Krieketuitslae: 6-12 November 2025
Hier volg die week se krieketuitslae:
Lees VerderHier volg die week se krieketuitslae:
Lees VerderKom geniet ‘n dag vol pret saam met ons eie sportsterre! Sien die insetsel hier onder vir meer inligting:
Lees VerderNeem asseblief kennis dat sport en kultuur binne skooltyd plaasvind aangesien die skool daagliks om 13:15 verdaag. Leerders kom met korrekte sportdrag vir die bepaalde sportoefening op die dag skool toe. Maak asseblief ook seker dat musiekleerders die korrekte instrumente saambring. Sien hier onder die rooster vir die program: November sport en kultuur ...
Lees VerderSien die week se krieketuitslae hier onder:
Lees VerderSien die week se tennisuitslae hier onder: Tennisuitslae
Lees VerderNeem asseblief kennis dat Jan Kas aangepaste tye sal hê gedurende die eksamen. Hierdie tye sal vanaf Donderdag, 13 November gevolg word. Maandag & Woensdag – 7:00 – 8:00 Dinsdag en Donderdag – 12:30 –...
Lees VerderKersfees is om die draai! Koop kookboeke as geskenke vir oumas, onderwysers, vriende en familie – en laat die skool daarby baat! Vir elke kookboek wat teen R200 gekoop word, ontvang die skool R50. Dis die perfekte manier om iets besonders vir Kersfees of verjaardae te gee, terwyl jy terselfdertyd ons skool ondersteun. Kies uit vier pragtige kookboeke: Geure deur Lientjie Wessels – eenvoudige resepte met jou gunstelingbestanddele soos asyn, sout en olyfolie. Heerlik en stylvol! Cake It Till You Make It deur Anmar Wilding – stap-vir-stap riglyne om die perfekte koek te bak, met al die geheime vir goeie bakwerk. Going Home deur Sophia Lindop – ’n Lebanese kookboek vol bekende Mediterreense disse soos hummus, laban en kofta. Gesond én smaaklik! The Lockdown Recipe Storytelling Book saamgestel deur Ingrid Jones – ’n nostalgiese versameling resepte vir klassieke gunstelinge soos hertzoggies en sagopoeding. Sien die volgende skakel vir meer besonderhede oor hoe om te bestel: BESTEL JOU...
Lees VerderIndien jy graag ’n kersdonasie deur Karri vir die terrein-, nasorg- en/of snoepiepersoneel by die laerskool te maak, is jy baie welkom om ‘n bydrae te lewer. Die Karri-insameling maak binnekort oop — hou asseblief die toep vir meer besonderhede dop. Baie dankie vir julle ondersteuning en ruim...
Lees VerderBestellings vir ons splinternuwe ondersteunersdrag deur Old School is nou oop! As jy nie seker is watter grootte om te kies nie, is jy welkom om by Jan Kas gedurende winkeltye aan te pas. ???? Volg die skakel om jou bestelling te plaas en wys jou Ls JvR-trots! PLAAS BESTELLING HIER BESTELLINGS SLUIT : 28 November...
Lees VerderKom geniet ’n betowerende aand vol musiek en feesvreugde tydens ons jaarlikse LsJvR Kerskonsert! ???? Datum: Donderdag, 27 November ???? Tyd: 19:00 ???? Kaartjies: R50 (beskikbaar op Karri)
Lees VerderMerk jou kalender! Wanneer: Saterdag, 29 November 2025 Waar: Laerskool Jan van Riebeeck ???? DIE HOOF AKSIE: OUERSPORT (09:00 – 17:00) Netbal: 09:00-11:00 Raak Rugby: 09:00-13:00 Swem: 13:00 Hokkie: 13:30-17:00 Skaak en tennis: 13:30-17:00 ???????????????? VIR DIE RES VAN DIE GESIN (HEELDAG PRETDAG) ???? Kindermarkdag (10:00 – 12:00) Laat die jong entrepreneurs jou beïndruk! Kaartjies beskikbaar op Karri. ☕ Koffie Huis & Snoepie Vir daardie noodsaaklike kafeïen-hupstoot en al die soetgoed. ???? Hoender Burgers & Repies (10:00 – 15:00) Heerlike kos ten bate van die Kaapstad Kinderhuis. ???? Woodstock Brewery (13:00 – 18:00) Vir die wat dors is! Gryp tjips, versnaperings en ‘n koue een. Spesiale Aanbod: Kry jou bier-kaartjie vir R250 vir 5 biere! Bier-kaartjies beskikbaar op Karri. (verkope sluit 27 November) ???? DIE GROOT AFSLUITING (17:15) SA RUGBY op die GROOTSKERM in die saal! Kom geniet die...
