Die Algemene kennistoets wat Woensdag, 17 November, geskryf sou word, is uitgestel weens die groot hoeveelheid afwesighede in die Gr.7-groep. Een leerder sal die Algemene Kennis-beker by die prysuitdeling ontvang en ons wil vir soveel as moontlik leerders ‘n regverdige kans gee. Die Algemene kennistoets sal nou op Woensdag, 24 November, na eerste pouse geskryf word.