Skrywer: Suzaan Burger

Paaseiers

Ons wil baie graag weer vanjaar Kaapstad se Lions Club help om paaseiers in te samel vir minderbevoorregte kinders. Dit sal wonderlik wees as elke leerder minstens een paaseier vir ons kan bring en dit in die emmer wat in Adri se kantoor staan, kan plaas. Hulle verkies die eiers wat die malvalekker aan die binnekant van die sjokolade het. Dit kom ook in ‘n string van vier of in verpakkings van 24 en meer. Ons wil vra dat die paaseiers voor of op Vrydag, 26 Maart, skool toe gebring...

Lees Verder

“My School” registrasie

MySchool is Suid-Afrika se vooraanstaande skool ondersteuningsprogram. Hulle dra maandeliks meer as R 1.5 miljoen by tot skole en welsynsorganisasies. Gereelde kaartgebruik is die sleutel tot sukses van hierdie program: elke transaksie tel! Ondersteuners kan hulle kaarte gebruik by ‘n verskeidenheid nasionale en plaaslike handelaars wat deelneem aan die MySchool program. Ons versoek dat elkeen wat hierdie kaart besit dit asseblief by onder andere Woolies moet gebruik aangesien ons die geld wat ons terugkry net so in ons eie skoolgemeenskap se Welwillendheids-projek terug sit. Kliek HIER vir meer inligting oor hoe om te...

Lees Verder

Klerebank FAQ’s

1. Aanlynbestellings vir klasaflewering: Kliek HIER 2. Klerebanktye vir aanpas en direkte aankope: Maandae en Woensdae: 07:20 – 08:00 Dinsdae en Donderdae 13:30 – 14:20 3. Die klerebank het permanent geskuif na die grys houer direk onder die tennisbane tussen die klimraam en busparkering. Weens sekuriteitsredes is die houer nie gemerk nie. Vir navrae en dringende hulp, gaan asb. in persoon na die klerebank. Omrede die dak nog nie gebou is nie, gaan die klerebank voorlopig nie oopmaak as dit reën nie. Die verkose aankoopmetode is aanlyn onder jou kind se naam om klasaflewering moontlik te maak. 4. Aanlynbestellings word in die klerebank gepak en versprei. Items kan wel uitverkoop word voordat die aanlynbestelling gepak word. Sodra daardie item se volgende aflewering plaasvind, word bestellings eerste gepak voordat die klerebank se rakke aangevul word. 5. Winterbestellings is steeds moontlik omdat ‘n beperkte hoeveelheid ekstra items aangehou word. Neem egter kennis dat, indien jou bestelling nie uit die addisionele voorraad kan kom wat reeds bestel is by verskaffers nie, sal dit eers in Mei beskikbaar wees mits dit teen einde Maart bestel is. 6. Swembrille, -pette, -sakke, kostuums en handdoeke is beskikbaar vir swemgala. 7. 100 Jaar hempies is deur skool gereël. Kontak asb. sport@jvrprim.co.za i.v.m. die 100 jaar / eeufees-hemde. Dit is deur die skool gereël en vervang nie wedstrydklere of JvR Golfhemde...

Lees Verder

Voorlopige kultuurdatums

Voorlopige datums vir musiekkonserte hierdie kwartaal: Dinsdag, 21 April 9:00 Gr.1 & 2 Dinsdag, 21 April 11:00 Gr.3 Slegs 2 volwassenes per deelnemer sal toegelaat word. Geen klasse sal kom kyk nie. Voorlopige datums vir musiekkonserte kwartaal 2: Maandag, 5 Julie 9:00 Gr.4 & 5 Maandag, 5 Julie 11:00 Gr.6 & 7 Slegs 2 volwassenes per deelnemer. Jannies Talent: Voorlopige datum vir Jannies Talent: Woensdag 7 Julie As jy ‘n spesiale talent het, kom skryf in! Dans, sing, toneelspeel, musiekmaak, toorkuns……dink solank en...

Lees Verder

Personeelontwikkeling: Zandile slaag matriek!

