Skrywer: Megan Zondagh

Winter: Buitemuurseprogram 2026

Neem asb. kennis dat die somer buitemuurseprogram die week eindig. Ons begin Maandag, 2 Maart, met die winterprogram wat tot en met 21 Maart sal duur.  Sien die winter buitemuurseprogram vir kwartaal 2 en 3 hier onder:  Winter Buitemuurseprogram...

Lees Verder

Bulfees: Skool verdaag vroeër – Vrydag, 6 Maart 2026

Weens die uitbreiding van ons sportprogram neem van ons leerders aan ‘n netbal- en rugbytoernooi deel te Porterville se Bulfees wat op Vrydag, 6 Maart 2026, plaasvind. Ongelukkig noodsaak hierdie program dat ons reeds om 08:00/08:30 vanaf die skool sal vertrek aangesien die eerste wedstryde reeds om 11:00 begin. Ons is dankbaar dat ons na hierdie gemaklike, lekker sportfees genooi is.    Die spelers wat aan hierdie toernooi sal deelneem se name sal op Maandag, 2 Maart, aan ouers op die onderskeie WA-sportgroepe beskikbaar gestel word. Wees asb bewus dat hierdie span (name) nie beteken dat dit die vaste span vir die jaar sal wees nie. Spanindelings mag nog gedurende die jaar verander.   Daar sal geen klasruiling op hierdie dag plaasvind nie, maar wel voldoende toesig. Skool sal om 12:00 verdaag en nasorg sal vanaf 12:00 beskikbaar wees vir ouers wat eers om 14:00 hul kinders kan kom haal. Gewone nasorg sal tot 17:15 plaasvind.    By voorbaat dankie vir die...

Lees Verder

Slimfone – Wenke vir ouers

Ons was so bevoorreg om hierdie jaar weer na Carla de Beer (Social Saam met Carla) te kon luister. Sy het Maandagoggend om 07:30-08:30 in die skoolsaal met ‘n groepie belangstellende ouers gesels. Hierdie gesprek het oor sosiale media, maar meer spesifiek die invloed van en blootstelling aan Kunsmatige Intelligensie gehandel. Dis skrikwekkend hoe min ons, maar meer nog ons kinders van hierdie onderwerp weet en hoe maklik hulle inligting beskikbaar gestel word deur byvoorbeeld aanlyn speletjies met vreemdelinge te speel. 

Lees Verder

Musiekleerders neem deel aan die South African Flute Festival

Drie van ons skool se fluitspelers neem 28 Februarie – 4 Maart aan die South African Flute Festival, wat by Universiteit Stellenbosch se Musiekdepartement plaasvind, deel. Hierdie inisiatief bied die geleentheid om aan meesterklasse by bekende plaaslike fluitonderwysers en die internasionaal befaamde Gareth McLearnon deel te neem, professionele en studente konserte by te woon, om deel te wees van die fluitkoor en ander ensemble geleenthede, en werkswinkels vir onderwysers en leerders by te woon.   Ons is baie trots op Dané Walker, Sophia Jooste, en Jenna Erasmus wat aan hierdie wonderlike geleentheid gaan deelneem. ’n Groot dankie aan juf Lily van der Merwe wat die fluit-leerders inspireer en aanmoedig om hul vaardighede op hierdie inspirerende manier te slyp....

Lees Verder

Musiekkonserte: Kwartaal 1, 2026

Loer gerus na die datums en tye van volgende week se musiekkonserte. Vra asb. vir Juf Rolene óf jou kind se musiekonderwyser indien daar enige vrae rondom jou kind se deelname aan hierdie konserte is. Ons help graag. Maandag, 23 Maart Graad 2: 08h00 – 09h00 Graad 3: 09h15 – 10h10 Graad 7: 10h30 – 11h30 Graad 6: 11h30 – 12h30 Dinsdag, 24 Maart Graad 4: 08h00 – 08h30 Graad 5: 09h00 – 10h00 Ons nooi alle ouers, familie en vriende uit om te kom luister en saam met ons die kinders se harde werk en vordering te vier. Indien daar leerders is wat buite die skool musiekles ontvang en graag wil deelneem, kontak my gerus. Die leerders wat by die skool musiekles neem, kry voorkeur, maar ons akkommodeer graag enige leerder wat musiekles buite die skool neem, indien die program dit...

