Kategorie: Algemeen

/ Algemeen, Nuus

Die skool verdaag op Dinsdag, 28 Maart, om 12:45 (gr. 1-3) en 13:00 (gr. 4-7) as gevolg van personeelopleiding wat vir Huppelland en die Laerskool se onderwysers/assistente vanaf 13:15 aangebied word.

Nasorg sal soos gewoonlik voortgaan.

Die interne kompetisie sal slegs oor twee dae strek. Aangesien die grondslagfase groep minder leerders is, sal die graad 3’s saam met die graad 4 – 5-groep hul toesprake lewer.

/ Algemeen, Nuus

Op die skool se webtuiste onder die myJvR tab, is daar ‘n Vrae en Antwoorde-blad waar ons wenke en instruksies vir ouers gee wat hulp met iets nodig het waaroor ons gereeld vrae ontvang.

Ons het ‘n Teams en Skooler bladsy geskep met al die wenke wat tot dusver in die nuusbrief verskyn het. Ons sal nog wenke en instruksies byvoeg soos nodig. Gaan loer gerus na die bladsy indien jy hulp het met iets spesifieks in Teams of Skooler benodig.

SKOOLER & TEAMS VRAE EN ANTWOORDE-BLAD

/ Algemeen, Nuus

Indien jou selfoon sukkel om ‘n PDF in Skooler oop te maak, of dit maak oop, maar jy kan dit nie aflaai, print of aanstuur nie, sien gerus die volgende stappe:

  1. I.p.v. om die Skooler-toep oop te maak, maak jou webleser (web browser) op jou selfoon oop.
  2. Tik skooler.com as webadres in.
  3. Kliek op die Home | Parent blok.
  4. Teken in met jou Skoolerprofiel in die web-weergawe van Skooler.
  5. Nou kan jy die web-weergawe van Skooler gebruik en die PDF’s of ander dokumente aflaai.
  6. Voeg die web-weergawe van Skooler by op jou selfoon se Home Screen.
    • Android: Kliek op die 3 kolletjies bo-aan die skerm en kies Add to Home Screen.
    • iPhone: Kliek op die Share ikoon onderaan en kies die Add to Home Screen opsie.
  7. Die Skooler ikoon vir die web-weergawe behoort nou op jou selfoon se Home Screen te lê. Gebruik dit as ‘n alternatief om PDF’s te kan oopmaak of aflaai.

/ Algemeen, Nuus

Ek klink seker soos ‘n platespeler wat vasgehaak het, maar tyd en die lewe gaan so vinnig verby. Hier staan ons weereens aan die begin van die derde nuwe maand van die jaar. Maart het skielik opgedaag soos ‘n ongenooide gas. Vir my is 2023 die spreekwoordelike hoëspoedtrein wat eenvoudig nie by enige stasie wil stil hou nie. Ek besef onwillekeurig dat tyd en die lewe verby snel en dat dit onafwendbaar is. Dinge gebeur en dinge verander vinnig en ons moet aanpas of die lewe los ons agter. Ons besef elke dag hoe kortstondig die lewe is. Elke dag is ‘n geskenk en dit is dus belangrik om in die oomblik en met dankbaarheid te lewe. As jy iets wil doen, doen dit vandag! As jy kwaad is vir iemand, maak dit onmiddellik reg. Die lewe is kort en ons moenie tyd mors nie. Ons argumenteer ook dikwels dat ons net eenvoudig nie tyd het nie totdat die lewe onverwags ingryp. Maak dus tyd om saam met jul geliefdes te spandeer en hulle te waardeer!

Baie dankie aan al ons ouers/voogde en leerders wat Vrydagaand, 23 Februarie, die klasbraai bygewoon het. Die weer het perfek saamgespeel om die aand nog meer spesiaal te maak. Dit was heerlik om saam met ons ouers/voogde en leerders te sosialiseer. Dit was ook ons gr. 1-ouers se eerste amptelike klasbraai en opvallend was die heerlike samesyn terwyl daar nuwe vriendskappe gesmee is. Net voor die aanvang van die klasbraai het ons o.13A-rugbyspan vanaf 16:00 – 17:00 ‘n rugbywedstryd teen Curro Durbanville op die Conradieveld gespeel. Die veld was omring deur ons ouers en besoekers. Baie geluk aan die o.13-span en hul afrigters, mnre. Erick en André, met die puik oorwinning van 35 – 17. Verskeie ander tennis- en krieketwedstryde is ook die afgelope week gespeel waar ons tennisspanne puik teen heelwat groter skole gevaar het. Welgedaan aan al ons spelers wat getrou oefeninge bywoon, ons toegewyde afrigters asook ons ouers/voogde wat die wedstryde so getrou ondersteun.

