Die WKOD se jaarlikse kunskompetisie het hierdie jaar aanlyn in samewerking met die Nelson Mandela Universiteit plaasgevind. Die nasionale kunskompetisie is gemik op gr.7-12 leerders en ondersoek die raakpunte tussen Wiskunde en Kuns.

Die tema was “My Universe” en leerders is uitgedaag om ‘n oorspronklike kunswerk te maak wat Wiskunde op ‘n kreatiewe manier met die tema verbind. Die kunswerk moes vergesel wees deur antwoorde op drie vrae:
1. Watter vorm van Wiskunde het jy in jou kunswerk gebruik?
2. Hoe het jy Wiskunde gebruik om by die tema van “My Universe” aan te sluit?
3. Dink jy kreatiwiteit kan gebruik word om Wiskunde te leer en aan te bied?

Alexa en Juliette het ou kaarte gebruik wat aan hulle oupa behoort het. (‘n Mens kan sê hulle het só ‘n bietjie van die verlede herwin as deel van ‘n persoonlike “heelal”.)
Juliette het ‘n boom met wiskundige formules en terme op ‘n kaart van die Robertson-area uitgebeeld. Alexa het die “Goue Spiraal” van Fibonacci uitgebeeld op ‘n kaart van die Springbokgebied.

Die oorspronklike werke is hierdie week gekoerier na die NMU vir die finale rondte van beoordeling.
Alexa en Juliette se entoesiasme en toewyding aan die projek het gelei tot hierdie groot prestasie. Ons is baie trots op hulle!