Skrywer: Suzaan Burger
Waarde vir die maand – Selfbeheersing
Selfbeheersing Augustus...
Lees VerderMeneer Oosthuizen Afskeidsbrief
Liewe Leerders, Personeel, Ouers en Beheerliggaam Vrydag 21 Augustus 2020 sal my laaste dag by Laerskool Jan van Riebeeck wees. Na 26 jaar en 8 maande as hoof hier sal julle besef dat dit nie so maklik vir my is om net tot siens te sê nie… Dit was vir my en my gesin ‘n ongelooflike reis wat nou in hierdie “onnatuurlike” omstandighede tot ‘n einde kom. Ek sou so graag op ‘n ander manier van almal wou afskeid neem en behoorlik groet, maar onder die huidige omstandighede is dit nie moontlik nie. Laerskool Jan van Riebeeck is ‘n ongelooflike skool en beslis uniek. As ek ooit kon oor kies waar en by watter skool ek vir so lank ‘n hoof kon wees, sal ek sonder om te huiwer weer Laerskool Jan van Riebeeck gekies het! ‘n Paar dinge van ons skool, sy leerders, personeel en ouers wat vir my uitstaan en altyd sal bybly is die volgende: 1.) Die skool se leuse, nl. “Wees uself”, is sekerlik die beste en mees gepaste leuse vir enige skool. 2.) Die betrokkenheid van die ouers en die bereidwilligheid om hulle hulp op vele terreine aan te bied. 3.) Die uitreik-aksies na minderbevoorregte skole en -gemeenskappe. Selfs in hierdie grendeltyd word dit daagliks gedoen, ook in ons eie skool en gemeenskap… en so baie van ons ouers doen dit sonder om “sigbaar”...
Lees VerderUit die hoof se kantoor
Beste ouers en voogde Ons is ontsettend opgewonde! Met die daling van Covid 19-infeksies in die Wes-Kaap vanaf sowat 2 500 ‘n dag ‘n maand gelede na 300 per dag tans het ons die onderwysdepartement genader vir goedkeuring om ons skool weer voltyds vir alle leerders oop te maak. Ons het vanoggend dié goedkeuring ontvang en ons skool sal derhalwe vanaf volgende week op volle kapasiteit vir ons leerders open. Ons kan nie wag om al die Jannies terug te hê by die skool sodat ons weer op volle peil kan werk nie. Ook dat die kinders weer hul maats sien en weer saam kan wees. Tegelykertyd is ons Jannies se veiligheid en die voortdurende veilligheidmaking van die omgewing ewe hoog op ons agenda! Dinge gaan nog nie na normaal terugkeer nie en al ons veiligheidsprotokolle word ewe streng toegepas. Ons nooi dus alle leerders om komende Maandag (17 Augustus 2020) terug te kom skool toe. Die onderstaande inligting is belangrik – veral om vloei by die skool so veilig moontlik te hou. Aankomstye *Oranjegroep 07:30 en Blougroep 07:45 *Siftingstasies: Gr. 1 – 3 in hul eie klaskamers. Gr. 4 en 6: snoepie se afdak Gr. 5: voor die biblioteek Gr. 7: voor juf. Storm se klas Vertrektye Gr. 1: 13:00 Gr. 2: 13:15 Gr. 3: 13:30 Gr. 4 en 5: 14:00 en Vrydag: 13:50 Gr. 6 en 7:...
Lees VerderAanbieding 9 – Grense (deel 2) vraelys
Vraelys Grense Deel...
Lees VerderHoërskoolnuus
Die Hoërskool Jan van Riebeeck het nasionaal presteer en is aangewys as die topskool in die Universiteit van Pretoria se 2020 nasionale Wiskunde kompetisie. In die proses het hulle met bekende skole soos Waterkloof, Rondebosch Boys’ High en Parel Vallei afgereken. Individuele leerders het ook uitmuntend presteer. Peet Karsten en Layla Erasmus was gesamentlik eerste in die graad 8 afdeling en Johann Jordaan het ‘n vyfde plek in die kategorie vir graad 9’s behaal. Hulle is natuurlik al drie oud-leerders van Laerskool Jan van Riebeeck. Kliek HIER vir die Top...
Lees VerderRedenaars
Luca Zulch (Graad 6) het aan die aanlyn Radikaal Redenaars kompetisie deelgeneem en vir die Wes-Kaap streeksfinaal gekwalifiseer. Ons is baie trots dat sy, ten spyte van hierdie uitdagende tyd, nog steeds hard gewerk het aan haar redenaars en so ‘n goeie prestasie behaal het. Baie geluk...
Lees VerderTrotse Jannie
Naam en van: Clarke Möhr Graad: 6dJ Waar woon jy?: Vredehoek Gunsteling vak: Ek hou van Natuurwetenskappe. Ek geniet dit om eksperimente te doen wat my uitdaag om presies te werk. Ek is ‘n trotse Jannie, want ek is ‘n karate kampioen en ek hou van lees....
