Na die president se aankondiging gisteraand, het ons berge probeer versit om die skool vir nog minstens ’n week oop te hou. Ongelukkig kon ons dit nie regkry nie en volg dus die Departement se direktief.

Die goeie nuus is ons leerders is op koers en ons is nie bekommerd oor hulle akademiese vordering nie:

• Ons is trots om te kan sê dat kwartaal 2 se werk soos in die kurrikulum van 2019 bepaal, reeds voltooi is.
• Afstandonderrig uitvalle in albei fases is geïdentifiseer en aangespreek in die hersieningsweke.
• Ons het reeds met kwartaal 3 se werk begin om te verseker dat ons leerders, wat ookal die WKOD se aanpassing t.o.v. die kurrikulum is, steeds aan die beste akademiese standaard blootgestel word.

Ons voel dus baie gemaklik met die volgende program:

• Alle onderwysers en leerders kry vakansie vanaf Maandag, 27 Julie 2020, tot Dinsdag, 11 Augustus 2020.
• Die skool sal dus vandag sluit en op Woensdag, 12 Augustus 2020, vir alle grade se Blou groep heropen. Ons sal dus Donderdag se rooster volg.
• Let wel dat geen onderrig (ook nie afstandonderrig) in die twee weke sal plaasvind nie.
• Die gr. 5-7 toetse wat vir volgende week geskeduleer is, sal steeds plaasvind, maar word na die week van 17 – 21 Augustus geskuif.
• Ons sal ook daardie week gebruik om van mnr. Oosthuizen afskeid te neem.

Neem asseblief kennis dat vakansiesorg by Huppelland en die laerskool tydens die week van 3 – 7 Augustus 2020 aangebied sal word. Sien die vakansiesorg-kennisgewing vir meer inligting.

Geniet die ruskans!