Ons wil graag vir Zandile Salimani, Gr.00 klasassistent by Huppelland, baie geluk wens met haar groot prestasie. Zandile het na 20 jaar besluit om haar matriek te voltooi en wil graag verder studeer om ‘n onderwyseres te word. Die Opvoedingstrust het haar in 2019 by College of Cape Town ingeskryf en sy het gedurende 2019 en 2020 aand- en naweekklas geloop. Sy het baie hard gewerk en ons is baie trots op haar. Baie geluk Zandile! Ons bedank ook graag die Opvoedingstrust wat hierdie fantastiese geleentheid moontlik gemaak...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

So breek week 3 van die aangepaste kwartaalkalender aan met die goeie nuus van ons president, Mnr. Cyril Ramaphosa, dat die land se grendelstatus tot vlak 1 aangepas word. Dit is goeie nuus vir alle Suid-Afrikaners en bring groot verligting vir ons land se kwesbare ekonomie. Die aandklokreël wat tot middernag verleng is, verskaf meer tyd om ons behoefte aan sosiale interaksie op ‘n verantwoordelike wyse te geniet. Baie dankie vir al die Graad 1-ouers wat op Woensdag, 3 Maart 2021, vir die oueraand en piekniek opgedaag het. Ek waardeer julle teenwoordigheid en verwelkom jul betrokkenheid by die skool. Wanneer ouers betrokke by die skool is, ontmoet hulle die opvoeders asook ander ouers om sodoende die gemeenskaplike belang net verder te vergroot. Vir my is die ouers en die skool in ‘n kardinale vennootskap en met jul aktiewe betrokkenheid word die lojaliteit teenoor die skool en sy personeel verstewig. Jane D. Hull het die volgende stelling gemaak: “At the day, the most overwhelming key to a child’s success is the positive involvement of parents’’. Verder is ek baie opgewonde en sien ek daarna uit om julle en jul gesinne vanaand by die piekniekfunksie te ontvang. Ek is op diens by die Conradieveld, maar sal beslis kom inloer by die skool. Ek glo en vertrou dat ons almal die samesyn sal geniet en nuwe kennisse sal maak. Baie dankie by...

Lees Verder

Fotodag, 10 Maart

Woensdag, 10 Maart, is fotodag. A.g.v. COVID gaan ons individuele foto’s neem en ‘n collage vir elke klas maak om ‘n klasfoto te skep (sien voorbeeld onderaan). Daar sal dus geen klasfoto’s geneem word nie. Slegs die volgende foto’s word geneem: * Individuele foto’s * Boetie- en sussiefoto * Beheerliggaamfoto 2020 *Suidoosterredaksie 2021 *OOV Kleredrag: Leerders dra hul blou feeshempies. Indien leerders nog nie ‘n feeshempie het nie, moet hulle in skoolklere skool toe kom. Daar sal nie LO op daardie dag wees nie. Maak asb. seker dat jou kind(ers) netjies lyk. Hoe werk die bestelling van foto’s: Stap 1: Die fotograaf sal eers na ongeveer 3 weke die foto’s terug skool toe stuur. Stap 2: Daarna word die foto’s huis toe gestuur en ouers kan dan op die koeverte of op die webtuiste van die fotograaf bestel. Stap 3: Wag geduldig totdat foto’s terug kom skool toe. NB: Fotogeld gaan NIE deur die Karri-toep nie! Laaste dag vir fotobestellings is 21 April...

Lees Verder

Atletiekbyeenkoms

Ons beplan ‘n atletiekbyeekoms en geskied soos volg: • Slegs naellope • Grondslagfase geskied op Ma, 19 April 2021. • Intersenfase geskied op Di, 20 April 2021. • Volledige inligting en reëlings volg. • Ongelukkig sal ouers dit nie kan bywoon...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Kan julle glo, vandag is dit reeds die 2de week nadat die skool sy deure geopen het. Tyd vlieg ongelooflik vinnig verby. Roetine word stadig maar seker weer deel van ons leerders se daaglikse lewe en dit is verblydend om die stralende gesiggies te sien wat soggens by die skool opdaag. Ek glo julle as ouers is ook bly om nie meer die rol van ‘huisonderwyser’ te vertolk nie. Leerders het dit die afgelope week geniet om weer aan skoolsport saam met hul klasmaats deel te neem aangesien die buitemuurse program op Maandag, 22 Februarie 2021, afgeskop het. Kooroefeninge het ook begin wat bydra tot ons skool se gebalanseerde, holistiese benadering. Ek glo dat buitemuurse aktiwiteite fiksheid, konsentrasie, deursettingsvermoë, dissipline, spierontwikkeling en samehorigheid ontwikkel. Vir ‘n kind om ‘n ontwikkelingsvoordeel uit aktiwiteite te trek, moet hy/sy dit in die eerste plek geniet. Help dus jou kind om die regte sport of aktiwiteit vir hom/haar te vind. Wees egter versigtig om nie te veel druk om te presteer op hulle te plaas nie. Die fokus moet op deelname en karakterontwikkeling wees. Die pandemie het bygedra dat kinders te veel tyd voor die skerms deurbring en daarom is dit belangrik dat ons kinders aanmoedig om te beweeg en aktief te wees. Die beste manier om kinders aan te moedig om meer aktief te wees, is deur self die voorbeeld te stel....

