Skrywer: Suzaan Burger

Breederivierroei

Gedurende die afgelope vakansie het ‘n groep Graad 7’s, saam met hulle ouers, en sommige saam met hulle gesinne, drie heerlike aande op die walle van die Breederivier deurgebring. Dit het als begin met ‘n beplande roei op die Oranjerivier, iets wat nou al ‘n instelling by die Graad 7-Jannies is. Toe die Covid-pandemie ‘n stokkie daarvoor steek, is “Plan B vir Breede” opgeroep! Hierdie plan het so goed uitgewerk, dat ‘n paar ouers reeds voorgestel het dat dit deel van die Jannies-kalender word! Ons het heerlik geroei, al het dit soms geknor om die ‘crocs’ reguit te stuur wanneer die wind van voor gekom het! Die stroomversnellings het gesorg vir ekstra opwinding: ‘n paar van ons is agteruit deur ‘n paar stroomversnellings. Soms was daar ‘n noodgedwonge swem wanneer die draaie nou net nie perfek wou uitwerk nie, maar ons is daardeur! Daar was ook ander lekker aktiwiteite vir die kinders, soos ‘abseil’, tafeltennis en snoeker. Saans het ons tot laat om die kampvuur gekuier. Louis Boshoff en LJ le Roux het ons op die laaste aand bederf met die heerlikste braaivleis – dankie, julle is voorwaar “Braaimeesters”! Dankie aan almal wat vasgebyt het met die reëlings deur al die onsekerhede oor die Oranje-roei, tot op die...

Lees Verder

Eeufees koor: Kô, laat ons sing!

Om die skool se honderd jaar verjaardag behoorlik te vier, bring ons ‘n Laerskool Jan van Riebeeck-Eeufeeskoor op die been wat op Sondag, 31 Januarie 2021 – Stigtersdag – sal optree. Leon Starker het ingestem om die koor te lei (wat ‘n voorreg, dankie Leon!). Ons nooi graag enige ouer, oud-ouer, personeellid, oud-personeellid of oud-Laerskool Jan van Riebeecker uit om deel te neem, indien hulle: • beskik oor vorige koorervaring; • self hulle stempart sal kan aanleer voor die repetisies begin; en • beskikbaar is saans en naweke vir repetisies tussen 22 en 31 Januarie 2021, asook vir die optrede op 31 Januarie. Die musiek sal gepas, maar nie moeilik wees nie, en alle lede sal notasies sowel as oudio opnames teen einde November ontvang. Die venue sal nog bevestig word. Die nodige Covid-protokol wat betrekking het op byeenkomste sal gevolg word. Indien die geleentheid na later in die jaar verskuif word, sal die koor by die latere geleentheid sing. Kontak asseblief vir Nicole Strauss by nstrauss@iafrica.com as jy lus is om saam te sing. Dit gaan lekker...

Lees Verder

Skoolfooie 2021

Kliek HIER vir die Skoolfooie vir 2021, goedgekeur en aanvaar deur die ouers tydens die Begrotingsvergadering gehou op 4 November 2020.

Lees Verder

Klerebank

Finaliseer asseblief alle somerklerebestellings en bestel asseblief onder jou kind se besonderhede om aflewering te vergemaklik. Indien jy nog skoolhemde wou bestel (met wapens reeds aangewerk), plaas asseblief jou bestelling teen Maandag, 26 Oktober, op die laatste. Daarna gaan slegs aangekoop kan word wat reeds in die klerebank is. School shirt with emblem Die skool is 100 jaar oud in 2021. Om hierdie te vier, is ‘n beperkte hoeveelheid gedrukte swemhanddoeke. Hierdie is gemaak van ‘microfibre’ met ‘n anti-bateriese behandeling. Dit is lig, kompak, hoogs absorberend en word vinnig droog. Towel Graad 7’s 2021: Die graad 7-oortrui gaan ‘n borduursel bykry. Indien ‘n oortrui oorgeneem word van ‘n huidige graad 7-leerder, gaan dit ingegee moet word teen die einde van die jaar om die borduursel by te voeg. Verdere reëlings hieroor sal direk aan die graad 6-ouers gestuur word. Baie...

