggame soepel en sterk hou. Die beoordelaar was veral beïndruk met die dansers se pragtige spronge (jetés) en draaie (pirouettes).

Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle! Baie geluk en welgedaan, dansers!

Juf. Barbie

/ Koor, Kuns en Kultuur, Kuns en Kultuur, Nuus
Die Junior Koor neem volgende week vir die eerste keer aan die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod se Koorsang afdeling deel. Ons kan nie wag nie!
 
Hier volg die reëlings:
 
Datum: Dinsdag, 8 September
Plek: Laerskool Simon van der Stel
Vervoer: 
* Die bus vertrek stiptelik om 14h30 vanaf die agterste parkeerarea van die skool. Wees reeds 14h15 daar, asb.
* Die koor neem 16h00 deel, en ons kom direk daarna terug skool toe.
* Ons behoort op die laatste weer 17h15 terug by die skool te wees. Ons sal ’n WA op die Junior Koor WA-groep stuur sodra ons by Simon van der Stel vertrek.
Kleredrag: Skoolsweetpak (top met die oranje strepies), skoolhemp, wit tekkies en sokkies.
Kos: Pak gerus gesonde peuselhappies en water in vir die busrit.
 
Kontak vir juf Rolene met enige vrae. 
/ Kuns en Kultuur, Kuns en Kultuur, Musiek, Nuus
Ons stryk- en houtblaasensembles gaan Saterdag, 12 September, aan ’n orkeswerkswinkel saam met leerders van Somerset House deelneem. Daar sal ook van ons senior musiekleerders by marimbagroepe vir die oggend inskakel. Dit beloof om ’n heerlike oggend van saam musiek maak te wees! 
 
Hier volg meer spesifieke reëlings:
 
09h30 – 10h15: Sessie 1
10h30 – 11h15: Sessie 2 
12h00 – 13h00: Konsert
 
Datum: Saterdag, 12 September
Tyd: 09h30 – 13h00
Plek: Somerset House Preparatory School
 
Ouers, familie, en vriende is BAIE welkom om die konsert by te woon, 12h00 – 13h00. 
 
Daar sal busvervoer wees. Die bus vertrek stiptelik om 08h15 vanaf die skool en sal na afloop van die konsert weer terug kom skool toe.
 
Kontak gerus vir juf. Rolene met enige verdere vrae.
 
/ Kuns en Kultuur, Kuns en Kultuur, Musiek, Nuus
Ons volgende oggendkonsert vind Dinsdagoggend, 8 September, in die NASORG plaas. 
 
Die volgende leerders tree op:
 
Floris Müller – klavier
Jude Murray – kitaar
Natalie Lawson – saksofoon
Benjie Ntloko en Aiden Cronje – klarinetduet
Clara Wiese – sang
Clara Wiese en Lua Groenewald – sangduet
Alida Loubser – sang
Joris le Roux – klavier
Liliana Hartman – klavier
 
Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge:
 
* Deelnemende leerders meld stiptelik om 07h30 in die Nasorg met hul instrument aan. Juf. Bea en/of mnr. Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem. 
* Elke deelnemende leerder bring een of twee maatjies saam om die konsert by die woon. 
* Ouers is welkom om te kom luister – bring gerus koffie saam!
* Gebruik asb die deur by die Nasorg om in te kom – die senior koor oefen in die saal, en ons wil hulle nie steur nie.
 
Tyd: 08h00 – 08h30
Plek: Nasorg