Baie geluk aan Huppelland met die puik aanbieding van ‘n aand met Stef Bos onder die sterre. Die van julle wat nie vir Stef ken nie, hy is ‘n bekende Nederlandse sanger wat veral in sy geboorteland optree. Ons is so bevoorreg om Stef as ‘n ouer by ons te hê. Hy is altyd bereid om die skool te help en hier bied hy weereens sy talent gratis vir die skool aan om fondse vir Hupppelland in te samel. Baie dankie ook aan Louise Neser en haar span wat die wonderlike optrede saam met Stef beplan en gereël het.

Ons skoolgebou en terrein is sedert Woensdag, 01 Maart, baie stil aangesien ons gr. 7’s en 5’e weg is op kampe (onderskeidelik Franschoek en SOS). Ons gr. 7’s en 5’e is reeds vanaf Maandag so opgewonde en kon net nie meer wag om op Woensdag na die kampe te vertrek nie. Kamp bied die ideale geleentheid om leerders uit ‘n bekende omgewing te neem en bloot te stel aan ‘n onbekende natuur-omgewing wat gestruktureerd, veilig en vriendelik is. Terwyl hulle die natuur verken, word hul karakter gebou, kommunikasievaardighede verbeter en emosionele- en leiereienskappe ontwikkel, Dit is net ‘n wen-wen situasie. Vol pret.

Op Donderdag, 02 Maart, het ons Jannies soos hul gunsteling boekkarakter skool toe gekom om Wêreld Boekedag te vier. Ons onderwysers het ook nie op hulle laat wag nie en ook soos hul gunsteling boekkarakter aangetrek om die dag nog meer spesiaal vir die leerders te maak. Verder het die gr. 3’s ook op Donderdag, 02 Maart, spesiale noodhulpopleiding ontvang wat deur twee van ons dokter-mammas aangebied is. Baie dankie Drr. Hanneke Heyns en Charlotte-Louise Enslin wat ‘n pragtige aanbieding vir die gr. 3’s in die saal gedoen het. Ons is so bevoorreg dat julle tyd maak om ons leerders rakende noodhulp te bemagtig.

Sterkte aan die o.13 A-rugbyspan wat môre (04 Maart) aan die Hopefield Rugbytoernooi deelneem asook die volgende atlete wat vandag (03 Maart) by Dal Josafat (Paarl) aan die WP-Atletiekbyeenkoms deelneem:

Cato Terblanche
Delmar Benecke
Dawid-Wiese Viljoen
Jana Olivier
Klara Steyn
Mieke Bremer
Sofia Newton

Graag sluit ek af met die volgende aanhaling oor groei-ingesteldheid en wens vir julle ‘n wonderlike naweek toe:

“If you find a path with no obstacles,
it probably leads to nowhere”

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Liewe Ouers/Voogde

Ek is dankbaar vir hierdie geleentheid om my opregte dank en waardering aan die talle ouers oor te dra wat hul harte en hande teenoor my oopgemaak het tydens die heengaan van Calvin.

Die oproepe, boodskappe van medelye, e-posse, blomme en leessof het my pyn, hartseer en verlies meer draaglik gemaak. Al hierdie omgee het my die waarheid van die gesegde dat gedeelde smart, halwe smart is, laat ervaar.

Die voorbereide etes was so welkom en het werklik ‘n groot las van my skouers gehaal. Dit het liggaam en siel aanmekaar gehou.

Jan van Riebeeck is voorwaar geseënd met sulke omgee-ouers.

Nogmaals baie dankie

Liefde,
Raché

/ Algemeen, Nuus

Ons wil baie graag weer vanjaar Kaapstad se Lion’s Club help om paaseiers vir minderbevoorregte kinders in te samel. Dit sal wonderlik wees as elke leerder minstens een paaseier vir ons kan bring en dit in die emmer wat in Adri se kantoor staan, kan plaas. Hulle verkies die eiers wat die malvalekker aan die binnekant van die sjokolade het. Dit kom ook in ‘n string van vier of in verpakkings van 24 en meer. Ons wil vra dat die paaseiers voor of op Vrydag, 17 Maart, skool toe gebring word.

/ Algemeen, Nuus

Wanneer: Donderdag, 23 Maart
Tyd: 18:00 – 21:30
Kostes: R150 (betaal op Karri)
Wie: Graad 5 – 7-leerders
Snoepie beskikbaar

/ Dapper Stappers, Nuus

Ek beplan om volgende Saterdag met leerders en ouers wat belangstel na die Elephant’s Eye grot in Silvermine te stap.