Lees VerderLeerders sal ongelukkig vanaf 7 November 2025 nie meer boeke mag uitneem nie, maar is meer as welkom om tydens tweede pouse op Dinsdae en Donderdae in die mediasentrum te kom lees of ontspan met ’n boek. Kom geniet steeds ’n bietjie...
Lees VerderAlle gr.4-7 leerders wat tydens hierdie jaar besonderse prestasies behaal het óf veelsydigheid getoon het op sport- en kulturele gebied kan in aanmerking kom vir ‘n spesiale prys by die prysuitdeling. Voltooi asb. die aangehegte vorm en handig die vorm en afskrifte van bewyse van die prestasie(s) teen Vrydag, 21 November by juf. Lucia de Jager in. ‘n Hardekopie van die vorm kan ook afgehaal word. Veelsydigheid...
Lees VerderOns dansskool bied verskeie genres van dans aan! Hierdie naweek is dit Ballet se beurt, en ons jaarlikse American Academy of Ballet “Performance Awards” vind op Sondag, 9 November 2025, om 10vm by LS JvR plaas. Ons beoordelaars is Iain McDonald van Joburg Ballet in Johannesburg en Laurence Kaplan, Direkteur van AAB in New York. Ons oulike dansers is reeds baie opgewonde! Dis ’n wonderlike geleentheid om aan ’n internasionale program deel te neem met pragtige, voorgeskrewe werke. Alhoewel al ons dansers AAB-opleiding ontvang, is deelname nie verpligtend nie. Ons is trots op die dansers wat gaan deelneem en ons dansskool verteenwoordig. Break a leg! Deelnemers: Gr 1: Heike Louw en Ada Uys Gr 2: Mila Maree, Emily Theron, Isabella Robinson, Cornelia Opperman en Emma Wilke Gr 4: Mika van der Walt en Christa-Bella Swart Gr 5: Heidi van Heerden en Natalie Lawson Gr 6: Solange Stevens Gr 7: Ella Grey en Gabi Buckenham Gr 9: Kerala Allewell en Karlien van der Walt Gr 10: Lara Basson Kom ondersteun ons gerus! Almal is welkom, en jong en oud sal dit geniet: pragtige musiek, stylvolle choreografie en talentvolle dansers. Groete, Juf Barbie...
Lees VerderOns skoolklerebank, Jan Kas, sal op Donderdag, 27 November 2025, om 10:00 vir die jaar sluit vir voorraadopname. Ons vra vriendelik dat ouers en leerders asseblief alle nodige skoolklere voor hierdie tyd aankoop, aangesien geen verkope ná hierdie datum hanteer kan word nie. Baie dankie vir julle begrip en...
Lees VerderHou die nuusbrief dop vir iets opwindends vir 2026!
Lees VerderSien die week se swemuitslae hier onder:
Lees VerderSien die week se krieketuitslae hier onder:
Lees VerderOns het Vrydag, 24 Oktober, vir die eerste keer deelgeneem aan die De Hoop-atletiekbyeenkoms. Dit was ’n koel middag, maar ons atlete het regtig baie mooi presteer. Soos ons oor die laaste paar jaar gesien het, staan ons nie terug vir die groot skole nie. Baie geluk aan die volgende atlete wat medaljes verower het: Jack Dawes, 1ste 80m hekkies Bella Malan, 2de 80m Louis Hofmeyr, 2de 80m Dylan Daniels, 2de verspring Maia du Toit, 3de 70m hekkies Rafa Lamprecht, 3de hoogspring Lizzy Snyders, 3de verspring Leah Jacobsz, 3de 600m Vir die laaste item van die aand het Phumi Salamani, Dane Botha, Stef Nel en Louis Hofmeyr ’n 3de plek in die wisselaflos verower. ’n Briljante manier om die aand af te sluit. Baie dankie aan elke atleet wat deelgeneem het en net hulle beste gegee het. Ons is baie trots op hulle. Baie dankie aan almal wat kom ondersteun het; dit beteken soveel vir ons kinders. Laastens wil ons vir mnre. Leon, André, Keenen en Dian bedank vir die mooi manier waarop hulle met ons atlete gewerk...
Lees VerderSien die week se tennisuitslae hier onder:
Lees Verder