Hier volg die week se netbaluitslae:

Jamie Jordaan het ’n ongelooflike vierde plek tydens vanjaar se Horizon-wiskundekompetisie behaal.
Die kompetisie vind in die Wes-Kaap, Gauteng en KwaZulu-Natal plaas, met meer as 100 000 leerders wat daaraan deelneem. In die Wes-Kaap het 281 skole vir die kompetisie ingeskryf, met net meer as 27 000 leerders wat deelgeneem het. Dit maak Jamie se prestasie des te meer merkwaardig.
Jamie, baie geluk! Ons is uiters trots op jou puik prestasie.
HOOFLEIERS 2026/2027
Ons is baie trots op HS JvR se hoofleiers wat op Donderdag, 26 Augustus 2026, verkies is. Dis veral lekker om te weet dat hulle almal oud-Jannies is! Ons weet dat hulle ‘n fantastiese werk sal doen.
𝐉𝐕𝐑-𝐇𝐎𝐎𝐅𝐋𝐄𝐈𝐄𝐑 & 𝐕𝐑𝐋-𝐕𝐎𝐎𝐑𝐒𝐈𝐓𝐓𝐄𝐑: HELENE GREEFF
𝐇𝐎𝐎𝐅𝐒𝐄𝐔𝐍: ALBERT GRIESEL
𝐇𝐎𝐎𝐅𝐃𝐎𝐆𝐓𝐄𝐑: CARA SWANEPOEL
𝐎𝐍𝐃𝐄𝐑𝐇𝐎𝐎𝐅𝐒𝐄𝐔𝐍: OWEN WIESE
𝐎𝐍𝐃𝐄𝐑𝐇𝐎𝐎𝐅𝐃𝐎𝐆𝐓𝐄𝐑: STELLA BOJE
Hier volg die week se netbaluitslae:



Hier volg die week se rugbyuitslae:

Hier volg die week se hokkie-uitslae:








Volgende week hou ons Geesweek ter voorbereiding vir Interskole! Leerders mag volgens die daaglikse temas aantrek en hul Jannie-gees behoorlik wys.
Neem asseblief kennis dat leerders Maandag en Vrydag hul gewone skooldrag moet dra.
Daar sal elke dag ’n prys wees vir die beste Grondslagfase- en Intersenfase-leerder.
Bring hope gees saam en kom ons maak hierdie Interskole een om te onthou! 💚💛

Neem asseblief kennis dat alle snoepie-kosbestellings voortaan slegs deur die Karri-toep geplaas moet word. Om die bestelproses glad en doeltreffend te laat verloop, sal geen laat bestellings of versoeke meer aanvaar word nie.
Onthou ook dat geen kos die snoepie mag verlaat voordat dit betaal is nie.
Leerders wat op die dag self ‘n broodjie wil koop, is welkom om dit met kontant of ‘n bankkaart by die snoepie te betaal.
Indien jy probleme met bestellings op Karri ervaar, kontak vir Megan op WhatsApp by 082 794 8430.
Dankie vir u samewerking.

Baie geluk aan Gerhard Conradie en Luna Coetzer, wat saam in die kykNET-reeks Beter as Gister speel. Ons is trots op julle puik prestasie!

Baie geluk aan Luna Coetzer, wat in die film Silas en die Ysbeer op Tafelberg speel. Die film het op die eerste dag van die SilwerSkerm Filmfees gedebuteer. Ons is trots op hierdie besondere prestasie!


Ons nooi almal hartlik uit na ‘n besonderse koorkonsert op Woensdag, 2 September, waar ons Junior- en Senior Koor die verhoog met die Jiřičky Jeugkoor van Praag (Tsjeggië) en die Hoërskool Jan van Riebeeck koor deel.
Die konsert vind om 18:00 by die NG Kerk Tamboerskloof plaas. Toegang is gratis, en dit beloof om ‘n aand van uitsonderlike koormusiek en internasionale samewerking te wees. Kom ondersteun ons Jannies en geniet hierdie unieke musikale ervaring saam met ons.

Baie geluk, Elliott, met hierdie besonderse prestasie!

Ons 1ste skaakspan van agt leerders het Vrydag teen Laerskool Dirkie Uys meegeding. Dit was ‘n spannende wedstryd wat met ‘n gelykopuitslag van 4–4 geëindig het. Baie geluk aan ons spelers met hul puik spanpoging!