  • Waar: Parkeer voertuie by Silvermine Natuurreservaat parkeerarea
  • Wanneer: 4 Maart 2023
  • Tyd: 07:00 – ongeveer 11:30 (die roete kan nogal besig raak, so ons wil graag stiptelik 07:00 begin stap)
  • Afstand: 5.3km altesaam
  • Moeilikheidsgraad: Gemiddeld
  • Kostes: R38 per persoon vir die permit, by die hek beskikbaar – SLEGS KONTANT
  • Bring saam: Hoed, sonbrandroom, water, eetgoed, swembroek en handdoek (op pad terug is daar ‘n dam by Silvermine waarin ons na die stap kan swem).
  • Wie kan saam stap? Alle kinders en ouers (kinders jonger as 10 moes minstens al ‘n soortgelyke stap gedoen het)

Indien jy belangstel, vul die vorm in. Ek sal in kontak wees op Skooler op die Algemeen-groep met almal wat inskryf. Julle is welkom om ook op die Algemeen-groep vir my ‘n boodskap te stuur indien jy vrae het.

Groete
Suzaan Burger

/ Algemeen, Nuus

Baie dankie aan die graad 1-onderwysers wat my genooi het om Vrydagoggend, 17 Februarie 2023, ‘Vlooi se verjaardag’ in die biblioteek by te woon. Ek wens ek kon al die graad 1-ouers nooi om die spesiale geleentheid by te woon. Hierdie geleentheid geskied om die graad 1’s se voltooiing van hul eerste leesboek, naamlik Vlooi se verjaarsdag, te vier. Die graad 1-onderwysers het die interessante koekresep uit Vlooi se boek gevolg en dit aan hulle gedemonstreer. Die graad 1’s het so gelag, want bestanddele soos tamatiesous, sousboontjies, graanvlokkies saam met eiers en melk het ook nie vir hulle sin gemaak nie. Dit was groot pret terwyl hulle gelukkig lekker gesmul het aan hul eie eetgoed wat hul ouers/voogde vir hulle ingepak het. Daar het wel ‘n paar graad 1’s kans gesien om die unieke koekmengsel te proe.

Ons het week 5 van kwartaal 1 afgesluit met mini-krieket by Laerskool Hugo Rust op Vrydagmiddag/aand, 17 Februarie 2023, en op Saterdagoggend vanaf 09:00 –13:00 het ons koorleerders ‘n heerlike koordag onder leiding van juf. Helecia en mnr. Ben by die skool geniet. Hulle het nie net op die dag gesing nie, maar ook aan ander lekker pretaktiwitiete deelgeneem.

Op Dinsdag, 21 Februarie 2023, was die hartseer begrafnis van juf. Raché se man, Calvin. Die gedenkdiens is by Mcpherson’s te Table View gehou. Die pastoor se preek het meer daarop gefokus dat ons Calvin se lewe eerder moet vier as om oor sy dood te treur. Dit was hartverskeurend om Raché en Calvin se ouers na die diens te vertroos. Hulle is verpletterd. Raché en Calvin was maar 10 maande getroud. Hulle was sielsgenote. Ons gedagtes en gebede bly by haar en die familie om vertroosting tydens die moeilike tyd te vind. Baie dankie aan al haar klasouers en ander ouers/voogde wat vanuit die staanspoor uitgereik het om haar te help en te ondersteun. Ons was egter bekommerd oor hoe die personeel en ouers hierdie tipe trauma met leerders/kinders gaan hanteer. Daarom het ons Vrydag. 17 Februarie, gedurende eerste pouse ‘n kort opleidingsessie met dr. Arina Fourie gereël om ouers en personeel in te lig hoe om met kinders oor die verlies en die dood te praat. Dit was uiters insiggewend en almal wat teenwoordig was, is met die nodige kennis toegerus om hierdie tipe situasies met leerders/kinders te bespreek en beter te hanteer. Baie dankie dr. Fourie, ons waardeer jou kosbare tyd!

Ek sien uit om almal later vandag by die klasbraai te Conradieveld vanaf 18:00 te ontvang. Graag sluit ek af met die volgende aanhaling oor groei-ingesteldheid en wens vir julle ‘n wonderlike naweek toe:

“Our greatest weakness lies in giving up.
The most certain way to succeed is to try one more time!”

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Plek: Valley Gun Club, Agter-Paarl
Tyd: 14:00 tot laat
Kostes: R2000 p/p – Sluit kompetisie en ete in
Kontak: Ria – 082 320 3288
Inskrywings sluit 12 April

Die opbrengs van vanjaar se Kleiduif-kompetisie gaan spesifiek vir nuwe skooldrag vir ons behoeftige leerders.

Sien die foto vir meer inligting.