Lees Verder

Koffie-en-Beskuit Konsert: Dinsdag, 24 Februarie

Ons eerste oggendkonsert vind Dinsdagoggend, 24 Februarie,  in die groot musiekklas plaas. Ons kan nie wag nie!   Die volgende leerders tree op:   Joe Barnard – Klavier Anna-Sophia Leach – Viool Jacob Venter – Viool Mila Maree – Klavier Deon de Kock – Saksofoon Benjie Ntloko – Klarinet Michaela Lawson – Klavier Christina du Toit – Klavier   Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge:   * Deelnemende leerders meld stiptelik 07h45 by die groot musiekklas aan met hul instrument. Juf Bea en/of mnr Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem.  * Elke deelnemende leerder bring slegs een maatjie saam om die konsert by die woon. Ons het ongelukkig nie spasie om meer leerders te akkommodeer nie. * Ouers is welkom om te kom luister – bring gerus koffie saam! * Gebruik asb. die deur by die Nasorg om by die musiekklas te kom. Die senior koor oefen in die saal.   Tyd: 08h00 – 08h30 Plek: Groot Musiekklas (Musiekdepartement)...

Lees Verder

Redenaars: ATKV eerste rondte

Die afgelope twee weke was daar behoorlik geredeneer! Ons Graad 3 – 7-leerders het met groot entoesiasme aan ons jaarlikse interne redenaarskompetisie deelgeneem en ons oortuig met uiteenlopende en prikkelende onderwerpe – van huiswerk wat dalk eerder die pad moet vat, tot KI wat té veel in sport inmeng, Afrikaanse lirieke wat ons soms in die steek laat en selfs die stelling dat skaak ’n beter opsie as ander buitemuurse aktiwiteite is. Dit was ’n voorreg om ons leerders se deurdagte menings te hoor en hul selfvertroue en spreekvaardighede op die verhoog te beleef. Hulle het nie net sterk argumente gelewer nie, maar ook gewys dat hulle met respek kan verskil en hul standpunte met oortuiging kan verdedig. Baie geluk aan die volgende deelnemers wat ons skool met trots tydens die ATKV se eerste rondte in April gaan verteenwoordig: Pieter-Steph Bothma  Izak Steyn  Lua Groenewald  Pieter Derksen  Henry Jordaan  Christina du Toit  Amalie Janse van Rensburg  Mia Bothma  Stef Nel  Antjie Samuel  Nina Bremer  Chris Derksen  Ella van der Walt   Alida Loubser  Pieter Rademeyer  Bella Naylor  Ons is baie trots op...

Lees Verder

Kombuistaal Werkswinkel: 17 Maart 2026

Kom kuier, luister na en kook saam met Rooi Rose se oudredaktrise (Vickie de Beer) wat ‘n kookboek geskryf het om ons kinders te inspireer om gesonder te eet. Haar fokus is op lekker kos wat voedsaam is. Koop gerus jul, jy en jou kind(ers), kaartjie d.m.v. Quicket teen R370 per gesin. Dit sluit ‘n mengbak, houtlepel, bestanddele vir die gereg en die resepteboek in. Dis ook opwindend om te weet dat Antjie Krog saam met Vickie gewerk het om hierdie kookboek ekstra spesiaal te maak. Ons gaan ‘n heilsame aand (Dinsdag, 17 Maart) in ons skoolsaal beleef! Sien jou daar. Marinda Brink BESPREEK...

