Op Internasionale Geletterdheidsdag (Dinsdag, 08 September) sit ons alles vir ’n rukkie opsy en maak tyd vir die wonderlike wêreld van boeke! 📖✨

Leerders word aangemoedig om hul gunstelingboek skool toe te bring en gedurende die dag ’n spesiale leestyd te geniet.

Kom ons maak saam tyd om te lees, te droom en nuwe wêrelde te ontdek! 🌈📚