/ Algemeen, Nuus, Projekte

Ons neem hierdie jaar die Welwillendheidsportefeulje by Stephanie le Roux oor. Hiermee stel ons graag onsself aan die skool bekend.

Ek is Frances Samuel en het drie dogters – in Huppelland se Vissieklas, in Graad 3 en Graad 5 in LS. Kara Marais het ‘n seun in Graad 5.

Die doel van die komitee is om na behoeftige kinders in ons eie skoolgemeenskap om te sien en dan ook deur middel van spesifieke projekte te skakel met sekere skole asook ‘n ouetehuis waarmee ons ‘n band het.

Ons het ‘n WhatsApp-groep wat ons as platform gaan gebruik om te vra vir skenkings vir sekere items wat ons vir ons behoeftige kinders benodig. Dit gaan meestal goed wees wat ons by die huis het en nie meer gebruik nie, soos bv. ‘n sekere grootte tekkie of klere vir ‘n kind, of bv. ‘n hokkiestok, na gelang van die behoefte wat ons identifiseer. Hierdie is ‘n maklike manier om uit te help binne ons eie skoolgemeenskap! Die inligting rondom die identiteite van die kinders is streng vertroulik en skenkings word deur middel van ons na die relevante kinders versprei.

Hiermee stuur ek die skakel na die Jannies Help! WhatsApp-groep. Sluit gerus by ons groep aan as jy wil uithelp. Dit is heeltemal vrywillig.

/ Algemeen, Nuus

Koop jou kaartjie op Karri teen R20

  • Trek aan volgens jou graad-kleur
  • Geniet lekker musiek en ‘n roomys tydens eerste pouse in die vierkant
  • Graad-kleure:
    • Graad 1 – Geel
    • Graad 2 – Groen
    • Graad 3 – Oranje
    • Graad 4 – Rooi
    • Graad 5 – Blou
    • Graad 6 – Pers
    • Graad 7 – Pienk

/ Algemeen, Nuus

Neem kennis dat sportboodskappe van nou af slegs op Skooler gestuur sal word.

  • Afrigters sal op die sportgroepe die vorms aanstuur asook laat weet wanneer die busse op pad is.
  • Stuur gerus ‘n boodskap op ‘n sportgroep indien jy met die afrigter(s) wil praat.
  • Slegs die admins van die betrokke sportgroep sal jou boodskap sien.
  • Elke sportsoort het sy eie kontakgroep en slegs die sportsoorte waaraan jou kind deelneem sal as kontakgroepe onder “Messages” verskyn.
  • Indien jou kind ‘n sport beoefen en jy nie die groep in jou “Messages” afdeling sien as jy op die pyltjie regs van die “Messages” balkie kliek nie, of agterkom dat jy nie die boodskappe ontvang nie, stuur gerus ‘n boodskap op die “Algemeen” kontakgroep met jou kind se naam, van en die sportgroep waarin hy/sy moet wees.
/ Algemeen, Klerebank, Nuus

Onthou asseblief om jou kind se skoolklere duidelik te merk. Duidelik gemerkte klere help dat jou kind maklik hul verlore item/s by die verlore goedere tafel kan opspoor. Gemerkte items wat nie self afgehaal word nie, sal deur juffrou Felicity van die nasorg een keer per week verseker dat gemerkte items by leerders uitkom.

Belangrike Datums

september 2026

14sep00:0023:59Krieket: o.13A vs Brackenfell (WEG)

14sep(sep 14)00:0015(sep 15)23:59Konsert: Optrede 1

14sep(sep 14)00:0018(sep 18)23:59Skool verdaag om 13:00 (Hele week)

14sep18:0020:00Konsert Kleedrepetisie

15sep08:0008:30Algemene Kennis toets

15sep18:3020:00Konsert: Optrede 2

16sep18:3020:00Konsert: Optrede 3

17sep18:3020:30Konsert: Optrede 4 (Grand Finale)

20sep(sep 20)00:0019(sep 19)23:59Heidré Ehlers (Onderwyser) verjaar

20sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

21sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

21sep09:0010:00Kultuursaal

21sep10:3011:00Skrywersbesoek - Silas en die ysbeer op Tafelberg (Annie Klopper en Zandré Coetzer)

21sep16:0018:00Beheerraad-vergadering (Goedkeuring)

22sep00:0023:59Markdag - Grondslagfase

22sep00:0023:59Sivvies

22sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

22sep08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsert

23sep00:0023:59Sivvies

23sep00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

23sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

24sep00:0023:59Erfenisdag

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

Wys Meer

oktober 2026

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

06okt00:0023:59Skole heropen

08okt00:0023:59Jannies vir Jesus

09okt00:0023:59Lead4life (Gr.6)

09okt(okt 9)00:0011(okt 11)23:59Dapper stappers kamp en stapnaweek (Greyton)