Lees Verder

Senior en Junior Kore

Beide ons kore het hierdie jaar afgeskop met die aanleer van wonderlike nuwe repertorium. Ons senior koor het die afgelope naweek ’n oefenkamp gehad, waar die koormaats mekaar beter leer ken het en hulle goeie vordering gemaak het met hul musiek. Die nuwe koorlede – en veral ons Graad 4’s – skakel sommer reeds goed in by die groep en word mooi deur hul koor-buddies gedurende die oefeninge ondersteun. Die junior koor het hierdie jaar vir juf Bea de Wit aan die stuur, en saam met mnr Ben is hulle reeds volstoom aan die gang elke Maandag- en Vrydagoggend. Die junior koor het ook Graad 1’s in die koor verwelkom hierdie jaar, en hulle pas baie mooi by die nuwe roetine aan. Alle ouers wat ’n kind in een van die twee kore het, moet asseblief by die Senior Koor- en/of Junior Koor-WA-groepe aansluit. Daar deel ons belangrike inligting rakende optredes en oefeninge. Ek bevestig weer ons kore se oefentye: Junior Koor Maandag- en Vrydagoggend: 07h45–08h15 Senior Koor Dinsdag: 07h30–08h30 Donderdag: 11h30–12h30 Indien jy afwesig is vir ’n oefening of optrede, moet ’n verskoning vooraf by juf Rolene (senior koor) of juf Bea (junior koor) ingedien word. Ons sien julle by die optredes!...

Lees Verder

Senior Koorleiers van 2026

Ons senior koor het die afgelope naweek ’n koorkamp gehad waartydens ons 2026 koorleiers verkies is. Baie geluk aan die leerders wat bereid is om die koor te ondersteun deur ’n goeie voorbeeld van dissipline en toewyding te wees, ’n bron van ondersteuning vir hul groepslede, en op wie die koor kan steun vir musikale hulp tydens ons oefeninge.    Ons senior koorleiers vir 2026 is: Aiyana Alfredo Alida Loubser Andrya Robinson Ella van der Walt Esme Coetzee Joan van Vreden Lea Loubser Mila Malan Olivia Blackmore Quinn du Toit   Baie dankie aan elkeen van hierdie leerders vir die groot verskil wat hulle in die koor maak. Ons is baie trots op julle....

Lees Verder

Koffie-en-Beskuit Konsertreeks

Die Musiekdepartement stel ’n nuwe inisiatief bekend: Die Koffie-en-Beskuit Konsertreeks! Hierdie platform is geskep om Laerskool JvR se musiekleerders meer geleentheid te bied om aan die vaardighede wat dit van enige musikant vereis om op te tree en hul stukkie met gemak en die nodige musikantskap uit te voer, te slyp. Die konserte vind in ’n kleiner groep plaas, wat dit vir baie leerders makliker maak om voor mense op te tree en op hierdie manier voor te berei om in groter konserte te speel. Die platform bied vir leerders wat vir eksamens of Eisteddfods voorberei, die geleentheid om hulle musiek voor te dra. Vir beginners en leerders wat pligsgetrou oefen, is ons Koffie-en-Beskuit Konsertreeks ook ’n wonderlike kans om hul musiek met hul maats en familie te deel. Hoe werk dit? Musiekonderwysers bepaal wie gereed is om deel te neem. Elke konsert het tussen 6-12 deelnemers. Elke deelnemer kan ’n maatjie saambring (weens spasie, kan ons slegs een maatjie akkommodeer). Ouers is welkom om ook die konserte by te woon. Ouers van deelnemende leerders sal ’n boodskap ontvang om deelname te bevestig. Koffie en beskuit is welkom!   Kwartaal 1 Datums: Dinsdae gedurende koorperiode 24 Februarie 10 Maart 17 Maart   Tyd: 08h00 – 08h30   Plek: Musiekklas   Indien daar enige vrae is hieroor, kontak gerus vir juf...

Lees Verder