Die Musiekdepartment wil graag ‘n geleentheid vir ouers/voogde skep om hul kind(ers) se musiekonderwyser te ontmoet. Ons wil hierdie tyd gebruik om met ouers/voogde te gesels oor hul kind se musieklesse en om ook te luister na wat julle graag met ons wil deel. Algemene kwessies soos musiekeksamens, Eisteddfods, lestye, oefenroetines, en algemene vordering en verwagtinge, is van die belangrike punte wat ons graag met ouers wil bespreek.

Ons nooi ouers/voogde daarom uit om enige van jou kind(ers) se musieklesse gedurende kwartaal 2 by te woon. Kontak asseblief die betrokke musiekonderwyser om die tyd te bevestig sodat ons die nodige voorbereiding vir die ontmoeting kan tref. Die tydsgleuf vir ‘n musiekles is 30 minute, alhoewel ‘n afspraak nie noodwendig die volle tydsduur hoef te beloop nie.

Ons sien baie uit daarna om ouers in die musiekdepartement te verwelkom en hoop om almal deur die loop van kwartaal 2 hier te sien.

Ek lys ons musiekonderwysers se kontakbesonderhede:

  • Rolene van Zyl | rolene@jvrprim.co.za
  • Ben Reynecke | ben@jvrprim.co.za
  • Larah Eksteen | info@larah.co.za
  • Shannon Cook | shannonsjb@gmail.com
  • Paul Richard | paulrichard07041986@gmail.com
  • Brent January | brentjanuary1305@gmail.com
  • Estelle Slabber | eeslabber@gmail.com
  • Helecia Groenewald | helecia@gmail.com