10okt08:0012:00Hs JvR - Gr.7 Inligtingsdag

12okt00:0023:59WKOD: Sistemiese Toetse

13okt12:4513:45Matrieksaal

14okt15:0017:00Graad 6-middag (Hs JvR)

16okt00:0023:59Finkom Vergadering

16okt00:0023:59Atletiek: De Hoop

16okt08:0008:00Skaak: vs Deutsche Internationale Schule Kaapstad TUIS (o.9, o.11 en o.13 span)

17okt00:0023:59Tennis: o.13A Brackenfell (Seuns & Dogters)

20okt00:0023:59Atletiek: De Kuilen (o.10 - o.13)

20okt00:0023:59Atletiek: Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

21okt18:3018:30Hs JvR - 100 Feeskonsert (in Stadsaal)

22okt18:0019:00Kultuurkonsert ISF

23okt(okt 23)00:0022(okt 22)23:59Skaak: Panorama Skaaktoernooi

23okt00:0023:59Skaak: Panorama

23okt08:0008:00LJvR Junior Koor en St Cyprian's Junior Choir "Choir Mingle"

23okt08:0008:30Kultuurkonsert GF

24okt00:0023:59Krieket: Minikriekettoernooi by Stellenbosch (o.7 - o.9)

26okt00:0023:59Beheerraad-vergadering

26okt00:0023:59Krieket: o.10A vs Curro Durbanville (WEG)

29okt00:0023:59Krieket: o.13A & B vs Curro Durbanville

30okt00:0023:59Sivvies

31okt00:0023:59Tennis: Welegmoed Open (o.13A)

Wys Meer

november 2026

31okt00:0023:59Tennis: Welegmoed Open (o.13A)

02nov00:0023:59Begrotingsvergadering: Ouers

04nov(nov 4)00:0003(nov 3)23:59Stemdag: Openbare vakansiedag

05nov18:0019:30Opedag: Gr.1 (SLEGS OUERS)

06nov00:0023:59Somersport Eindig

07nov00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Curro Hermanus (o.7 - o.9)

09nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

10nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.4)

12nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

12nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.7)

12nov00:0023:59Tennis: o.8 Rooibal by Kenridge

13nov00:0023:59Krieket: Mini-kriekettoernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

14nov08:0008:30Sue Ballet

16nov00:0023:59Interne Sport Begin

17nov00:0023:59Huppelland Gr.R Kleedrepitisie

20nov00:0023:59Huppelland Gr.R-konsert

20nov00:0023:59Eksamen Eindig

20nov00:0023:59Krieket: Durbanville Krieket Klub (o.8 & o.9)

21nov00:0023:59Ouersport- en Pretdag

23nov18:0018:00Beheerraad-vergadering

24nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.1-3

26nov00:0023:59Kerskonsert

26nov00:0023:59Jan Kas Sluit

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

Wys Meer

desember 2026

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

02des00:0023:59Atletiek

03des00:0023:59Prysuitdeling: Gr.6-7

03des08:0008:30Graad 3-Afskeid

04des00:0023:59Atletiek

07des00:0023:59Gr.7-Sokkie

08des00:0023:59Sivvies

08des00:0023:59Gr.7-Afskeid

09des00:0023:59Skole sluit (Leerders)

09des00:0023:59Sivvies

11des00:0023:59Skole sluit (Personeel)

14des(des 14)00:0012jan(jan 12)23:59Skoolvakansie

16des00:0023:59Versoeningsdag

25des00:0023:59Kersfees

26des00:0023:59Welwillendheidsdag

Wys Meer

januarie 2027

14des(des 14)00:0012jan(jan 12)23:59Skoolvakansie

01jan00:0023:59Nuwejaarsdag

08jan09:0012:00Jan Kas Open

11jan07:0010:00Jan Kas op

11jan08:0008:30Skool Open - Personeel

11jan08:3008:30EXCO-Vergadering

12jan08:0009:00Fasevergaderings

12jan12:0012:00Personeelvergadering

12jan13:0014:30Jan Kas oop

13jan08:0008:00Geen Klasruiling

13jan08:0008:00Saalbyeenkoms leierbalkies word oorhandig

13jan08:0008:30Skool Open - Leerders

13jan14:0014:00Atletiekspan oefen

13jan14:1014:10Nasorg Begin

14jan08:0008:30Klasruilings

14jan08:0008:30Karri-lyste oop vir bekendstellingsaand

15jan00:0023:59Swem: Senior Kleur Gala

18jan08:0008:00Buitemuurs Begin

19jan17:0017:00Huppelland Bekendstellingsfunksie

21jan07:1507:15Jannies-vir-Jesus begin

21jan17:0017:00Bekendstellingsfunksie: Musiekvergaderings

21jan18:0018:00Bekendstellingsfunksie: Klasvergaderings

21jan19:0019:00Bekendstellingsfunksie: Algemene vergadering in Saal

22jan08:0008:00Toets: Engels (gr.4&6)

