Die jaarlikse interskolestryd tussen die Laerskole Jan van Riebeeck en Dirkie Uys is weer op hande. Dit is dan my eer om al ons besoekers vanaf Moorreesburg hier in die pragtige Moederstad hartlik te verwelkom. Ons wens vir julle ‘n wonderlike interskole-ervaring toe en by voorbaat dankie aan ons skoolgemeenskap wat ons besoekers met ope arms sal ontvang. Dus het week 6 van die akademiese kwartaal tradisioneel met die ‘Geesweek’ afgeskop as deel van die jaarlikse Interskolebyeenkoms. Om gees te vang het ons vir elke dag die afgelope week ‘n spesifieke tema gehad en dit sluit die volgende in: Maandag, 12 Augustus: Ouma- en Oupadag Dinsdag, 13 Augustus: Olimpiese Spele Woensdag, 14 Augustus: Bloudag met die wedstryde tussen Onnies en Ouers/voogde Donderdag, 15 Augustus: Country vs Country Club Vrydag, 16 Augustus: Oranjedag, ‘’Groot Brag’’ en hokkiewedstryde Saterdag, 17 Augustus: Rugby- en netbalwedstryde Die interskole is vir seker ‘n wonderlike tyd van die jaar vir die leerders daarom het hulle behoorlik die afgelope week geesgevang en getrou elke dag volgens die bogenoemde temas aangetrek. Ons weet die mededinging tydens die interskole gaan fel wees daarom wil ek by voorbaat ons ouers/voogde bedank vir hul onvoorwaardelike ondersteuning asook die daarwees wanneer daar gewen word, maar belangrik ook as daar verloor word. Mag ‘n gunstige tellingbord bloot ‘n meevallertjie wees. Verloor is nooit lekker nie, maar soos ek gereeld tydens die saalbyeenkomste vir ons Jannies...
Lees Verder