Die Hoërskool Jan van Riebeeck het nasionaal presteer en is aangewys as die topskool in die Universiteit van Pretoria se 2020 nasionale Wiskunde kompetisie. In die proses het hulle met bekende skole soos Waterkloof, Rondebosch Boys’ High en Parel Vallei afgereken.

Individuele leerders het ook uitmuntend presteer. Peet Karsten en Layla Erasmus was gesamentlik eerste in die graad 8 afdeling en Johann Jordaan het ‘n vyfde plek in die kategorie vir graad 9’s behaal. Hulle is natuurlik al drie oud-leerders van Laerskool Jan van Riebeeck.

Kliek HIER vir die Top 10.