22jan08:0008:00Toets: Afrikaans (gr.5&7)

23jan08:0008:00Lead4life: Leerderraad (LsJvR)

28jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

29jan(jan 29)00:0028(jan 28)23:59Sivvies: Skool Verjaar

29jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

29jan08:0008:00Toets: Engels (gr.5&7)

29jan08:0008:00Toets: Afrikaans (gr.4&6)

30jan(jan 30)00:0029(jan 29)23:59Junior Koorkamp

30jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

31jan(jan 31)00:0030(jan 30)23:59Skool Verjaar (106)

Wys Meer

februarie 2027

04feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

05feb(feb 5)00:0004(feb 4)23:59Senior Koorkamp

05feb08:0008:00Toets: Wiskunde (gr.4-7)

06feb(feb 6)00:0005(feb 5)23:59Senior Koorkamp

06feb00:0023:59Tennis: o.13A & B Kenridge (seuns & dogters)

08feb(feb 8)00:0012(feb 12)23:59Interne Redenaarskompetisie

11feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

12feb00:0023:59Krieket: Hugo-Rust Mini-kriekettoernooi (o.7 - o.9)

12feb08:0008:00Toets: NWT/NW (gr.4-7)

12feb08:0008:00FINKOM vergadering

12feb08:0008:00Sivvies: Valentynsdag

13feb00:0023:59WPNA: Netbalkliniek (o.7 - o.13)

14feb(feb 14)00:0013(feb 13)23:59Valentynsdag

16feb00:0023:59Atletiek: Interskole

17feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

18feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

18feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

19feb08:0008:30Toets: SW (gr.4-7)

19feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

19feb18:0018:00Klasbraai Laerskool (Conradieveld)

20feb00:0023:59WPNA: Netbalkliniek (o.7 - o.13)

25feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

25feb18:0018:00Huppelland Klasbraai (Conradieveld)

26feb00:0000:30Swem: Junior Kleur Swemgala

26feb00:0023:59SOMERSPORT EINDIG

26feb08:0008:30Sivviedag

26feb08:0008:30Toets: SW (Gr.4&&)

27feb00:0023:59Netbal: Onder die Berg (Hs JvR) o.12 & o.13

27feb00:0023:59Rugby: Onder die Berg (HsJvR) o.12 & o.13

Wys Meer

maart 2027

01mrt00:0023:59WINTERSPORT BEGIN

03mrt00:0023:59Eliam Kaunda (Terrein) verjaar

04mrt08:0008:30Toets: EBW (gr.7)

05mrt00:0023:59Netbal: Bulfees (o.8 - o.13)

05mrt00:0023:59Rugby: Bulfees (o.7 - o.13)

05mrt07:4508:45Kooroefening

05mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

11mrt18:0018:00Somersokkie (gr.5-7)

12mrt00:0023:59Hokkie: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

12mrt08:0008:30Algemene Kennis toets

12mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

12mrt08:0008:30FINKOM Vergadering

13mrt00:0023:59Netbal: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

13mrt00:0023:59Rugby: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

15mrt08:0008:30Musiekkonserte (Gr.5-7)

16mrt08:0008:30Musiekkonserte (gr.2-4)

17mrt08:0008:30Junior Koorfees in skoolsaal

18mrt00:0023:59JvR Gholf Dag

18mrt08:0008:30Huppelland Spesiale Personedag

18mrt08:0008:30Sivvies

18mrt08:0008:30Oranjeriviertoer vertrek

18mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

18mrt10:0010:00Markdag

19mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

19mrt08:0008:30Sivvies

19mrt10:0010:30SKOOL SLUIT

20mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

21mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

21mrt00:0023:59Menseregtedag

22mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

22mrt(mrt 22)00:0005apr(apr 5)23:59Skoolvakansie

26mrt00:0023:59Goeievrydag

26mrt12:0012:00Sue-Ann Bouw (Adminassistent) verjaar

29mrt00:0023:59Familiedag

Wys Meer

april 2027

22mrt(mrt 22)00:0005apr(apr 5)23:59Skoolvakansie

06apr08:0008:30Skool Heropen

06apr08:0008:30Buitemuurse Winterprogram begin

06apr08:0008:30Nasorg begin

08apr07:0007:00Fasevergaderings

09apr00:0023:59Hokkie: o.13A Van Riebeeckstrand (Seuns & Dogters)

