Ons is verheug oor die Baba-Jannies wat een van die dae by ons skool sal aansluit. Hulle leer sommer al lekker invitro saam met die graad 1 tot 7 Jannies. Hierdie vyf mammas is baie trots en opgewonde. Ons wens elkeen van hulle baie sterkte en hope liefde toe om die wonderwerk te geniet!
Juffrou Magdhelé (graad 2-intern) – eersteling (dogtertjie) (verlaat skool op 1 Sept.)
Juffrou Michelle (graad 3) – tweede dogtertjie (verlaat skool Okt.)
Juffrou Andri (graad 6) – eersteling (seuntjie) (verlaat skool 20 Nov.)
Juffrou Marianne (graad 4) – eersteling (dogtertjie) (verlaat skool 30 Nov.)
Juffrou Nicola (graad 1) – tweede kind (eerste dogtertjie) (verlaat skool laaste dag van skooljaar)
Ons sien uit om elkeen van hulle volgende jaar na afloop van hul kraamverlof terug te verwelkom.