Op Maandag, 31 Januarie 2022, vier ons ons skool se 100 + 1 verjaardag! Gesellig moet ons voorwaar verkeer aangesien ons hierdie jaar uitgemis het op al die lekker 100ste verjaardagvieringe.

Wat ons beplan:

  • Vrydag, 28 Jan. – Jannies Jooldag (leerderaktiwiteite gedurende skooltyd)
  • Maandag, 31 Jan. – Ouer/Onderwyser geselligheid (vanaf 18:00 by die skool)

Dagboek asb. hierdie datums sodat ons ons skool se deure vir al ons ouers/voogde kan oopstel.

Ons beplan ‘n aand waartydens daar skooltoere aangebied sal word. Ouer sal op ‘n gemaklike manier die pragtige kunswerke (in die vorm van ‘n kunsuitstalling) van die skool se geskiedenis wat ons graad 1 – 6-leerders vanaf volgende week gaan begin skep, kan besigtig. Hierdie kreatiewe sessies sal daagliks na afloop van die kontroletoetse/assesserings geskied om ontspanning en balans te verseker. Dit sal dus in jou kind(ers) se guns tel om elke dag skool by te woon.

Ons is geweldig opgewonde om weer ‘n lekker sosiale funksie vir ons ouers/voogde te beplan waartydens ons versnapperinge kan geniet, lekker kan kuier en weer deur die skool se gange kan wandel. Meer hieroor (kaartjieverkope van kos) sodra ons alle inligting gereed het.