Kategorie: Akademie
As gevolg van graad 4 – 7-leerders wat met eksamen begin, eindig die buitemuurse sportprogram die naweek vir hierdie leerders. Die graad 1 – 3’s sal steeds met buitemuurs voortgaan.
Hier volg inligting wat rakende uitkomtye en buitemuurse aktiwiteite tydens die eksamen:
- Die graad 7’s verdaag reeds op Maandag, 2 Junie, om 13:00 aangesien hulle reeds op Dinsdag, 3 Junie, met hul eksamen begin.
- Die skool sluit vanaf Donderdag, 5 Junie, vir almal (gr. 1 – 7) om 13:00 aangesien die gr. 4 – 6’e Vrydag, 6 Junie, met eksamen begin. Hierdie uitkomtyd sal geldig wees tot Donderdag, 26 Junie.
- Interne buitemuurse program sal vanaf 9 Junie tot 18 Junie in werking tree. Dit beteken dat sportoefening sowel as kultuur tydens skooltyd sal plaasvind.
- Dagprogram tydens eksamen:
7:45 – 10:00 – Eksamen skryfsessie
10:10 – 10:30 – Pouse
10:30 – 12:45 – Buitemuurs (Sport/kultuur) *Ma. en Wo. – Rugby en netbal / Di. en Do. – Hokkie en landloop
13:00 Skool verdaag vir almal
*Tweede pouse – onderwysers sal self besluit wanneer dit plaasvind.
Hierdie kwartaal in Digitale Geletterdheid het ons oor ‘n paar interessante aspekte van rekenaars en digitale toestelle gepraat. Een van die temas wat die meeste uitgestaan het, was die Graad 5’s se gebruike van die internet. Hier het die leerders geleer wat die voordele van die internet is, hoe om veilig te wees wanneer jy aanlyn werk en ook wat die gevare van aanlyn speletjies en toepassings is.
Ons het nie net teorie geleer nie, maar ook prakties op die tablette gewerk. Een van die lesse wat uitgestaan het, was toe die Graad 3’s ‘n tikvaardigheid-aktiwiteit gedoen het. Dit was so mooi om te sien hoe hulle mekaar gehelp het, as een sukkel om ‘n spesifieke letter te vind. Hulle het baie hard gekonsentreer om op die sleutelbord te tik en seker te maak hul tik met die regte vingers op die regte knoppies.
Ons sien uit na nog ‘n klomp lekker temas vir Kwartaal 2 in Digitale Geletterdheid.

Graad 4 – 7-leerders gaan volgende week drie dae propvol verrykende aktiwteite geniet. Kliek op die foto of volg die skakel om die PDF af te laai.
Dit is weer daardie tyd van die jaar waar die Jannies hul goeie spelvermoëns tydens die WOW-spelfees kan toets. Leerders (graad 1-7) wat belangstel om deel te neem, sal woordelyste by hul onderwysers ontvang. Die woordelyste is ook hier beskikbaar.
Leerders wat belangstel om deel te neem, word aangemoedig om so gou moontlik die woorde te begin leer. Hierdie leerders sal dan volgende kwartaal deur hul Afrikaanse onderwysers getoets word en inligting rakende registrasie sal daarna volg.
Belangrike datums wat al beskikbaar is (onderhewig aan veranderinge):
Distrikskompetisie: 28 Augustus 2024
Provinsiale rondte: 14 September 2024
Nasionale rondte: 28 September 2024
Vir enige navrae, kontak gerus vir Ilse-Marié Holtzhausen (ilsemarie@jvrprim.co.za).
Volg die skakel of kliek op die foto hier onder om die eksamenrooster in PDF oop te maak.

Ons gr. 3’s en 6’e van verlede jaar het ons weereens trots gemaak met die aflê van die sistemiese toetse wat deur alle Wes-Kaap leerders in gr. 3, -6 en -9 geskryf word. Dit is belangrik om altyd in ag te neem dat die leerders wat kwalifiseer vir konsessies, wat deur die WKOD goedgekeur word, saam met die res van die leerders hierdie toetse moet skryf. Hulle ontvang dus geen ondersteuning bv. voorlesers of transkribeerders soos wat hulle onder normale omstandighede tydens formele assesserings ontvang nie.
Vir die graad 3-leerders is tyd ‘n groot uitdaging tydens die sistemiese toetse. In die grondslagfase word daar geen tydsbeperking tydens formele assesserings toegepas nie. Wanneer leerders die sistemiese toetse skryf, word daar egter verwag dat hulle die toets binne ‘n uur voltooi. Ons resultate is indrukwekkend, al word die leerders onder druk geplaas.
Volg gerus hierdie skakel vir die uitslae.
Sistemies 2023Ons bars weer van trots nadat ons Woensdag, 21 Februarie, die Kaapse Metro-Sentraaldistrik se prysuitdeling bygewoon het om die laaste erkenning aan ons matriekklas van 2023 te gee!
Hoërskool Jan van Riebeeck ontvang die volgende toekennings:
- Beste presterende skool in Afrikaans Huistaal
- Beste vordering in Afrikaans Huistaalgemiddeldes
- Konsekwente jaarlikse prestasie in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe
- Jenna Kohler – beste presteerder in Afrikaans Huistaal
- Annabel de Jager – beste presteerder in Engels Eerste Addisionele Taal
- Adrian Huysamen – beste presteerder in Ekonomie en Ingenieursgrafika en -Ontwerp
- Nicole Prinsloo – beste presteerder in Toerisme en Besigheidstudies
- Zia Meintjies – beste presteerder in Gasvryheidstudies
… en die kersie op die koek: Jenna Kohler is die 8STE beste presteerder van alle leerders in die distrik!
Baie geluk aan al ons onderwysers en ons puik Jan van Riebeeckers – ons hou jul toekoms met groot belangstelling dop!
Die Jannies (gr. 1-7) is welkom om in te skryf vir die ATKV se gewilde digitale spelkompetisie – DigiSpel. Hierdie spelkompetisie vind aanlyn plaas.
Bestudeer die deelnemersgids deeglik indien jou kind belangstel.
Daar is nog nie ‘n spesifieke datum bekendgestel waarop die kompetisie gaan plaasvind nie. Kostes beloop R120 per inskrywing. Jy kan die inskrywingsfooi deur middel van die Karri-toep betaal. Ons sal na aanleiding van die betalings op Karri die leerders inskryf. Die sluitingsdatum vir betalings op die Karri-toep is 1 Maart 2024.
Kontak Ilse-Marié Holtzhausen (Afrikaanse vakhoof) vir navrae: ilsemarie@jvrprim.co.za
Belangrike Datums
februarie 2026
maart 2026
april 2026
mei 2026
junie 2026
julie 2026
augustus 2026
september 2026
oktober 2026
november 2026
desember 2026




