Skrywer: Suzaan Burger

Ouerskapwerkswinkel: 25 April 2024

Ons wil al ons ouers/voogde motiveer om hierdie besondere werkswinkel wat op Donderdagaand, 25 April, om 18:00 – 20:00 in die skoolsaal plaasvind, by te woon. Lynette Beer en Antoinette Steyn is ‘n gedugte span wat baie ervare in hul onderskeie velde is.  Hierdie werkswinkel bied dan ook aan ons as ouers/voogde geleentheid om te reflekteer op ons ouerskapstyl en maniere te vind om ons kind(ers) beter te verstaan. Die kaartjies is @ R55 slegs op Karri beskikbaar.  Indien jy dalk vriende van buite ons skoolgemeenskap wil nooi (wat ons aanbeveel!) vir lekker saam lag en luister, want met hierdie sprekers kan mens ‘n entoesiastiese aanbieding te wagte wees, kan jy vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) kontak om ‘n spesiale betaling te organiseer indien jy dit nie op jou Karri-profiel kan betaal nie. Sien uit om jou daar te sien! Marinda...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 5 April 2024

Hiermee ‘n hartlike welkom terug by die skool. Ek glo dat almal die welverdiende ruskansie ten volle geniet het en ‘n geseënde tyd saam met familie en vriende, veral oor die Paasnaweek, spandeer het. Ek is so dankbaar dat almal veilig terug is na die vakansie, veral weens die paaie wat die tyd van die jaar buitengewoon besig is en dikwels tragies, as gevolg van motorongelukke, kosbare lewens eis. Die skool het skaars begin en sommer op dag een van die nuwe kwartaal skop ons af met die wintersport buitemuurse program op ‘n warm Woensdagmiddag om vroegtydig voor te berei vir ‘n besige sportkwartaal wat voorlê. Verder was dit ook my voorreg om die kwartaal met ‘n saalbyeenkoms te kon begin. My saalboodskap het gehandel oor eerlikheid – een van ons kernwaardes – en waarom dit belangrik is om altyd die waarheid te vertel. Laat jul kind/ers julle gerus die legendariese verhaal van Casius Insectus, ‘n lewenheersbesie (ladybird), wat ek met hulle gedeel het, vertel. Min leerders het egter die Afrikaanse woord vir die pragtige besie geken. Baie geluk aan Marcus Sieberhagen (gr. 1) wat vir my tydens die saalbyeenkoms die korrekte Afrikaanse woord vir ‘n “ladybird” kon noem. Ek glo daar is baie volwassenes wat soos ek aanvanklik nie geweet het dat ‘n “ladybird” in Afrikaans ‘n lewenheersbesie is nie. Die lewensles uit die stories handel oor eerlikheid...

Lees Verder

Karu Rademeyer en Emma Snijders presteer in Aksienetbal

Karu Rademeyer en Emma Snijders het gedurende die laaste skoolweek van verlede kwartaal die o.13-Western Cape Coastal-aksienetbalspan by die interprovinsiale toernooi te Alberton, Gauteng verteenwoordig. Die dogters het vir ’n week lank teen sterk opponente te staan gekom, maar is trots dat hulle die silwer medalje kon terugbring Kaap toe! Karu en Emma is beide ook ’n paar keer as speler van die wedstryd...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 20 Maart 2024

Die einde van kwartaal 1 het vinnig sy opwagting gemaak met tien bedrywige weke agter die rug. Ek kyk trots terug na al die opwindende aktiwiteite wat gedurende die afgelope kwartaal plaasgevind het. Ek mag dalk arrogant met die volgende stelling oorkom, maar ek dink dat uitnemendheid in alles wat ons doen soos ‘n paal bo water begin uitstaan, en daarvoor is ek uiters dankbaar en trots. Hartlike dank aan ons wonderlike ouers en voogde wat ons week-in en week-uit die afgelope kwartaal so lojaal ondersteun het. Julle omgee, aktiewe betrokkenheid asook insiggewende insette by die skool is instrumenteel in ons skool se algehele sukses en vooruitgang. Môre (Donderdag, 21 Maart) word Menseregtedag in Suid-Afrika gevier. Dit is hartseer dat so min mense hulle werklik aan die betekenis van die belangrike dag steur. Hierdie geskiedkundige dag was juis ingestel ter nagedagtenis aan ‘n groot gebeurtenis in ons land se geskiedenis. Die dag verwys na die afgryslike gebeure wat op 21 Maart 1960 in Sharpville afgespeel het. Duisende swart mense het op die dag teen die destydse paswette betoog. Die skare is egter uitmekaar gejaag terwyl daar op hulle geskiet en 69 mense noodlottig gewond is. Sedert 1994 word die dag jaarliks gevier om die slagoffers se tragiese dood te herdenk en seker te maak dat daar nooit weer so ‘n tragedie in ons land sal gebeur nie. Ek glo...

