Beste ouers en voogde

Ons is ontsettend opgewonde!

Met die daling van Covid 19-infeksies in die Wes-Kaap vanaf sowat 2 500 ‘n dag ‘n maand gelede na 300 per dag tans het ons die onderwysdepartement genader vir goedkeuring om ons skool weer voltyds vir alle leerders oop te maak. Ons het vanoggend dié goedkeuring ontvang en ons skool sal derhalwe vanaf volgende week op volle kapasiteit vir ons leerders open. Ons kan nie wag om al die Jannies terug te hê by die skool sodat ons weer op volle peil kan werk nie. Ook dat die kinders weer hul maats sien en weer saam kan wees.

Tegelykertyd is ons Jannies se veiligheid en die voortdurende veilligheidmaking van die omgewing ewe hoog op ons agenda! Dinge gaan nog nie na normaal terugkeer nie en al ons veiligheidsprotokolle word ewe streng toegepas.

Ons nooi dus alle leerders om komende Maandag (17 Augustus 2020) terug te kom skool toe. Die onderstaande inligting is belangrik – veral om vloei by die skool so veilig moontlik te hou.

Aankomstye
*Oranjegroep 07:30 en Blougroep 07:45
*Siftingstasies:
Gr. 1 – 3 in hul eie klaskamers.
Gr. 4 en 6: snoepie se afdak
Gr. 5: voor die biblioteek
Gr. 7: voor juf. Storm se klas

Vertrektye
Gr. 1: 13:00
Gr. 2: 13:15
Gr. 3: 13:30
Gr. 4 en 5: 14:00 en Vrydag: 13:50
Gr. 6 en 7: 14:10 en Vrydag: 14:00

Kleredrag
Skooldrag (winterdrag) word drie dae ’n week gedra. Woensdae is sivviedag. LO-klere (sweetpak met tekkies) word op ’n LO-dag gedra. Onderwysers besluit self watter dag sy/haar klas sivvies sal dra indien hul LO-dag op ’n Woensdag val.

Ouers/voogde
Geen ouers/voogde moet asseblief uit hul karre klim nie. As jy die skoolgebou moet binnegaan, reël vooraf met die kantoor en kry toegang vanaf Kloofstraat. Ouers moet ook ten alle tye maskers dra.

Veiligheid
• Leerders en personeel dra ten alle tye maskers.
• Sanitasiepunte is oral beskikbaar en leerders word gereeld aangemoedig om dit te gebruik. PPE-produkte is beskikbaar.
• Klaskamers is so rangskik dat leerders vêr van mekaar sit.
• Geen bykomende buitemuurse aktiwiteite begin nie – privaattennis sal wel voortgaan soos nou.
• Daar sal steeds geen saalbyeenkomste wees nie.
• Klasse word daagliks skoongemaak.
• Bykomende personeel sal pouses op speelgronddiens wees.
• Gr. 1 – 3 het op verskillende tye pouse.
• Minimale klasruilings vind plaas

Hierdie is ’n gemeenskapspoging – as jy dus bekommernisse wil opper, stuur asseblief vir Marinda Brink ’n e-pos by marinda@jvrprim.co.za. Met ons almal se samewerking, glo ons die skool kan met groot sukses oopmaak. Daar sal steeds vir ouers ‘n afstandonderrig-opsie wees: Stel asseblief jou klasonderwyser in kennis as jou kind(ers) eerder die opsie gaan volg.

Beste wense,
Die Beheerraad en personeel