Lees VerderBoomplantdag
Ons herinner alle leerders aan hul spekboom steggie vir boomplantdag wat in September is.
Lees VerderLombaard-tweeling deur na finale rondte van Nasionale Kunskompetisie
Die WKOD se jaarlikse kunskompetisie het hierdie jaar aanlyn in samewerking met die Nelson Mandela Universiteit plaasgevind. Die nasionale kunskompetisie is gemik op gr.7-12 leerders en ondersoek die raakpunte tussen Wiskunde en Kuns. Die tema was “My Universe” en leerders is uitgedaag om ‘n oorspronklike kunswerk te maak wat Wiskunde op ‘n kreatiewe manier met die tema verbind. Die kunswerk moes vergesel wees deur antwoorde op drie vrae: 1. Watter vorm van Wiskunde het jy in jou kunswerk gebruik? 2. Hoe het jy Wiskunde gebruik om by die tema van “My Universe” aan te sluit? 3. Dink jy kreatiwiteit kan gebruik word om Wiskunde te leer en aan te bied? Alexa en Juliette het ou kaarte gebruik wat aan hulle oupa behoort het. (‘n Mens kan sê hulle het só ‘n bietjie van die verlede herwin as deel van ‘n persoonlike “heelal”.) Juliette het ‘n boom met wiskundige formules en terme op ‘n kaart van die Robertson-area uitgebeeld. Alexa het die “Goue Spiraal” van Fibonacci uitgebeeld op ‘n kaart van die Springbokgebied. Die oorspronklike werke is hierdie week gekoerier na die NMU vir die finale rondte van beoordeling. Alexa en Juliette se entoesiasme en toewyding aan die projek het gelei tot hierdie groot prestasie. Ons is baie trots op...
Lees VerderBelangrike inligting rakende die volgende paar weke
Na die president se aankondiging gisteraand, het ons berge probeer versit om die skool vir nog minstens ’n week oop te hou. Ongelukkig kon ons dit nie regkry nie en volg dus die Departement se direktief. Die goeie nuus is ons leerders is op koers en ons is nie bekommerd oor hulle akademiese vordering nie: • Ons is trots om te kan sê dat kwartaal 2 se werk soos in die kurrikulum van 2019 bepaal, reeds voltooi is. • Afstandonderrig uitvalle in albei fases is geïdentifiseer en aangespreek in die hersieningsweke. • Ons het reeds met kwartaal 3 se werk begin om te verseker dat ons leerders, wat ookal die WKOD se aanpassing t.o.v. die kurrikulum is, steeds aan die beste akademiese standaard blootgestel word. Ons voel dus baie gemaklik met die volgende program: • Alle onderwysers en leerders kry vakansie vanaf Maandag, 27 Julie 2020, tot Dinsdag, 11 Augustus 2020. • Die skool sal dus vandag sluit en op Woensdag, 12 Augustus 2020, vir alle grade se Blou groep heropen. Ons sal dus Donderdag se rooster volg. • Let wel dat geen onderrig (ook nie afstandonderrig) in die twee weke sal plaasvind nie. • Die gr. 5-7 toetse wat vir volgende week geskeduleer is, sal steeds plaasvind, maar word na die week van 17 – 21 Augustus geskuif. • Ons sal ook daardie week gebruik om van mnr....
Lees VerderVakansiesorg: 3-7 Augustus
Belangrike inligting: – Tye: 07:15 tot 17:15 – Geen kos word voorsien, bring asb eie eet-en drinkgoed saam. – Dolinda (deel van nasorgpersoneel) sal in beheer van die diens wees. Skakel haar vir enige navrae (071 131 5223). – Die voorste hek in Kloofstraat sal beman word waar die nodige prosedures gevolg sal word. Ouers kan dus daarvan gebruik maak. – GEEN ouer mag hul motors verlaat nie. Kinders sal na en van die motors vergesel word. – Indien julle van die diens gebruik wil maak, whatsApp die volgende inligting aan Dolinda of Marianna (082 4414 110) VOOR 30 Julie: Naam van kind, klas, ouers se naam, ouers se kontakbesonderhede. DUI asb. die dae aan wat jou kind(ers) van die diens gebruik sal maak. – Hierdie diens is gratis. – Bordspeletjies en storieboeke kan saamgebring...
Lees VerderMandela-dag Projekte
Sien die video hieronder vir al die Mandela-dag projekte wat ons aangepak...
Lees VerderVerlore goedere 3
Die volgende items is by die kantoor ingehandig. Dit sal wonderlik wees indien ons die eienaars kan opspoor. Kliek HIER vir die items wat verlede week in die nuusbrief verskyn het. Sommige daarvan is nog onopgeëis.
Lees VerderEllerton boeke-oorhandiging
Ons het in kwartaal 1 vir Ellerton Laerskool se biblioteek boeke en geld ingesamel om hul nuwe biblioteek vol leesgeleenthede vir hul leerders te maak. Sien hieronder ons virtuele oorhandiging aan...
Lees Verder