09apr08:0008:00Toets: Afrikaans (gr. 4&6)

09apr08:0008:00Toets: Engels (gr.5&7)

10apr00:0023:59Netbal: o.10A Netbaltoernooi

10apr12:0022:00KAPPERJOLLE

12apr08:0008:00GEEN SPORT

12apr13:0013:00Skool verdaag 13:00

12apr13:3013:30Ouerbesoeke

13apr08:0008:00GEEN SPORT

13apr13:0013:00Skool verdaag 13:00

13apr13:3013:30Ouerbesoeke

15apr07:1507:45Jannies vir Jesus begin

16apr00:0023:59Hokkie: Worcester-Noord (TUIS) o.7 - o.13

16apr08:0008:30Skool verdaag vroeër

16apr08:0008:30FINKOM-vergadering

16apr08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.5&7)

16apr08:0008:30Toets: Engels (gr.4&6)

17apr00:0023:59Rugby: Worcester-Noord (WEG) o.7 - o.13

17apr00:0023:59Netbal: Worcester-Noord (WEG) o.7 - o.13

21apr00:0023:59Rugby: Milnerton (TUIS)

23apr08:0008:30Toets: Wiskunde (gr.4-7)

23apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

24apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

25apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

26apr08:0008:30Skoolvakansiedag

26apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

27apr08:0008:30Vryheidsdag

27apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

28apr08:0008:30Dinsdag en Woensdag periodes ruil om (Kooroefening)

30apr08:0008:30Senior Koorkamp

30apr08:0008:30Toets: NWT/ NW (gr.4-7)

30apr08:0008:30Sivviedag

Wys Meer

mei 2027

01mei00:0023:59Rugby: Vredekloof (TUIS) o.7 - o.13

01mei00:0023:59Werkersdag

07mei00:0023:59Hokkie: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

07mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

07mei08:0008:30Assessering: SW (gr.4-7)

08mei00:0023:59Netbal: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

08mei00:0023:59Rugby: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

12mei(mei 12)00:0011(mei 11)23:59Gr.6-Kamp

13mei(mei 13)00:0012(mei 12)23:59Gr.6-Kamp

13mei08:0008:30Musiekpersoneel Konsert

14mei(mei 14)00:0013(mei 13)23:59Gr.6-Kamp

14mei08:0008:30Assessering: SW (gr.4-7)

14mei08:0008:30FINKOM-vergadering

15mei00:0023:59Rugby: Mikro (WEG) o.7 - o.13

15mei00:0023:59Netbal: Mikro (WEG) o.7 - o.13

15mei00:0023:59Hokkie: Mikro (WEG) o.7 - o.13

19mei00:0023:59Rugby: Sunningdale (TUIS) o.7 - o.13

21mei00:0023:59Netbal: JvR B- D Netbaltoernooi (TUIS) o.10 - o.13

21mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

21mei08:0008:30Eisteddfod

22mei08:0008:30Eisteddfod

26mei08:0008:00Naomi Uys (Onderwyser) verjaar

28mei00:0023:59Hokkie: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13 Seuns & Dogters

28mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

28mei08:0008:30Sivvies

28mei08:0008:30SUMMIT

29mei00:0023:59Rugby: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13

29mei00:0023:59Netbal: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13

29mei08:0008:30SUMMIT

30mei08:0008:30SUMMIT

31mei00:0023:59Charlene van Rooyen (Onderwyser) verjaar

Wys Meer

junie 2027

31mei00:0023:59Charlene van Rooyen (Onderwyser) verjaar

01jun13:0013:00Skool verdaag om 13:00 vir gr.7

02jun08:0008:30Gr.7 Eksamen begin

02jun13:0013:00Skool verdaag om 13:00 vir gr.7

03jun08:0008:30Skool verdaag vroeër

04jun00:0023:59Hokkie: Minitoernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9 Seuns & Dogters)

04jun08:0008:30Gr.4-6 Eksamen begin

04jun08:0008:30Veiling

05jun00:0023:59Netbal: Minitoernooi by Van Rieebeckstrand (o.7 - o.9 Dogters)

05jun00:0023:59Rugby: Mini-Rugby Durbanville Voorbereiding

07jun08:0008:30Interne Buitemuurseprogram Begin

11jun08:0008:30FINKOM-vergadering

15jun08:0008:30Hoofleiertoesprake en Verkiesing

15jun08:0008:30Oefen Musiekkonsert

15jun08:0008:30Eksamen Eindig

16jun00:0023:59Jeugdag

17jun08:0008:30Musiekkonsert Oefen

17jun08:0008:30Toeroorhandiging

17jun08:0008:30Hoofleiers bekendmaak

17jun18:0018:00Musiekkonsert

18jun00:0023:59Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar

18jun08:0008:30Lead4Life (gr.6)