Lees Verder

Ouerhandleiding 2021

Kliek HIER om die ouerhandleiding vir 2021 te sien en/of af te laai. Alle jongste en enigste leerders sou ook ‘n gedrukte kopie ontvang het wat hierdie week aan hulle uitgedeel is.

Lees Verder

Handboekbrief 2021 (Graad 4-7)

Daar is heelwat ouers wat nog nie die handboekbrief vir 2021 ingevul het nie. Indien julle nog nie het nie, voltooi asb. hierdie Google Form om aan te dui watter handboeke jou kind(ers) aan die begin van die kwartaal ontvang het. Vul ‘n aparte vorm vir elke leerder...

Lees Verder

Matriekuitslae 2020 – Hoërskool Jan van Riebeeck presteer

Al was 2020 die jaar van uitdagings het ons JVR-graad 12’s hulle nie van stryk laat bring nie. Personeel en leerders het saamgewerk en alles in hul vermoë gedoen om suksesvol te wees en dit het vrugte afgewerp. Dié groep is beslis goed voorberei vir die toekoms en woorde soos MOED, VEERKRAGTIGHEID en DEURSETTINGSVERMOË is kenmerkend van hulle. Daarom spog ons met die volgende uitslae: 16 Jan van Riebeeckers slaag met ‘n A-gemiddeld [18%] 3 leerders behaal 7 A’s 4 leerders 6 A’s 4 leerders 5 A’s 7 leerders 4 A’s Altesaam 144 A’s word in verskeie vakke behaal. TOP PRESTASIES: Lea Mascher 99% Ontwerp Mia Stofberg 97% Wiskunde (oud-leerder) TOP 10 PRESTEERDERS: Dylan Keyser 90.8% Louis Jordaan 89.5% (oud-leerder) Mia Stofberg 87.8% (oud-leerder) Leah Mascher 86.2% Johannes Smith 85.4% Ilse de Lange 84.4% (oud-leerder) Justin van Heerder 83.4% (oud-leerder) Jacques Marais 82.5% Josef Oosthuizen 82.2% (oud-leerder) Ethan Smith 82% (oud-leerder) Ons is geweldig TROTS op hierdie groep en sal die herinneringe saam met hulle vir altyd...

Lees Verder

Beste ouers en voogde

Groot opgewondenheid het Maandagoggend, 15 Februarie 2021, onder leerders, ouers en personeel geheers met die terugkeer van ons Jannies nadat skole op 15 Desember 2020 gesluit het. Baie dankie aan ons leerderraad wat ons leerders en spesiaal die Gr.1’s ontvang het, en na hul onderskeie klasse begelei het. Uiteindelik was daar weer lewe by die skool met vrolike kinderstemme wat nou daagliks duidelik hul teenwoordigheid aankondig. Roetine word ook weer deel van ons daaglikse lewe en dit is lekker om te sien hoe opgewonde die leerders is om weer hul maats in lewende lywe te sien. Die leerders is die hartklop van die skool en dit is ons voorreg as opvoeders om hulle te help om hul horisonne te verbreed en om nuwe dinge te leer en ervaar. Ek haal Solomon Ortiz aan: “ Education is the key to success in life, and teachers make a lasting impact in the lives of their students.’’ Dan kan ek nie anders as om te noem dat die feeshempies ‘n fees vir die oog is nie! Baie dankie vir elkeen wat hierdie inisiatief ondersteun. Diegene wat hempies bestel het, moet geduldig wees. Die bestelling is nog op pad. Akademie sal altyd ons kernbesigheid bly. Die eerste week het seepglad verloop. In hierdie onseker-tyd is dit belangrik dat ouers en opvoeders as ‘n span na die emosionele welstand van ons leerders kyk. Daarom...

Lees Verder

Op- en aflaai van leerders

Baie dankie aan elkeen wat ons aflaai- en optelbeleid so mooi volg. Ons doen ‘n beroep dat jy asb. versigtig moet wees waar jy jou kind aflaai. Kinders dink en kyk nie mooi nie, hulle hardloop sommer net voor motors in, want om skool toe te kom is hul missie vir die oggend. Maak seker dat jou kind op ‘n veilige plek afgelaai word. Gesels met hulle oor padveiligheid. Ons kinders is vir ons uiters kosbaar en ons wil hulle veilig...

Lees Verder