Lees Verder

Fotobestellings

Daar kan nog geen foto’s bestel word nie. Die skool ontvang eers die voorbeeldfoto’s vanaf die fotograaf. Daarna word dit huis toe gestuur. Ouer(s)/voog(de) is ook welkom om op die fotograaf se webtuiste te gaan loer wanneer foto’s gereed is. Hou die nuusbriewe gedurende kwartaal 4 dop vir verdere...

Lees Verder

Opvolg-ouerbesoeke

Ons gaan vroeg in volgende kwartaal (4 & 5 November) weer ‘n geleentheid vir ouerbesoeke bied. Maak slegs ‘n afspraak indien jy voel dat ‘n opvolgvergadering nodig is of indien jy nie met hierdie kwartaal se ouerbesoeke ‘n afspraak gekry het nie, maar graag jou kind se onderwyser wil sien. Gr.1-3 afsprake: Kliek HIER en vul die vorm in. Gr.4-7 afsprake: Kliek HIER en vul die vorm...

Lees Verder

1ste week 2021 – JvR-verjaar!

Dagboek nou reeds asseblief die volgende datums wat die eerste week van 2021 plaasvind om ons skool se GROOT verjaardag te vier: Skool begin: Woensdag, 27 Januarie (vir leerders) OOV-bekendstellingsfunksie: Donderdag, 28 Januarie (Kaartjies sal deur Karri-toep beskikbaar gestel word. Slegs vir ouers en personeel.) Jannies Jooldag vir leerders: Vrydag, 29 Januarie (Pretdag vir leerders tydens skoolure. Slegs vir leerders en onderwysers.) Gesinsfees: Sondagaand, 31 Januarie – SKOOL SE VERJAARDAG! (Gesinne, oud-leerders, personeel en enige iemand verbonde of betrokke by die skool is welkom.) Gala-aand: Saterdag, 23...

Lees Verder

#stopboeliegedrag

Op 15 Oktober 2020 het die Jannies ons trots gemaak met hulle #stopboeliegedrag plakkate. Die hele skool het aan die stop boelie opstand deelgeneem om die week se tema, vriendskap, te vier. Boelie is een van die grootste probleme in laerskole en ons is baie bly om te sien hoeveel Jannies passievol is om hierdie probleem te stop. Natuurlik word al die plakkaat-kunstenaars se harde werk waardeer en daar was selfs twee baie lekker pryse vir die beste plakkate. Jacques du Toit en Nevieke Bender het pryse gewen vir hul treffende plakkate. Welgedaan, Jannies! Baie dankie vir al jul moeite en harde werk!!! Bly gaaf, bly postitief en onthou:...

Lees Verder

Musiek

Unisa musiekeksamens het goed afgeloop. Dankie vir al die harde werk van beide leerders en musiekonderwysers asook ondersteuning van ouers! Nou lê Unisa se teorie-eksamens net na die vakansie voor. Daar sal nie aan die einde van hierdie kwartaal musiekrapporte wees nie. Leerders ontvang aan die einde van die jaar hulle verslae. Die waglys vir klavier en blokfluit is oop vir nuwe musiekleerders vir volgende jaar. Laat weet vir Helecia by...

Lees Verder

Dra van somer- en LO-drag

Vanaf Maandag, 2 November 2020, sal die dra van somerdrag verpligtend wees. Ons het ook besluit om die sivviedag van Woensdae te staak en eerder ‘n ekstra dag te implementeer waarop leerders LO-klere dra. Die klasonderwyser sal saam met sy/haar klas besluit watter dae skool- en LO-klere gedra word aangesien daar verskillende dae is waarop LO aangebied word. Neem asb. kennis dat die korrekte somer- en LO-klere gedra moet word. Die einde van die maand sivviedag sal weer in werking tree en op die web-kalender aangedui...

Lees Verder