Lees Verder

Nuwe Kitaaronderwyser aangestel

Die Musiekdepartement stel graag ons nuwe kitaaronderwyser aan julle bekend. Meneer Brent Januarie het reeds in die eerste kwartaal by ons aangesluit, maar sal vanaf die tweede kwartaal meer leerders by die skool onderrig. Brent is ‘n klassieke kitaarspeler by uitstek en is tans besig om sy MMus by Stellenbosch Universiteit te voltooi. Hy het ook ‘n groot liefde vir jazz en populêre musiekstyle, en tree gereeld saam met plaaslike musiekgroepe op. In sy kapasiteit as kitaaronderwyser, is mnr. Brent betrokke by Laerskool Rhenish in Stellenbosch. Ons sien baie uit daarna om hom meer by ons skool te sien...

Lees Verder

Ouerbesoeke: 8 en 9 April 2024

Op 8 en 9 April vind daar ouerbesoeke plaas. 15 Minuut-afsprake sal met onderwysers gemaak kan word om oor jou kind(ers) se akademiese vordering of emosionele welstand te gesels. Volg hierdie stappe om ‘n afspraak te maak: Volg die skakel vir die Besprekingsbladsy. Kies die graad waarin jou kind is. Onder “Select Staff”, kies die onderwyser met wie jy ‘n afspraak wil maak. *Neem kennis dat André Lourens in Warren Stoman se plek in graad 7 aangestel is. Op die kalender, gaan na April en kliek op 8 / 9 April. Kies die tydgleuf wat jou sal pas. Indien daar geen tydgleuwe meer beskikbaar is nie, stuur gerus ‘n boodskap op WhatsApp of per e-pos aan die betrokke onderwyser om ‘n alternatiewe tyd te reël. Rol af op die bladsy en vul jou naam, e-posadres, kind se naam en enige addisionele kommentaar in. Jy sal ‘n bevestiging van jou afspraak per e-pos ontvang. Indien jy die afspraak wil skuif of kanselleer, volg die stappe in die e-pos. Jy kan tot en met 24 uur voor ‘n afspraak nog bespreek, verander of kanselleer. Om te sien watter onderwyser bied watter vak aan, sien gerus die personeelblad op die webtuiste. Die skool verdaag op 8 en 9 April vroeër: 12:45 (gr. 1-3) en 13:00 (gr....

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 15 Maart 2024

Kwartaal 1 begin nou vinnig einde se kant toe staan met nog ‘n suksesvolle afsluiting van ‘n akademiese week. Week 9 is soos die res van die kwartaal gekenmerk deur verskeie aktiwiteite wat plaasgevind het. Die week het op Maandag, 11 Maart 2024, met netbal-ligawedstryde weg teen Laerskool Fanie Theron in die Noordelike voorstede afgeskop. Ons netbalspanne het tydens die snikhete dag hulle puik van hul taak gekwyt deur 10 van die 12 wedstryde te wen. Ek wil nie ‘n spesifiejke span uitsonder nie, maar ‘n eerste span van ‘n skool gee maar altyd die sogenaamde pas aan en stel die standaard, dus baie geluk aan die o.13A’s en juf. Ischké met hul puik oorwinning van 32 – 3. Sommige ouers mag dalk nie weet nie, maar ek was voorheen die skoolhoof van Laerskool Fanie Theron en dit was nogal op ‘n manier nostalgies en ironies om na meer as 3 jaar die skool weer te besoek om ons Jannies daar te gaan ondersteun. Ek was omtrent vriendelik deur hul leerders, personeel en ouers ontvang. Dit was ‘n baie spesiale ervaring, veral weens die feit dat hul leerders my nog steeds onthou het en my spontaan kom groet het om te hoor hoe dit gaan. Dit is weer aan my bevestig dat ek vir seker die beste beroep in die wêreld gekies het. Ek is dankbaar dat ek die...

Lees Verder

Jan Kas: Sportsakke

Neem kennis dat ons ‘n paar sportsakke ontvang het indien party ouers daarvoor gewag het. Bestel gerus aanlyn of kom maak ‘n draai in Jan Kas tydens winkelure: Maandae & Woensdae: 07:00 – 08:30 Dinsdae & Donderdae: 13:00 –...