18jun08:0008:30Noodhulpopleiding

19jun08:0008:30Noodhulpopleiding

21jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

21jun08:0008:30Lead4Life (gr.4)

22jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

22jun08:0008:30Lead4Life (gr.5)

23jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

24jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

24jun08:0008:30Sivviedag

24jun10:0010:00Markdag

25jun00:0023:59Ilse-Marie Holtzhausen (Onderwyser) verjaar

25jun08:0008:30Skool Sluit

25jun08:0008:30Sivviedag

28jun(jun 28)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

30jun00:0023:59Shahnee Felix (Onderwyser) verjaar

Wys Meer

julie 2027

28jun(jun 28)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

30jun00:0023:59Shahnee Felix (Onderwyser) verjaar

08jul00:0023:59Leon Hanekom (Onderwyser) verjaar

08jul00:0023:59Claudia Abdol (Assistent) verjaar

12jul00:0023:59Rugby-Kliniek

13jul00:0023:59Rugby-Kliniek

15jul00:0023:59Rugby-Kliniek

20jul08:0008:30Buitemuurseprogram begin

20jul08:0008:30Skool heropen

20jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

21jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

22jul07:1507:45Fasevergaderings

22jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

23jul00:0023:59Hokkie: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

23jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

23jul08:0008:30FINKOM Vergadering

23jul08:0008:30Toets: Engels (gr.4-6)

23jul08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.5&7)

23jul08:0008:30Skool verdaag vroeër

24jul00:0023:59Netbal: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

24jul00:0023:59Rugby: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

24jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

26jul08:0008:30GEEN SPORT

26jul13:0013:00Skool sluit 13:00

26jul13:3013:30Ouerbesoeke

27jul13:0013:00Skool sluit 13:00

27jul13:3013:30Ouerbesoeke

28jul00:0023:59Netbal: Van Riebeeckstrand (WEG) o.7 - o.13

28jul00:0023:59Rugby: Kampsbaai (TUIS) o.7 - o.13

29jul07:1507:45Jannies-vir-Jesus Begin

30jul(jul 30)00:0029(jul 29)23:59Bring-en-Raai

30jul00:0023:59Hokkie: o.9 Seuns & Dogters Driehoek (Robertson & Sunningdale)

30jul08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.4&6)

30jul08:0008:30Toets: Engels (gr.5&7)

30jul08:0008:30Sivviedag

31jul00:0023:59JvR Mini-Sportstoernooi - Rugby & Netbal (o.7 - o.9)

Wys Meer

augustus 2027

31jul00:0023:59JvR Mini-Sportstoernooi - Rugby & Netbal (o.7 - o.9)

01aug00:0003(aug 3)23:59EXCO-Strat

02aug(aug 2)00:0006(aug 6)23:59JanArte Kunstefees

03aug00:0023:59Rugby: Bishops (TUIS) o.9 & o.13

04aug00:0023:59Rugby: Bishops (TUIS) o.11

04aug00:0023:59Netbal: Tableview (WEG) o.7 - o.13

06aug(aug 6)00:0009(aug 9)23:59FAMILIENAWEEK

06aug08:0008:30Toets: Wiskunde (gr4-7)

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

13aug00:0023:59Hokkie: Courtrai (WEG) o.7 - o.13

13aug08:0008:30FINKOM-vergadering

13aug08:0008:30Toets: NWT/NW (gr.4-7)

13aug08:0008:30Skool verdaag vroeër

14aug00:0023:59Netbal: Courtrai (TUIS) o.7 - o.13

14aug00:0023:59Rugby: Courtrai (TUIS) o.7 - o.13

18aug00:0023:59Rugby: Kenridge (TUIS) o.7 - o.13

18aug00:0023:59Netbal: Kenridge (TUIS) o.7 - o.13

20aug08:0008:30Assessering SW (gr.4-7)

21aug00:0023:59Netbal: J.W.G Fees Brackenfell o.10A & o.11A

21aug00:0023:59Rugby: J.W.G Fees Brackenfell o.11A

21aug08:0008:30Wiskundekamp (gr.6&7)

26aug08:0008:30Wintersport Eindig

27aug00:0023:59Interskole Hokkie: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

27aug08:0008:30Sivviedag

27aug08:0008:30Groot "Brag"

27aug10:0010:00Interskole

27aug12:0012:30Skool verdaag vroeër

28aug00:0023:59Netbal: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

28aug00:0023:59Rugby: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

28aug08:0008:30Interskole

30aug08:0008:30GEEN SPORT

31aug08:0008:30GEEN SPORT

Wys Meer