Skrywer: Suzaan Burger

Klerebank: Tweedehandse klereverkoping

Verkope van tweedehandse skoolklere vind by die klerebank op 6 Desember om 7:30 – 8:30 en 11:45 – 13:30 plaas. Die meerderheid items is 6-10 jaar. Te koop R10: Hoede, skoene en skoolhemde (kortmou en langmou) R20: Grys kortbroeke en oortrui grootte 28 en 30 Grys langbroeke en Langmoutrui groottes 28 en 30 Gratis: Grys...

Lees Verder

Unisa musiekteorie-uitslae

Baie geluk aan die volgende leerders met hul puik musiekteorie-uitslae: Luca Zulch (Gr.7): Unisa Gr.4, 95% Adele Holtzhausen (Gr.6): Unisa Gr.3, 100% Stephan Holtzhausen (Gr. 4): Unisa Gr. 2, 92% Stella Zulch (Gr.4) Unisa VGr.1, 100% Juf. E....

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Ek bly verstom oor hoe vinnig tyd eenvoudig verby snel. Ek onthou goed toe ek nog ‘n kind was, wou ek net ‘groot’ word, want ek het telkemale gesê dat ek eendag die wêreld wil sien, projekte wil aanpak om die wêreld ‘n beter plek te maak en baie ander dinge wat ek graag wou doen. Ek glo julle sal ook daarna kan verwys. Die probleem wat ons egter ervaar nou dat ons wel ‘groot’ is, is dat ons nie die tyd het om die dinge te doen waarna ons nog altyd gehunker het nie. Ons werk hou ons 24/7 besig en ons hardloop van bakboord na stuurboord om ‘n lewe te maak en so gaan die lewe ongemerk vinnig verby. Dit voel amper asof ons dié jaar soos passasiers op ‘n hoëspoedtrein was – Iewers in ‘n eerste wêreld land, waar die trein eenvoudig nie by enige stasie wou stop nie. Ek weet aan die einde van die jaar geniet meeste van ons ‘n welverdiende ruskans waar ons die vinnige pas tot halt roep. Die sogenaamde “rat race” sluk ons so maklik in en ons jaag onverpoosd voort na sukses terwyl ons eintlik elke oomblik met ons kinders, familie en vriende moet waardeer sodat daar geen kosbare oomblikke verlore gaan nie. Dit gee ‘n mens weer ‘n bietjie perspektief van wat belangrik is en wat ons dink belangrik...

Lees Verder

Skooltye na eksamen

Let wel dat die skool die volgende tye sal uitkom na eksamen totdat die skool sluit: Vrydag, 3 Desember 2021 – 13:00 (Gr.1-3) en 13:15 (Gr.4-7) Maandag, 6 Desember 2021 – 13:00 (Gr.1-3) en 13:15 (Gr.4-7) Dinsdag, 7 Desember 2021 – 13:00 (Gr.1-3) en 13:15 (Gr.4-7) Woensdag, 8 Desember 2021 – 13:00 (Gr.1-2) by die skool, ongeveer 14:00 (Gr.3-7) by die Hoërskool se veld *Die skool sal ‘n WhatsApp op die dag stuur sodra ons ‘n meer definitiewe tyd vir die Gr.3-7’s het. *Leerders wat by Nasorg is, sal met die skoolbus teruggebring word skool toe. Donderdag, 9 Desember 2021 – 13:00 (Gr.1-3) en 13:15 (Gr.4-7) Vrydag, 10 Desember 2021 – 14:00 (Gr.1-7) by die Hoërskool se veld *Die skool sal ‘n WhatsApp op die dag stuur sodra ons ‘n meer definitiewe tyd vir die Gr.1-7’s het. *Leerders wat by Nasorg is, sal met die skoolbus teruggebring word skool toe. *Die bus vertrek altyd 5 minute na die Gr.4-7-leerders...

Lees Verder

Verlore Goedere uitstalling

Alle verlore goedere sal Dinsdag, 30 November, vanaf 11:00 – 14:30, agter die skool uitgestal word. Ouers is welkom om te kom kyk. Alle verlore skoolklere wat nie Dinsdag terug geëis word nie, word aan die tweedehandse klerebank geskenk. Die tweedehandse klerebank sal dit dan verkoop. Vir enige navrae, stuur gerus vir Annami Gerber ‘n e-pos na...