Lees Verder

Musiek-ouervergaderings: Kwartaal 2

Die Musiekdepartment wil graag ‘n geleentheid vir ouers/voogde skep om hul kind(ers) se musiekonderwyser te ontmoet. Ons wil hierdie tyd gebruik om met ouers/voogde te gesels oor hul kind se musieklesse en om ook te luister na wat julle graag met ons wil deel. Algemene kwessies soos musiekeksamens, Eisteddfods, lestye, oefenroetines, en algemene vordering en verwagtinge, is van die belangrike punte wat ons graag met ouers wil bespreek. Ons nooi ouers/voogde daarom uit om enige van jou kind(ers) se musieklesse gedurende kwartaal 2 by te woon. Kontak asseblief die betrokke musiekonderwyser om die tyd te bevestig sodat ons die nodige voorbereiding vir die ontmoeting kan tref. Die tydsgleuf vir ‘n musiekles is 30 minute, alhoewel ‘n afspraak nie noodwendig die volle tydsduur hoef te beloop nie. Ons sien baie uit daarna om ouers in die musiekdepartement te verwelkom en hoop om almal deur die loop van kwartaal 2 hier te sien. Ek lys ons musiekonderwysers se kontakbesonderhede: Rolene van Zyl | rolene@jvrprim.co.za Ben Reynecke | ben@jvrprim.co.za Larah Eksteen | info@larah.co.za Shannon Cook | shannonsjb@gmail.com Paul Richard | paulrichard07041986@gmail.com Brent January | brentjanuary1305@gmail.com Estelle Slabber | eeslabber@gmail.com Helecia Groenewald |...

Lees Verder

Netbaluitslae: 11 Maart 2024

Die netbaldogters het Maandag teen Fanie Theron gespeel. Die uitslae was soos volg: 0. 13A wen 32-3 0.13B wen 12-3 0.12A wen 20-5 0.12B wen 3-2 0.11A wen 7-4 0.11B wen 4-2 0.11C wen 3-0 0.10A verloor 5-7 0.10B wen 2-1 0.10C verloor 1-2 0.9A wen 11-1 0.9B wen 5-2 Baie geluk,...

Lees Verder

Markdag: 19 Maart 2024

Markdag vind Dinsdag, 19 Maart, vanaf 12:00 tot 12:45 plaas. Dit is die grondslagfase se beurt om markdag aan te bied. Leerders word herinner dat hulle nie klappers of lewende hawe mag verkoop nie. Karri sal vanaf Vrydag tot Maandagmiddag om 14:00 oop wees om ‘n tafel te bespreek indien jou kind(ers) in graad 1-3 iets by die markdag wil...

Lees Verder

Meneer Stoman verlaat JvR

Dit is vir ons baie hartseer om aan te kondig dat mnr. Warren Stoman, na ‘n bietjie meer as 5 jaar, ons skool aan die einde van dié kwartaal verlaat. Hy gaan ‘n nuwe avontuur aanpak en verlaat ongelukkig vir nou die onderwys. Ons wens hom alle voorspoed toe en wil hom hartlik bedank vir die groot bydra wat hy in die tydperk tot die skool gemaak het asook vir die wonderlike rol wat hy in baie Jannies en personeel se lewens gespeel het. Ons wens vir mnr. Warren alle voorspoed toe en gaan hom baie mis. Dit is dan vir ons baie aangenaam om aan te kondig dat mnr. André Lourens mnr. Stoman se graad 7-registerklas en vakke (Engels FAL en Tegnologie) gaan oorneem. Ons wens hom alle sterkte met sy nuwe rol toe en ons weet sommer dat hy ‘n groot sukses daarvan gaan maak! Ons sien ook uit om vir Keenan Faro by ons te verwelkom. Hy is in mnr. Lourens se plek as LO-onderwyser...

Lees Verder

Netbaluitslae te Porterville: 8 Maart 2024

Vrydag, 8 Maart het die netbal-Jannies aan die jaarlikse bulfees te Porterville deelgeneem. Hier volg die netbaluitslae: 0.11A Wen Pomario 11-3 Wen Wesbank 10-9 Wen Piketberg 8-1 Wen Porterville 10-2 0.12A Wen Vredenburg 16-3 Wen HP Williams 8-6 Wen Pomario 13-9 Wen Noord-Eind 14-3 0.13 A Wen Porterville 25-3 Wen Vredenburg 19-2 Verloor Wesbank 13-14 Wen Piketberg 14-6 Baie geluk met hierdie puik...

Lees Verder