Lees Verder

Barbara Schreuder Dansskool

UITSLAE: AMERICAN BALLET “PERFORMANCE AWARDS” Die volgende dansers het op Saterdag, 13 Nov 2021, aan die gewilde Ballet kompetisie deelgeneem. Hulle was pragtig en ouers, familie en vriende het hulle wonderlik ondersteun en die vertoning terdeë geniet! Dankie aan almal wat ons daarmee gehelp het. Ons sien uit na ons Dans Demo en Prysuitdeling op 4 & 11 Desember 2021 by JvR waar ‘n verskeidenheid van Ballet en Moderne danse en uittreksels uit bekende musiekblyspele vertoon word. Kom ondersteun ons asb. Geluk aan die volgende Balletdansers: PRE 1 Zada Schlebusch     SILVER with Distinction Natalie Lawson       SILVER with Distinction Kelly Jacobs             SILVER with Distinction Miekela Myburgh   SILVER with Distinction LEVEL 1 Heidi v Heerden    SILVER with Distinction Olivia Lemmer       SILVER with Distinction Noah Karusseit      SILVER with Double Distinction LEVEL 2 Jana v Gijsen          GOLD Lea Loubser            GOLD Bardot Dettmer      SILVER Sadie Gillmer          SILVER with Distinction Danielle Fourie      SILVER with Distinction Bella Naylor            SILVER with Double Distinction Quinn du Toit         SILVER with Distinction Anabella Boshoff   SILVER with Double Distinction Gabriella Buckenham GOLD Ella Grey                 GOLD LEVEL 4 Kerala Allewell      GOLD Karlien vd Walt   ...

Lees Verder

Sinkroniseer die skool se kalender met joune

Kliek HIER vir stappe om die skool se kalender en/of jou kind se taak- en toetsrooster met jou eie kalender te sinkroniseer. Jy kan dit ook op die webtuiste onder die myJvR tab by V&A (vraag en antwoord) kry. Ons gaan in die vervolg meer stappe daar laai vir vrae wat ouers gereeld...

Lees Verder

Hoe om buitemuurse foto’s te bestel:

Stap 1: Voltooi ALLE inligting op die fotokoevert. Stap 2: Voorbeelde van ALLE foto’s is in die glaskas by die damesbadkamers opgesit. Stap 3: Kies die foto’s wat jy wil bestel en skryf dan die KORREKTE KODE onder die foto op die koevert. Stap 4: Plaas die korrekte bedrag geld in die koevert en stuur dit terug skool toe. LAASTE DAG VIR BESTELLINGS: Maandag, 6 Desember 2021 Bestel ook aanlyn deur HIER te kliek. Die kode om aanlyn te bestel is...

Lees Verder

Prysuitdelings

‘n Herinnering aan die onderskeie prysuitdelingsgeleenthede. Ouers/voogde is welkom om dit by te woon. Vrydag, 3 Des: Gr. 1 – 8:30 Gr. 2 – 10:45 Gr. 3 – 12:00 Dinsdag, 7 Des: Gr. 4 – 9:00 Gr. 5 – 11:00 Donderdag, 9 Des: Gr. 6 – 9:00 Gr. 7 – 18:00...

Lees Verder

Stoor die datum: Ons skool verjaar – 100 +1!

Op Maandag, 31 Januarie 2022, vier ons ons skool se 100 + 1 verjaardag! Gesellig moet ons voorwaar verkeer aangesien ons hierdie jaar uitgemis het op al die lekker 100ste verjaardagvieringe. Wat ons beplan: Vrydag, 28 Jan. – Jannies Jooldag (leerderaktiwiteite gedurende skooltyd) Maandag, 31 Jan. – Ouer/Onderwyser geselligheid (vanaf 18:00 by die skool) Dagboek asb. hierdie datums sodat ons ons skool se deure vir al ons ouers/voogde kan oopstel. Ons beplan ‘n aand waartydens daar skooltoere aangebied sal word. Ouer sal op ‘n gemaklike manier die pragtige kunswerke (in die vorm van ‘n kunsuitstalling) van die skool se geskiedenis wat ons graad 1 – 6-leerders vanaf volgende week gaan begin skep, kan besigtig. Hierdie kreatiewe sessies sal daagliks na afloop van die kontroletoetse/assesserings geskied om ontspanning en balans te verseker. Dit sal dus in jou kind(ers) se guns tel om elke dag skool by te woon. Ons is geweldig opgewonde om weer ‘n lekker sosiale funksie vir ons ouers/voogde te beplan waartydens ons versnapperinge kan geniet, lekker kan kuier en weer deur die skool se gange kan wandel. Meer hieroor (kaartjieverkope van kos) sodra ons alle inligting gereed...

Lees Verder

Nuwe datum vir Algemene Kennis toets

Die Algemene kennistoets wat Woensdag, 17 November, geskryf sou word, is uitgestel weens die groot hoeveelheid afwesighede in die Gr.7-groep. Een leerder sal die Algemene Kennis-beker by die prysuitdeling ontvang en ons wil vir soveel as moontlik leerders ‘n regverdige kans gee. Die Algemene kennistoets sal nou op Woensdag, 24 November, na eerste pouse geskryf...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Ek hoop en vertrou dat almal wat verlede Vrydagaand die sosiale funksie by die Conradievelde bygewoon het, dit terdeë geniet het. Opvallend was die heerlike samesyn onder ouers, leerders en personeel so amper of almal daarna gesmag het. Selfs die weer het perfek saamgespeel met die lastige windjie wat vanaf 17:00 besluit het om elders ‘n oorlas van homself te maak. Ons beplan reeds vroeg in die nuwe jaar ‘n lekker gesellige funksie. Graag wil ek die beheerraad bedank vir hul waardevolle insette tydens die belangrike strategiese sessie wat op Vrydag, 12 November, vanaf 08:30 – 18:00 geskied het. Die meningspeiling se terugvoer, is as basis vir ons gesprekke en beplanning op die dag gebruik. Een van die netelige kwessies wat ouers aangedui het dringend aandag verg, is die kwessie rondom boeliegedrag. Ongelukkig is dit nie net leerdes wat geboelie word nie, maar dit geskied ook tussen volwassenes (onder andere in die werkplek) en in die kuberrruim. Wees verseker dat dit vir die skool ‘n ernstige saak is, want dit het ‘n geweldige impak op die slagoffer se lewe. Onthou dat nie alle negatiewe gedrag, boeliegedrag is nie. Boeliegedrag is aggressiewe gedrag wat gereeld en aanhoudend plaasvind en dit is spesifiek op iemand gerig wat nie vir homself/haarself kan opstaan nie. Die slagoffers voel dikwels moedeloos en hulpeloos. As jy vermoed dat jou kind/ers geboelie word, wil ek jou...

Lees Verder

Registerklasse vir 2022

Neem asb. kennis van die registeronderwyser-klasindelings vir 2022:   Laerskool Jan van Riebeeck: Gr.1 T – Liezel Theron Gr.1 K – Michelle Kellerman (Graadhoof) Gr.1 S – Nicola Swanepoel   Gr.2 DG – Raché de Goede  (Graadhoof) Gr.2 N – Anja Nauta Gr.2 S – Helené Slabbert   Gr.3 S – Benita Smit Gr.3 E – Heidré Ehlers Gr.3 C – Maricqe Coetzer  (Graadhoof)   Gr.4 M – Nadia Meiring Gr.4 F – Ischké Felix  (Graadhoof) Gr.4 C – Marianne Conradie   Gr.5 S – Warren Stoman Gr.5 JvR – Bibi Janse van Rensburg (Graadhoof) Gr.5 W – Mardry Wright   Gr.6 DJ – Lucia de Jager Gr.6 B – Andri Baird  (Graadhoof) Gr.6 F – Shahneé Felix   Gr.7 VR – Charlene van Rooyen (Graadhoof) Gr.7 A – Suné Alberts Gr.7 S – Izél Storm   Huppelland: Gr.00 Skapieklas – Anike Goliath Gr.00 Hansieklas – Magdel Fourie Gr.00 Beertjieklas – Naomi Uys Gr.0 Apieklas – Marnelle Bosenberg Gr.0 Voëltjieklas – Thereasa Visser Gr.0 Vissieklas – Lana Kruger Gr.R Hondjieklas – Lauren Janse van Rensburg Gr.R Bytjieklas – Lize Terblanche Gr.R Pikkewyneklas – Suné...

Lees Verder

Somerkleredrag vir dogters

Vir ouers wat verkies dat hul dogters in die somer kort grysbroeke dra (wat seuns gewoonlik dra), dit word voortaan toegelaat saam met standaard grys skoolkouse. Dit sal eers volgende jaar amptelik op die skoolbeleid aangepas...

Lees Verder

Redenaars 2022

Ek is tans besig met die beplanning van die redenaarsprogram vir 2022. Graag wil ek weet of jou kind volgende jaar aan ons redenaarsprogram sal wil deelneem. Ek gaan deur die loop van volgende week vir die leerders wat belangstel briewe gee wat jul kan terug stuur skool toe indien hulle belangstel. Ek hoop om baie nuwe redenaardeelnemers te verwelkom en natuurlik ons ervare sprekers weer te hoor redeneer! Andri Baird andri@jvrprim.co.za Sien gerus die temas wat reeds vir 2022 bekendgemaak...

Lees Verder